Potgooi – Nuus &  Weer 8 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 5 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

 Nuus

   

Gupta gee Ace maandeliks R1 m

Ace Magashula, die voormalige premier van die Vrystaat het maandeliks R1 miljoen ontvang in harde kontant van Tony Gupta.

Die openbaring is gemaak deur ’n getuie wat verlede week voor die Zondo kommissie vrskyn het, en het bygevoeg dat Duduzane Zuma, die seun van Jacob, ook maandeliks R1 miljoen gekry het.

Die bewerings is gemaak deur die voormalige lid van die Vrystaatse Ekonomiese Ontwikkeling agentskap, ene Mxolisi Dukwana wat Vrydag voor die kommissie verskyn het.

Dukwana sê die Gupta het aan hom meegedeel dat die twee persone maandeliks elkeen R1 miljoen ontvang in kontant, wat afkomstig is van die Gupta familie.

Hy het ook getuig dat die Gupta hom R2 miljoen aangebied het om ’n dokument te onderteken, maar het geweier, en kort daarna is hy afgedank.

Zuma steek miljoene weg in Nkandla

Die “Sunday Times” berig dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het nie net die Libiese diktator, Muammar Gaddafi en sy familie beskerm in 2011 nie, maar het ook miljoene Rand in Nkandla weggesteek.

Die miljoene dollar waarna verwys word, staan bekend as die “Gaddafi vermiste miljoene” en word op sowat $30 miljoen (ongeveer R400 miljoen) gestel.

Die geld was glo aan Zuma toevertrou deur die diktator Gaddafi, ingeval hy iets sou oorkom of ontvoer sou word.

Na bewering het Zuma die geld veel later, klaarblyklik na Gaddafi se dood, aan Koning Mswati gestuur wat blykbaar verlede week bevestig is aan die ANC president Ramaphosa.

Vroeër het Zuma ontken van die geld in sy besit, en die vorige Openbare beskermer, Thuli Madonsela, is met haar ondersoek na die destydse Nkandla-skandaal, toegang tot die perseel geweier.

Bewerings word nou gemaak dat Jacob Zuma beplan het om die $30 miljoen om te skakel na die Suid-Afrikaanse Rand vir sy eie rekening wat hom instaat sou stel om sommer sy groot rekening aan regskoste kon aflos..

SAPD generaal geskors

Bonang Mgwenya, die Adjunk-kommissaris van Polisie is geskors. Dit volg na beweerde inmenging oor haar seun se aansoek om ‘n leerling bestuurders lisensie.

Bewerings van bedrog en korrupsie is deur die Onafhanklike Polisie Ondersoek Eenheid aangegee as die rede vir die skorsing.

Bonang het die tweede hoogste rang in die polisie beklee naas die Kommissaris van Polisie. Sy is die vierde senior beampte wat geskors is na Deliwe De Lange, Khomotsi Phahlane en Johannes Mokwena.

Die twis tussen Bheke Cele en Khehla Sithole het aansienlik vererger na die skorsing

Nuusflitse

Riaan-Juan Smit is die jongste slagoffer van ’n geweldadige aanval op ’n kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing naby Johannesburg.

 

Jan van Riebeeck – die krimineel

Volgens  Nathi Mthethwa het die aankoms van die “veroordeelde krimineel” Jan van Riebeeck die dood veroorsaak van Solomon Mahlangu – 327 jaar na sy aankoms op 6 April 1652.  Mahlangu is ter dood veroordeel op aanklagte van moord en was ‘n lid van die MK terroriste

Drie  Valke in hof

Drie Valke is Vrydag deur hul kollegas gearresteer op klagtes van korrupsie, intimidasie,  dwarsboming van die gereg en uitbuiting. Dit volg na die drie ‘n Midrand besigheids man afgepers het nadat hy in besit gevind is van onwettige dokumente.

BAT skuld SAID R143 miljoen

Die SAID het bekendgemaak dat die plaaslike tak van British American Tobacco meer as R143 miljoen verskuldig is aan die Belastinggaarder.  Dit weens beweerde belasting-bedrog en -ontwyking.  BAT het intussen die bewering ontken en gesê dat SAID hulel R30 miljoen skuld.

Twee deelnemers in Ysterman sterf

Twee deelnemers aan die Afrika Ysterman kompetisie in Port Elizabeth het gesterf tydens hul deelname. Volgens ’n woordvoerder het een deelnemer ‘n hartaanval gehad tydens die swem item, en die tweede het aan konvulsies gesterf. Die twee is geïdentifiseer as Leon Stanvliet van George (63) en Andre Trichardt van Durban (58) .

Honderde Sub-Kontrakteurs in gevaar

Die aansoek van Groep 5 vir beskermde bankrotskap kan daartoe lei dat honderde sub-kontrakteurs in die boubedryf hul sake-ondernemings sal moet sluit. Uitstaande skuld van Groep 5 aan die sub-kontrakteurs beloop miljoene Rand en van die kontrakteurs sal nie hul verpligtinge kan nakom nie.

Vrou vermoor in Vredendal

Martie Louw (77) is Vrydag 5 April 2019 wreed in haar huis in Vredendal vermoor.  Louw het onlangs verhuis vanaf Bloubergstrand nadat sy van haar handsak beroof is in ‘n winkelsentrum.

Bron: Die Vryburger

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 18 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 15 Max 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 25

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk  met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 15 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met  matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 15 Max 28

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 15 Max 24

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 27

Durban – Gedeeltelik bewolk met swaar reënbuie met ‘n

Min 22 Max 27

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en matig ligte reënbuie met ‘n

Min 20 Max 29

Upington –  Sonskyn en warm met ‘n

Min 17 Max 29

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel tot matig met ‘n

Min 17 Max 22

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 14 Max 23

Sutherland – Gedeeltelik bewolk koel in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 10 Max 23

Be the first to comment

Leave a Reply