Crime Time: Polisiestakings

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Goeie naand! Dis weer tyd vir Crime Time en ek is William Munnik waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Hierdie week is weer geken deur gewelddadige onluste en moorde en verkragtings, Huisbrake en diefstalle. Misdaad het nou eenmaal maar net `n alledaagse deel van die lewe in Suid-Afrika geraak. Die mense maak soos hulle wil en alles is geoorloof solank jy nie gevang word nie. Die strawwe in die howe is ook so lig dat dit nie eers meer `n werklike afskrikmiddel is nie. Ek onthou `n tyd as kind dat daar `n gesonde vrees vir die Polisie en die hof was, maar dit lyk my asof niemand net meer omgee nie. Dan  dra die media ook nog by deur die SAPD se naam swak te maak deur halwe waarhede te publiseer oor die SAPD se lede sodat hulle tydskrifte en koerante kan verkoop en hits op hulle webwerwe kan kry. Hulle blaas sensasie aan sonder om al die feite vir die publiek te gee. Ek verwys noun a die berig dat duisende van die lede van die SAPD kriminele rekords het. Die insinuasie dus dat die SAPD `n klomp kriminele is. Wat die media opsetlik vergeet het om die publiek meet e deel is dat baie van hierdie kriminele rekords in die uitvoering van hulle pligte opgedoen is. Ja daardie ekstra klap of vuishou wat die polisieman aan die misdadiger gegee het nada thy by jou huis ingebreek het of jou vrou of dogter verkrag het of een van jou gesinslede vermoor het, daardie klap of vuishou het dalk gemaak dat hy nou `n kriminele record vir aanranding het. Daardie spoedoortreding op pad na jou klagte toe kon vir hom `n kriminele record gegee het as die Landdros besluit het dat die rede vir die spoedoortreding nie goed genoeg is na sy mening nie. Ja daar is wel polisiemanne wie hulle magte oorskry en wat wel self verval in kriminaliteit, maar hulle is by verre in die minderheid. Ek sou waag om te se hulle maak seker maar 5% van die hele SAPD uit. Maar om geld en sensasie n ate jag, sal die media die polisie sleg maak. Hoeveel keer het die media nie al gewag en gewag om `n voorval te verfilm waar lede van die publiek polisiemanne dreig en aanrand tydens onluste nie, maar die oomblik as die polisie begin terug baklei, word dit verfilm. Die rede is eenvoudig. Goeie nuus van `n polisieman wie sy werk doen verkoop nie koerante of tydskrifte nie. Dit is die waarheid waarin ons lewe. Hoeveel lede van die publiek het nog nooit `n misdaad gepleeg nie.  Ek sou raai dat 100% van die publiek al `n misdaad gepleeg het. Het jy al skryfbehoeftes by jou werk huis toe geneem? Het jy al `n ongemagtigde telefoonoproep van die werk se foon gemaak sonder om daarvoor te betaal. Wat van `n privaat fotostaat of faks. Wat van as jy gou `n gamepie op jou selfoon of werksrekenaar speel terwyl jy moet werk. Al die bogenoemde is vorme van diefstal . Ek kan nog baie voorbeelde noem, maar ek dink jy kry die prentjie wat ek probeer skets. As jy ooit in jou lewe `n koekie of lekkertjie by jou ouerhuis gevat het sonder ma of pa se toestemming, het jy gesteel. So as jy enige van die bogenoemde ooit in jou lewe gedoen het, is jy `n dief en `n krimineel. Al verskil tussen jou en die kriminele is dat jy nog net nie gevang was en voor `n hof gebring is nie. As jy al ooit in jou lewe vinniger as die spoedgrens gery het, is jy `n krimineel. Al verskil tussen jou en `n krimineel, is dat jy nog nie gevang is nie. En dit sluit my in. Ons almal pleeg een of ander tyd misdaad.

Dan was daar die stories wat die rondte gedoen het oor die polisiestaking wat dreig. Mense wonder of dit waar is. Polisiemanne mag mos nie staak nie. Is dit werklik so? Ja dis waar. Daar was dreigemente van `n landwye polisiestaking. Die vraag is mag polisiemanne staak? Die antwoord gaan ek gee na die musiekbreek. Wie wee twat die rede vir die staking is? Ek dink as jy eers ingelig is oor die rede vir die ongelukkigheid, sal jy dalk die rede vir die staking insien en dit dalk steun. Maar eers `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Bok van Blerk se Tyd om te trek en Enigma se Return to Innocence en Eminem se Venom.

