Nuus & Weer 10 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus &  Weer 10 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Toets stasie gesluit

Nog ‘n toets stasie is gesluit deur die Valke. Hierdie keer in Ellisras waar sewe beamptes gearresteer is weens bedrieglike uitreiking van pad vaardigheid sertifikate. Dit volg na die sluiting van ‘n stasie in Messina verlede week.

Motor diefstal deur sindikate

Die Nasionale Vereniging van Motovervaardigers in SA (Naamsa) het bekend gemaak dat sindikate besig is om motorvoertuie te steel deur gebruik te maak van duplikaat sleutels.  Dit blyk veral ‘n probleem te wees met Ford voertuie.

Pietermaritzburg Stadsraad onder administrasie

Die Msunduzi munisipaliteit is onder administrasie geplaas weens onregmatige uitgawes, wan-administrasie en gedurige afwesigheid van die raadslede.

Die Raad was die afgelope tyd disfunksioneel weens die afwesigheid van talle lede wat verhoed het dat besluite geneem kon word omdat daar nie ’n kworum is nie.

Finansiële toesig het nie plaasgevind nie wat meegebring het dat die raad fisies bankrot is weens tekort aan fondse.

Senior bestuurders wat nie hul werk verrig het nie,  is nie aangespreek of vervolg nie, met die gevolg dat geen dissipline gehandhaaf is nie.

Onderwysers afwesig

\

Daar is daagliks meer as 6,400 onderwysers afwesig by skole in die Oos-Kaap.  Dit beteken dat 12% van alle onderwysers in die provinsie  nie in klaskamers is nie.

Die gemiddeld in die land is een uit elke 10 onderwysers afwesig per dag.  Nou word geweld en depressie as rede aangevoer vir die swak bywoning deur die onderwysers.

Die verslag wat uitgebring is word egter bevraagteken aangesien syfers deur skoolhoofde verskaf word en waar daar ‘n hoë persentasie afwesigheid bestaan, word dit of nie aangeteken of daar word gepeuter met die getalle.

Die Nkandla geld bly duister

Dit wil lyk of Jacob Zuma die koerant gaan hof toe sleep oor die berig dat hy $30 miljoen (R420 miljoen) van Caddafi se geld in Nkandla weggesteek het.

Volgens ingeligte bronne gaan die saak in die hof beslis word wat Zuma wil instel teen die “Sunday Times” wat voet by stuk gehou het dat die geld dur Zuma “bewaar” is.

Dit blyk ook dat Zuma van plan is om die joernalis wat die berig opgestel het, “in haar persoonlike kapasiteit” vervolg gaan word.

Volgens die berig sou Zuma ingestem het om die kontant van die destydse Libiese diktator Muammar Gaddafi veilig te bewaar vir hom en sy familie gedurende 2011.

Dit is bekend dat ’n sekere koerant agentskap redelike toegang tot die vorige ANC president se sake gekry het.

Politieke ontleders sê dit wil lyk of daar wel ’n groot klomp kontant in Nkandla versteek was, en die vraag ontstaan as dit nie die Caddafi se kontant was nie, wie se geld was dit dan.

Pretoria beplan aktivering van kragsentrales

Rooiwal kragsentrale

Die Stadsraad van Pretoria is glo besig om die twee ou kragsentrales van die stad op te gradeer en weer in werking te stel in die lig van die onsekerheid oor kraglewering deur Eskom.

Een kragsentrale in die westelike deel van die stad en die Rooiwal kragstasie beskik oor die gesamentlike potensiaal om 1,000 MW krag te lewer as hulle opgradeer word.

Die twee aanlegte is aanvanklik opgerig om met antrasiet te werk, maar omdat die uitvoer prys daarvan baie goed is, het dit meer voordeel ingehou as wat dit met elektrisiteit opwekking is.

Die omskakeling na steenkool kan bekostigbaar wees, maar inwoners sê die opgradering moet ook die versekering bied dat lugbesoedeling nie die stad onleefbaar maak nie.

 

President Cyril Ramaphosa het boere gevra om hulle werkers met empatie te behandel en op te hou om mense van hulle grond af te sit. Ramaphosa het tydens ‘n besoek aan Stellenbosch aan boere gesê hulle kan hulle plek in die land verseker deur te erken dat swart mense destyds erg verontreg is, toe hulle van grond ontneem is.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reënmet tye met ‘n

Min 19 Max 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 12 Max 26

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 19 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 18 Max 24

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 15 Max 23

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 19 Max 29

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n

Min 21 Max 25

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 20 Max 25

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 33

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 18 Max 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 19 Max 24

Sutherland – Gedeeltelik bewolk koel in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 11 Max 26

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply