Potgooi – Nuus & Weer 16 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 16 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Vuisvoos motoriste is in vir ‘n verdere prys verhoging van petrol in Meimaand.  Volgens die AA se voorspelling kan petrol met ‘n verdere 56 sent per liter styg.  Die beter nuus is dat diesel met ‘n “enorme” 5 sent kan daal.

Mobiele klaskamers is in Ennerdale aan die brand gesteek weens die versuim om die skool se dak te herstel na stormskade. Weereens die sinnelose verwoesting van infrastruktuur en die reaksie van die departement: Om skole op te gradeer sal glo R5miljard beloop.

Die SA Rolbal gemeenskap is geskud met die moord op Elma Davis deur haar man Trevor. Trevor Davis het daarna homself geskiet. Trevor was ‘n lid van die uitvoerende bestuur van Rolbal SA terwyl Elma Davis onlangs verkies is om SA te verteenwoordig in Wallis in ‘n internasionale kompetisie.  .

Die Minister van Kuns en Kultuur Nathi Mthethwa het aangekondig dat die ANC-regering so spoedig moontlik alle openbare plekke wat vernoem is na koloniale en apartheid-persone sal verander word aangesien daar dan rekonsiliasie in die land sal plaasvind.

Die Mattel beheerde groep Fisher Price het sy “RuknSpeel” slaapstoel aan die mark onttrek na die dood van meer as 30 babas in die VSA.  Die Vereniging van Pediaters het geruime tyd reeds gewaarsku teen  baba stoele waarin die kind nie vasgemaak word nie.   Sowat 5 miljoen van die stoele word tans aan die mark onttrek.  Die meeste babas het gesterf nadat hul omgerol het op hul maag en daardeur versmoor het.

 

 

      Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 18 Max 32

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 19 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 17 Max 24

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 16 Max 25

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met swaar reënbuie met tye met ‘n

Min 15 Max 28

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en later warmer met ‘n

Min 10 Max 22

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 13 Max 22

Durban – Gedeeltelik bewolk met swaar reën met tye met ‘n

Min 20 Max 22

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 17 Max 22

Upington –  Sonnig met ‘n

Min 12 Max 25

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plak plek met ‘n

Min 16 Max 19

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koud met reën plek plek met ‘n

Min 9 Max 18

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 4 Max 17


 

Be the first to comment

Leave a Reply