Potgooi – Nuus &  Weer 15 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 15 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Die SABC se Hoof Operasionele Beampte, Chris Maroleng, is skuldig bevind op drie klagtes.  Hy is skuldig bevind dat hy nie sy verantwoordelikheid nagekom het om die entiteit korrek te bestuur nie.Sy aanstelling van Marcia Mahlalela en Carmen Schneider was ook teenstrydig met die Raad se beleid. Intussen is Tshifhiwa Mulaaudzi, hoof van die kommersiële eenheid, verlede week geskors hangende ‘n ondersoek.

Die ANC het erken dat Prasa, of te wel die spoorstelsel in SA,  misluk het in die afgelope dekade  Die regering se sogenaamde strategie om die krisis ten opsigte van spoorvervoer reg te stel, het nie geslaag nie en iets “drasties” is nodig om Prasa weer op die “spoor” te kry.Dit is volgens Blade Nzimande, die kommunistiese Minister van Vervoer wat die afgelope naweek oor die aangeleentheid gepraat het..‘n Taakspan sal glo binne 12 maande poog om dinge in plek te kry en uitbreiding van die stelsel, wat stagneer het, sal ‘n verdere 36 maande duur.

In ‘n tyd waar die land ekonomies swaarkry het die ANC regering aangekondig dat bykans R750 miljoen spandeer gaan word aan ministers wonings en staats geboue. Die Uniegebou se matte sal vervang word teen R5 miljoen terwyl R29 miljoen aan sekuriteitshekke en ‘n hondehok uitgegee sal word.‘n Minister se kombuis en badkamer in Rondebosch sal teen R1 miljoen verbeterings ondergaan.

Die Supermark groep Spar word ondersoek deur die Kompetisie Kommissie nadat die groep Suid Afrikaans vervaardigde sigarette van hul rakke verwyder het.  Dit is deel van die sage tussen die multi-nasionale sigaret vervaardigers en Suid Afrikaanse  produsente

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, sal vandag voortgaan met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping in Parktown in Johannesburg. McBride het Vrydag getuig dat twee senior OPOD-beamptes geskors is weens druk van die voormalige Minister van Polisie, Nathi Nhleko. McBride sê nadat hy geskors is, is twee van sy medewerkers deur die waarnemende OPOD-hoof Israel Kgamanyane geskors, in opdrag van Nhleko. Die kommissie se regspan is besig om ander getuies te identifiseer en te raadpleeg wat oor die volgende paar weke gevra gaan word om voor die kommissie te getuig.

Inwoners van Alexandra, noord van Johannesburg, is ontevrede omdat die burgemeester, Herman Mashaba, die township eers vandag gaan besoek. Dit volg op die protesoptrede die afgelope twee weke en hul aandrang dat die burgemeester hulle griewe moet kom aanhoor. Inwoners is bekommerd oor oorbevolking en blyplekke wat onwettig opgerig word en die Johannesburgse metropolisie se traagheid om munisipale regulasies oor dié verblyf, af te dwing. Hulle kla ook oor swak dienslewering en leë beloftes oor ontwikkeling.

Die polisie in Gauteng het vanoggend betogers in Hillbrow in die Johannesburgse middestad en in Ennerdale, suid van Johanneburg uiteengejaag. Inwoners van albei gebiede het vroeg vanoggend paaie met brandende buitebande probeer versper. ‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die situasie in Hillbrow en Ennerdale is nou onder beheer en paaie is heropen vir verkeer.

Die UDM het ‘n gebrek aan ontwikkeling op Marikana, naby Rustenburg in Noordwes skerp veroordeel en sê dit dui net op leë beloftes, en dat mense steeds vandag ‘n situasie moet verduur waar hulle geen water of elektrisiteit het nie. Die UDM-leier, Bantu Holomisa, het die gebied besoek vir sy party se verkiesingsveldtog.

Twee verdagtes verskyn môre in die landdroshof op Brits in Noordwes nadat hulle in besit was van ‘n reuse renosterhoringvonds. Die twee is deur ‘n taakspan bestaande uit verskeie wetstoepassingsagentskappe vasgetrek. Die polisie sê dit wil voorkom of hul vrag bestem was vir die Asiese mark. ‘n Woordvoerder vir die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê hulle het ‘n wenk ontvang dat die verdagtes renosterhoring vervoer. Hulle is in die Hartbeespoort-omgewing vasgetrek met 167 renosterhorings.

Die karkas van ‘n walvishaai wat by Kampsbaai uitgespoel het, is van die strand verwyder. Die haai het Saterdag op die strand uitgespoel en is later die aand dood.

Meer as 100-miljoen mense in sentraal Amerika tot aan die Ooskus kan uiterste weerstoestande verwag, wat hewige donderstorms en nog tornado’s tot gevolg kan hê. Sowat sesduisend vlugte is gekanselleer of word vertraag weens ‘n hewige koue front wat veroorsaak word deur die tornado wat deur die suidoostelike dele van Amerika beweeg. Die tornado in die rigting van Enigma, Georgia het gister en eergister gepaardgegaan met 17 roterende lugkollome regdeur die Suide, van Texas tot Alabama. Die lughawens wat die ergste geraak word is in Dallas, Charlotte en Noord-Carolina. In Chicago het dit ook begin sneeu. Twee kinders is Saterdag in Pollok, Texas dood toe ‘n boom op ‘n motor geval het. Nog ‘n kind is naby Monroe, Louisiana dood toe hy in vloedwater verdrink het.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 18 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n

Min 16 Max 34

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 19 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 18 Max 24

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 26

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met matige reënbuie met tye met ‘n

Min 18 Max 29

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 12 Max 23

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 13 Max 25

Durban – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 21 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 22

Upington –  Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 11 Max 25

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 15 Max 20

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 11 Max 19

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 2 Max 17


 

Be the first to comment

Leave a Reply