Potgooi – Nuus &  Weer 12 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 12 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Eskom het gewaarsku dat die moontlikheid van kragonderbrekings weer Donderdag aand ingestel kan word tussen 17:00 en 22:00. Dit is weens ‘n verlies van opwekking by sekere kragstasies.

Motors van die poskantoor en munisipaliteit is in  Kroonstad se woonbuurte aan die brand gesteek deur oproermakers. ‘n Poskantoor in Phomolong is ook beskadig deur brandstigters. Polisie van Sasolburg, Bloemfontein en Welkom is ingeroep om orde te herstel en 60 mense is in hegtenis geneem en sal van openbare geweld aangekla word.

Die 2019 Oppikoppi musiekfees wat jaarliks te Northam in Wes Transvaal gehou word is gekanselleer weens veiligheids redes.

Die 2018 fees was die teiken van kriminele wat feesgangers beroof het.  Die organiseerders het daarop gewys dat veiligheidsmaatreëls om die fees te hou sou die prys van toegangkaartjies onbetaalbaar duur gemaak het.  Die organiseerders hoop dat 2020 ‘n beter jaar sal wees wat betref misdaad.

 Verskeie betogings vind vanoggend in Gauteng plaas. Paaie in Pennyville naby Soweto en in Mohlakeng, wes van Johannesburg is versper. Betogers het ook die R28-deurpad by De Deur met brandende bande versper. Dit geld ook vir die N17 naby Garankuwa in Pretoria.

Die polisie monitor die Steynsrusomgewing in die Vrystaat waar drie vragmotors gisteraand op die R76 aan die brand gesteek en geplunder is.

Sestig mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings in Kroonstad waar die poskantoor en verskeie munisipale voertuie gister aan die brand gesteek is.

Die polisie in Pretoria monitor die Gemorrah-plakkerskamp in Pretoria-Wes waar inwoners gister oproerig geraak en eiendom beskadig en paaie versper het. Die Hervormde Kerk Wesmoot se vensters is stukkend gegooi, banke is omgegooi, Bybels is opgeskeur en gordyne is aan die brand gesteek. Die brand is geblus voordat dit kon versprei. Die inwoners betoog oor swak dienslewering.

Die vakbond Numsa het aangekondig dat hy vandag ‘n optog na die hoofkantoor van die land se grootste staalmaatskappy, ArcerlorMittal in Vanderbijlpark gaan hou.

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, sal vandag voortgaan met sy getuienis by die Zondo-kommissie van ondersoek in Johannesburg.

‘n Medewerker van die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, is in Ecuador in hegtenis geneem nadat hy probeer het om na Japan te vlug.

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reën met ‘n

Min 15 Max 23

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 19 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 17 Max 22

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 14 Max 25

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm matige  reënbuie met tye met ‘n

Min 17 Max 27

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 22 Max 27

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 22 Max 30

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 20 Max 32

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 14 Max 30

Sutherland – Gedeeltelik bewolk koel in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 12 Max 27


 

Be the first to comment

Leave a Reply