Potgooi – Nuus &  Weer 11 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 11 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Misdaad hoof skuldig aan veediefstal

Die vorige Misdaad Intelligensie hoof in Elliot, Oos-Kaap, ene Kaptein Ndzima Dweba, is skuldig bevind aan diefstal van 16 skape en nege bokke in 2012.  Hy het sy staatsvoertuig gebruik om die diere te steel.  Hy  sal op 9 Julie gevonnis word.

Sewentien gearresteer in Blackheath

Sewentien opstokers is in Blackheath, Kaapstad,  gearresteer nadat ‘n groep van meer as 1,000 betoog het in die area.  Petrolbomme is in die area gegooi, en die protes gaan glo oor dienslewering. Sake bedrywighede asook vervoer na en van die gebied is deur die optrede beïnvloed.

Somerset Wes se grond word beset

Polisie en grondbesitters het Woensdag gebots in Somerset Wes wat gelei het daartoe dat sekere dele van die N 2 snelweg gesluit moes word .  Motors is met klippe bestook en bande is op die snelweg aan die brand gesteek.  Dit volg nadat plaaslike plakkers gepoog het om strukture op te rig op privaat grond langs die N2.  Een van die sg. 350 opstokers is in hegtenis geneem.

Sakevertroue op sy laagste

Volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid  het die sakevertroue tot sy laagste punt gedaal vir hierdie jaar en volgens die Kamer reflekteer dit ‘n klimaat van depressie. 

Die rand se daling, krag onderbrekings, verhoogde krag tariewe en die verlangsaming van die vervaardigers sektor dra by tot die toestand. Intussen sit besigheids makelaars met ‘n oorskot van besighede wat in die mark is waarvoor daar tans nie ’n kopersmark bestaan nie.

Dieselfde tendens kom ook voor in die eiendomsmark waar daar weinig kopers is wat belangstel om eiendomme of plase te koop, en behalwe vir die swak ekonomiese vooruitsigte, bestaan daar vrees dat grondgryp nog groter in omvang kan raak na die verkiesing.

Korrupsie in die onderwys

Twee-en-twintig  persent van beweerde korrupsie wat aangemeld is by Corruption Watch (CW) in 2018 kom vanuit die onderwys sektor. 

Minstens 45% van die 4,200 gevalle kom vanuit die misdaad Mekka van Gauteng.  Die verslag beklemtoon die feit dat korrupsie die pilare van demokrasie aftakel en sleutel instansies oorneem wat toesig moet hou oor leiers.

Die parlement en die Nasionale Vervolgingsgesag is volgens David Lewis die woordvoerder van Corruption Watch gekompromitteer en sodoende is korrupsie as bedryf in stand gehou.

Senior EFF lid bedank

Thembinkosi Rawula  het bedank as EFF lid  na ‘n woorde stryd rondom die party  se finansiële sake. Hy het in ‘n verklaring gesê dat Julius Malema en Floyd Shivambu  “donasies” ontvang het van VBS Bank.

Volgens hom word die party diktatoriaal beheer deur Malema en Shivambu  Hy was die  hoof  van die party se dissiplinêre komitee en is oorgesien met die party se opstel van die nominasie lys.

Joernaliste het in 2018 berig dat die EFF R1,8 miljoen ontvang het van VBS fondse wat toe die indruk gelaat het dat Malema se party ook betrokke is by korrupsie.

Thembinkosi Rawula het vroeër gesê Malema en Shivambu is “bloody crooks”.

 

Toets stasie gesluit

Nog ‘n toets stasie is gesluit deur die Valke. Hierdie keer in Ellisras waar sewe beamptes gearresteer is weens bedrieglike uitreiking van pad vaardigheid sertifikate. Dit volg na die sluiting van ‘n stasie in Messina verlede week.

 

Motor diefstal deur sindikate

Die Nasionale Vereniging van Motovervaardigers in SA (Naamsa) het bekend gemaak dat sindikate besig is om motorvoertuie te steel deur gebruik te maak van duplikaat sleutels.  Dit blyk veral ‘n probleem te wees met Ford voertuie.

 

Pietermaritzburg Stadsraad onder administrasie

Die Msunduzi munisipaliteit is onder administrasie geplaas weens onregmatige uitgawes, wan-administrasie en gedurige afwesigheid van die raadslede.

