Potgooi – Reis na die Sterre – Nuwe ontdekkings in die ruimte – 6 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Reis na die Sterre – Nuwe ontdekkings in die ruimte – 6 April 2019

Aangebied deur Corrie Saterdae om 18:00 (CAT)

Luister weer

LIEFDE TUSSEN DIE STERRE – geskryf deur Louis Rautenbach tekoop op ons winkeltjie

E-boek klik HIER om te koop R100

Gedrukte boek klik HIER om te koop R231.50 posgeld en verpakking ingesluit

 

Hierdie boek is deur ʼn besonderse vrou, ʼn talentvolle en hardwerkende omroeper, vertaler en kritikus, Corrie Slabbert,  geïnspireer en word derhalwe met groot respek en in liefde aan haar opgedra.

 

PROLOOG

Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.

Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!

Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

Ek wou altyd graag dink dat ons die enigste lewende wesens op die eensame planeet in die uitgestrekte, onbeperkte ruimtes moet wees, en het redeneer dat ons dit in die Woord sou lees indien dit anders was.

Nadat my eng denke hieroor deur Corrie Slabbert se radioprogram ‘Tussen die sterre’  geprikkel is en sy my entoesiasme met verkeie vrae aangewakker het, was ek kort voor lank geïnspireer om ʼn vakgebied, astrologie, wetenskap en die hemelruim, iets waarin ek nooit voorheen soveel in regtig  belang gestel het nie, te ondersoek. Tot my verbasing was ek baie vinnig oorweldig deur die wonderwêreld van die buitenste ruimte nadat ek navorsing daaroor begin doen het.

Hiermee saam het die ou liefdesverhaal van die reeds vergete vrou wat deur Egon na sy verafgeleë planeet ontvoer is, in sy eie storie in hierdie boek ontvou.

Hierdie verhaal beloof om die leser op ʼn ongekende avontuur wat oor miljoene kilometers strek, te neem en ʼn wonderwêreld van liefde en van ʼn besonderse sprokieswêreld tot anderkant die sterre, wat tot dusver nog net deur die Hubble teleskoop se reise bereik kon word, te neem.

Geniet hierdie unieke, verruklike reis van Egon en sy geliefde Riana saam met die skrywer.

Hierdie boek is ʼn ‘moet lees’ vir elke boekwurm, oud en jonk.

Nuwe ondekkings die laaste 2 jaar 1

Die Skepping is nog groter

February 20, 2019  Die Vryburger

 

Wetenskaplikes het “teruggekeer” na die aarde met die jongste ontdekkings wat gemaak is in die ruimte met toerusting wat besonder kragtig is.

Die hemelruim is baie, baie groter as wat wetenskaplikes tot nou to bereken het, en staan self verstom oor hoe groot die Skepping werklik is.

Op ’n nuwe :kaart: van die nag in die hemelruim wat Dinsdag bekendgestel is het wetenskaplikes ontdek dat daar meer as 300,000 verskillende Melkweg samestellings is nadat ’n nuwe teleskoop gebruik is wat veel verder kan fokus as wat enige optiese instrument kan waarneem.

Die internasionale span wat die oefening uitgevoer het sê die nuwe ontdekking werp nuwe lig op die ganse hemelruim se groot geheime.

Een van die wetenskaplikes sê hulle was totaal verward toe die miljoene sterre voor hulle verskyn, en sommige het gedink daar is ’n fout met die teleskoop, net om later te besef die Skepping is baie, baie groter as wat hulle gedink het.

’n Teoloog in Suid-Afrika het in reaksie daarop gesê die wetenskaplikes het nog net ’n druppel van die Here se werk gesien, waarvan ’n groot deel nooit vir die mens se oog bedoel is nie.


 

Be the first to comment

Leave a Reply