Potgooi – Menslief Ek is Lief vir Jou – Moenie Oordeel nie -12 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Menslief Ek is Lief vir Jou – Moenie Oordeel nie -12 April 2019

Aangebied Maandae en Vrydae om 17:00 deur Corrie

Luister weer

 

Elke mens is ‘n individu uniek op sy eie, elkeen word gevorm deur sy verwysings raamwerk nl: Opvoeding, Kultuur, Opleiding, Ervarings, Milieu, Emosies, Sosiale omgewing.

Hoeveel keer dink ons nie iemand is dom omdat hy nie weet waarvan jy praat nie of nie weet hoe om iets te doen nie maar jy vergeet dat jy dit ook nie geweet het nie tot jy geleer het daarvan hetsy op skool of deur werks ervaring ens.

As ‘n persoon nie dieselfde opleiding as jy gehad het nie en hy weet niks van jou vakgebied nie beteken dit nie hy is dom en jy slim nie.

Ons sit etikette op ons medemens maar die doel van etikette/labels is, hulle gee inligting, instruksies, waarskuwings (soos bv gifbottels), spog, oordryf, maak beloftes en lieg sommer blatant. Sulke etikette plak ons ook op onsself en op ander, sommer so in die verbyloop, veral as ons nie van hulle hou nie, label ons hulle chop-chop. Terwyl ons eie etikette maar bietjie sleg lyk, of hoe?

Wat staan op my etiket? Is my hele verlede se foute en almal de vooroordeel daarop geskryf?

Matt 7:1-6
“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ‘n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. “Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.” 

 

Spr 26:22 ‘n Geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit soos maklik
Spr 18:8 Skinderstories word gretig verslind, mense sluk dit so maklik

Mense wat etikette op ander plak of hang  etiketeer deur dit te doen hul self in die proses. Nog ‘n kant van etikettering is hoogmoed.  Met hoogmoed plak jy ‘n etiket op jouself. Daar word neergesien op arm mense en mense wat dalk nie so goedbetaalde werk het as jy nie/

Is die idee van sewe afkuwelike sondes dan on-Bybels? Spreuke 6:16 – 19 verklaar, “Die Here haat ses dinge, nee, sewe waarvan Hy ‘n afsku het: (1) oë wat straal van hoogmoed, (2) ‘n tong wat lieg, (3) hande wat met bloed bevlek is, (4) gedagtes wat met komplotte besig is, (5) voete wat net een koers ken, die van die kwaad, (6) ‘n getuie wat lieg en (7) iemand wat rusie stook tussen broers”. Maar daar is mense wat nie hierdie lys sien en verstaan as die eintlike sewe afkuwelike sondes nie.

Daar staan nie een plek in die Bybel dat die Here ‘n afsku het in ‘n arm mense nie. Maar oë wat straal van hoogmoed…

Laastens label ons die Here as hierdie kwaai Persoon wat die heeldag met ‘n lat rondloop en wild en wakker slae uitdeel. 1 Joh 4:8b sê egter presies wat op die Here se etiket staan:- “God is liefde”. Net dit.

God het ook iets op jou etiket geskryf, spesiaal vir jou:

Sef 3:17
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.


 

Be the first to comment

Leave a Reply