Die Raad was die afgelope tyd disfunksioneel weens die afwesigheid van talle lede wat verhoed het dat besluite geneem kon word omdat daar nie ’n kworum is nie.

Finansiële toesig het nie plaasgevind nie wat meegebring het dat die raad fisies bankrot is weens tekort aan fondse.

Senior bestuurders wat nie hul werk verrig het nie,  is nie aangespreek of vervolg nie, met die gevolg dat geen dissipline gehandhaaf is nie.Onderwysers afwesig

Daar is daagliks meer as 6,400 onderwysers afwesig by skole in die Oos-Kaap.  Dit beteken dat 12% van alle onderwysers in die provinsie  nie in klaskamers is nie.

Die gemiddeld in die land is een uit elke 10 onderwysers afwesig per dag.  Nou word geweld en depressie as rede aangevoer vir die swak bywoning deur die onderwysers.

Die verslag wat uitgebring is word egter bevraagteken aangesien syfers deur skoolhoofde verskaf word en waar daar ‘n hoë persentasie afwesigheid bestaan, word dit of nie aangeteken of daar word gepeuter met die getalle.

 

Die Nkandla geld bly duister

Dit wil lyk of Jacob Zuma die koerant gaan hof toe sleep oor die berig dat hy $30 miljoen (R420 miljoen) van Caddafi se geld in Nkandla weggesteek het.

Volgens ingeligte bronne gaan die saak in die hof beslis word wat Zuma wil instel teen die “Sunday Times” wat voet by stuk gehou het dat die geld dur Zuma “bewaar” is.

Dit blyk ook dat Zuma van plan is om die joernalis wat die berig opgestel het, “in haar persoonlike kapasiteit” vervolg gaan word.

Volgens die berig sou Zuma ingestem het om die kontant van die destydse Libiese diktator Muammar Gaddafi veilig te bewaar vir hom en sy familie gedurende 2011.

Dit is bekend dat ’n sekere koerant agentskap redelike toegang tot die vorige ANC president se sake gekry het.

Politieke ontleders sê dit wil lyk of daar wel ’n groot klomp kontant in Nkandla versteek was, en die vraag ontstaan as dit nie die Caddafi se kontant was nie, wie se geld was dit dan.

 

Pretoria beplan aktivering van kragsentrales

Die Stadsraad van Pretoria is glo besig om die twee ou kragsentrales van die stad op te gradeer en weer in werking te stel in die lig van die onsekerheid oor kraglewering deur Eskom.

Een kragsentrale in die westelike deel van die stad en die Rooiwal kragstasie beskik oor die gesamentlike potensiaal om 1,000 MW krag te lewer as hulle opgradeer word.

Die twee aanlegte is aanvanklik opgerig om met antrasiet te werk, maar omdat die uitvoer prys daarvan baie goed is, het dit meer voordeel ingehou as wat dit met elektrisiteit opwekking is.

Die omskakeling na steenkool kan bekostigbaar wees, maar inwoners sê die opgradering moet ook die versekering bied dat lugbesoedeling nie die stad onleefbaar maak nie.

 

Talle senior polisiebeamptes met kriminele rekord

Minister Bheke Cele en Khehla Sitole het op navraag bekendgemaak dat 32 senior lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kriminele rekords het.  Die name van die polisiebeamptes is nie bekendgemaak nie, en antwoorde is nie verstrek op hoe lank die SAPD reeds bewus is van die toedrag van sake nie.

Die beamptes se skuldigbevindings wissel van bedrog, openbare geweld, minagting van die hof, aanranding, drankwet oortreding en selfs verkeersoortredings.

Meer as 4,100 gewone lede van die mag het kriminele oortredings en kenners meen dit is een van die hoofredes waarom so baie wetsoortreders nog vry rondloop.

Bron: Die Vryburger

       

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 17 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 17 Max 27

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 27

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met swaar reën plek plek met ‘n

Min 16 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 15 Max 26

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met met reën plek plek met ‘n

Min 17 Max 26

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 24

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 24

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 21 Max 26

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 21 Max 28

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 22 Max 33

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 15 Max 24

Sutherland – Gedeeltelik bewolk koel in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 11 Max 27


 

Be the first to comment

Leave a Reply