Potgooi – Nuus &  Weer 17 April 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 17 April 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

  • Die land se besighede is bevrees dat aanvalle deur bendes en gewapende rowers die Paasnaweek gaan toeneem. Verlede jaar het daar ‘n toename van 16% plaasgevind tydens die Paasfees periode.  Aanvalle vind veral in die tyd plaas weens die hoë omset van sake en die gepaardgaande kontant in omloop is. Vrees is ook uitgespreek dat die besige paaie weer ’n slagting kan veroorsaak onder motoriste en onverantwoordelike voetgangers. Drank misbruik, roekelose bestuurders, onpadwaardige en oorlaaide voertuie is gewoonlik die hoofredes vir padongelukke, terwyl bestuurders sonder ’n wettige bestuurslisensie ook in die verlede verantwoordelik was vir talle ongelukke.
  • Die voorgestelde windplaas in die Groot Winterhoek omgewing is tydelik gestop nadat die Minister van Omgewingsake, Lindiwe Zulu, teen die oprigting gekant was.
  • Die Watson-familie bestaande uit vyf lede is die direkteure van Inyanda Energy Projects wat die plaas op Ronnie Watson se plaas wil oprig. Die SA Wildernis Stigting,  Birdlife SA,  die Oos-Kaap omgewing spesialis, dr. Paul Martin, prof. Gavin McLachlan en dr. Werner Illenberger, ook ’n omgewing spesialis, is die groepe wat die appel teen die oprigting van die plaas gebring het. Die oprigting van die windplaas sou waarskynlik groot voordeel inhou vir die Watsons, en die mening is uitgespreek dat dit nog ’n poging is om miljoene Rand te “verdien” op ’n projek wat hoegenaamd nie in die gebied moet wees nie.
  • Volgens Ramaphosa sal transformasie in die werksplek nou ook in die privaatsektor verhaas word.  Wetgewing sal afgedwing word om te verseker dat die privaatsektor soos die openbare sektor sal transformeer.
  • Die hoof van Eskom het werkers laat weet dat vroeë aftree pakkette, natuurlike uittrede en vrywillige skeidingspakkette sal verseker dat  personeel tegemoet gekom word om die negatiewe effek van werkverliese te absorbeer ontbondeling van Eskom.
  • Die vakverbond Numsa het Comair kennis gegee dat hulle voortgaan met hul beplande staking.  Hulle eis gelyke betaling vir gelyke werk.  Comair is besig om planne gereed te kry om die inpak van die staking te minimaliseer.
  •  ‘n Skool in Midrand het deurgeloop onder diewe.  Die Rambuwani Primêre Skool in Klipfontein se rekenaars en kontant is Maandag nag deur diewe weggedra.
  • MultiChoice Group Executive for Corporate Affairs op 25 Maart 2019 ontvang. As gevolg van Steve Hofmeyr se deelname aan die video, versoek Mulitchoice dat die benoeming van “DIE LAND” onttrek word. Verder verklaar hul dat indien dit nie plaasvind nie, hul geen opsie het as om hul borgskap van die Ghoema Musiektoekennngs 2019 te onttrek nie….”
  •  Gedurende die afgelope vier maande het masels wêreldwyd toegeneem, en in vergelyking met verlede jaar die ooreenstemmende tyd, het masels met 320% toegeneem. In talle lande het mense nie voorsiening gemaak vir die nodige behandeling ten einde voorkomend op te tree met immunisering nie, wat die toename soveel groter en gevaarliker maak. Hoogs doeltreffende entstof verseker dat die huisgesin gevrywaar is van die aansteeklike siekte wat meestal deur aanraking of kieme in die lug, van een persoon na ’n ander oorgedra word. Die virus, wat uiters aansteeklik is, vestig gewoonlik in die neus, keel en mond, en veroorsaak ’n erge uitslag op die liggaam.
  • Die gewilde popster, Kurt Darren, is genooi om voor die opening van die rugbywedstryd tussen Tukkies en die Maties, die ANC se lied, Nkosi Sikelel’iAfrika te sing. Die sanger het glo ’n gemors gemaak van die volksvreemd lied wat hy moes sing, en selfs blankes het agtergekom dat hy die woorde verkeerd inspan. Die uitnodiging om Maandagaand met die Varsity beker se finaal op te tree in Stellenbosch by die Danie Craven Stadion, is deur Darren aanvaar, maar die grootste aantal toehoorders wat waarskynlik nie-blankes is, was nie gelukkig met die uitkoms van die aanbieding nie. Iemand het op die sosiale media gesê daar was selfs blankes wat gehoor het dat Darren kleitrap met die lied. Kurt het glo gestruikel met die “O fedise dintwa le matshwenyeho”, wat hy geheel en al uitgelaat het, en vervang het met Zoeloe woorde.
  •  Die voormalige hoof van die Valke in Kwazulu-Natal, Johan Booysen, sal vandag by die Zondo-kommissie na staatskaping in Johannesburg getuig. Booysen is die tweede getuie wat oor korrupsie en wanadministrasie in die wetstoepassingsagentskappe gaan getuig, ná die getuienis van die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, die afgelope vier dae. Booysen en sy eenheid vir Georganiseerde Misdaad in Durban, is in 2012 in hegtenis geneem vir die beweerde moord op 45 mense, maar dit het later aan die lig gekom dat die klagtes op vals inligting geskoei was. Booysen het gesê hy vermoed hy is in hegtenis geneem omdat hy ‘n verdagte transaksie vir die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi ondersoek het waarby oudpresident Jacob Zuma se seun, Edward, glo betrokke was.
  • Die Distrik Ses Werkkomitee sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Kaapstad ‘n hernieude poging namens inwoners aanwend om die minister se onvoltooide grondeiseplan te bekom. Die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Maite Nkoana-Mashabane, moes die plan in Februarie by die hof ingedien het. Die voorsitter van die Werkkomitee, Shahied Ajam, sê die regering het onderneem dat elkeen van die duisend-216 bewese eisers wat hul eise vóór die spertyd van Desember 1998 ingedien het, ‘n huis in Distrik Ses sal kry, maar na 20 jaar is daar nog geen plan of program nie.

          

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 19 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 18 Max 22

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met met ‘n

Min 17 Max 27

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 14 Max 25

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 13 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n

Min 13 Max 29

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en later warmer met ‘n

Min 8 Max 22

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 13 Max 25

Durban – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 20 Max 22

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 16 Max 20

Upington – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 12 Max 29

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n

Min 16 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n

Min 11 Max 18

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en bietjie warmer later in die dag met ‘n

Min 4 Max 20


 

Be the first to comment

Leave a Reply