Potgooi – Nuus &  Weer 9 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 9 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

  • Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het aan president Cyril Ramaphosa geskryf oor sy beplande besoek Donderdag aan Alexandra. Mashaba het die president versoek om verteenwoordigers van alle sfere van die regering by sy besoek aan Alexandra te betrek.
  • Die voorsitter van Sekunjalo en hoof van die Independent Media-maatskappy, Iqbal Survé, het glo probeer om die voormalige hoof van Ayo Technologies, Kevin Hardy, om te koop.
  • Die Wêreldbank het die ekonomiese groei van Afrika suid van die Sahara tot 2 punt-8 persent van 3-punt-3-punt in 2019 afgegradeer. Volgens die bank se verslag het ekonomiese groei vir die vierde agtereenvolgende jaar ver onder die bevolkingsgroei gebly. Die verslag dui aan dat globale en huishoudelike faktore ‘n rol gespeel het in die teleurstellende syfers. Die verslag toon verder dat groei in die streek ook in 2018 met 0-punt-2 persent gedaal het. ‘n Hoofekonoom by die Wêreldbank, Albert Zeufack, sê die streek het te kampe met ‘n verskeie uitdagings wat die streek se groeivermoë kortwiek.
  • ‘n Busbestuurder is in Newlands Wes naby Durban doodgeskiet.
  • President Cyril Ramaphosa het gisteroggend die kantore van die Passasierspooragentskap, Prasa, in Kaapstad besoek. Ramaphosa wou op hoogte kom van Prasa se pogings om pendelaarsdienste te verbeter en ekonomiese groei te stimuleer. Tydens ‘n ontmoeting met pendelaars het die trein waarop die president gery het, onklaar geraak en gemaak dat die rit wat slegs 45 minute moes duur, met meer as drie uur vertraag is.
  • Eskom waarsku dat die nat en koeler toestande wat oor dele van die land voorkom die vraag na elektrisiteit kan verhoog. Dit verhoog die kanse vir beurtkrag.
  • Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê die ANC het misluk om beheer te neem oor grense in Suid-Afrika.
  • Motoriste in Kaapstad gaan nuwe nommerplate kry. Vanaf die naweek sal nommerplate vir Kaapstad met die letters C-A-A gedruk word, in plaas van C-A.
  • Die Drakenstein Munisipaliteit in die Wes-Kaap het ‘n kontantinspuiting van miljoene rand van die stad Neumarkt in Duitsland ontvang.
  • Tanzanië is van plan om die gebruik van plastieksakke, wat net een keer gebruik word, te verbied.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 16 Max 25

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 17 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 18 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 17 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 26

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 14 Max 26

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 16 Max 26

Durban – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 21 Max 27

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 21 Max 26

Upington –  Sonskyn en baie warm met ‘n

Min 14 Max 30

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel tot matig met ‘n

Min 19 Max 26

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 15 Max 23

Sutherland – Gedeeltelik bewolk koel in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 10 Max 24


 

Be the first to comment

Leave a Reply