Dit was Bok van Blerk se Tyd om te trek en Enigma se Return to Innocence en Eminem se Venom en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek met jou gepraat oor die stand van die SAPD en of die lede kan staak. Kom ek gaan kyk wat se die Polisiewet  wet 58 van 1995. In hierdie wet word alles wat `n Polisiebeampte mag en nie mag doen nie en wat hy/sy moet en nie moet doen nie vervat. Die wet is oudergewoonte in Engels geskryf en ek sal dus stukke in Engels aanhaal.

Die doel van hierdie wet:

To provide for the establishment, organisation, regulation and control of the South . · African Police Service; and to provide for matters in connection therewith; .. ·

Magte van `n polisiebeampte

  1. (1) Subject to the Constitution and with due regard to the fundamental rights of every person, a member may exercise such powers and shall perform such duties and functions as are by law conferred on or assigned to a police official.

(2) Where a member becomes aware that a prescribed offence has been committed, he or she shall inform his or her commanding officer thereof as soon as possible.

(3) (a) A member who is obliged to perform an official duty, shall, with due regard to his or her powers, duties and functions, perform such duty in a manner that is reasonable in the circumstances.

(b) Where a member who performs an official duty is authorised by law to use force, he or she may use only the minimum force which is reasonable in the circumstances.

(4) Every member shall be competent to serve or execute any surtunons; warrant or other process whether directed to him or her or to any other member.

(5) Any member may in general or in any particular instance be required to act as  prosecutor, or in any other respect to appear on behalf of the State in any criminal matter before any magistrate’s court, any magistrate holding a preparatory examination, a court of a special justice of the peace or any other lower court in the Republic.

(6) Any member may, where it is reasonably necessary for the purposes of control over the illegal movement of people or goods across the borders of the Republic, without  warrant search any person, premises, other place, vehicle, vessel or aircraft, or any receptacle of whatever nature, at any place in the Republic within I 0 kilometres or any reasonable distance from any border between the Republic and any foreign state, or in the territorial waters of the Republic, or inside the Republic within 10 kilometres or any reasonable distance from such territorial waters and seize anything found in the possession of such person or upon or at or in such premises, other place, vehicle, vessel, aircraft or receptacle and which may lawfully be seized.

7 May cordon off a block or street with the necessary authorization of the National Commissioner in order to search and seize goods that may afford evidence in the committing of a crime or the arrest of a suspect.

8 May set up a roadblock.

9 May cordon off the scene of a crime etc.

Soos jy kan sien het `n polisiebeampte nogal baie magte en pligte om hom besig te hou. Soos daar gese is aan die begin moet `n polisiebeampte sy pligte onverwyld uitvoer. Dit suggereer dus dat `n polisiebeampte nie mag wyer om sy pligte uit te voer wanneer hy of sy aan diens is nie. Dus blyk dit asof `n polisieman nie mag staak nie. Die polisie lewer noodsaaklike diens met ander woorde as die polisie nie werk nie en staak, kan mense hulle lewens verloor. So mag polisiemanne staak? Julle gaan nou vir my se dat dit duidelik is dat hulle nie mag staak nie. Wel dis nie heeltemal waar nie. Polisiemanne mag egter staak. Ek kan sommer sien dat daar nou `n paar wenkbroue gaan lig. Ja `n polisiebeampte mag staak en hy mag betoog binne die raamwerk van die Gatherings Act en die Grondwet van Suid-Afrika, maar hy mag dit slegs doen wanneer hy van diens af is. Wanneer hy veronderstel is om te werk, mag hy nie staak nie, maar as sy skof klaar is, mag hy staak en betoog soveel as wat hy wil.

Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Twent One Pilots met Heathens en Lil Wayne met Sucker for pain en TATU met Not Gonna get us.

Dit was Twent One Pilots met Heathens en Lil Wayne met Sucker for pain en TATU met Not Gonna get us en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die musiekbreek het ek aan jou gese dat `n polisiebeampte wel mag staak as hy van diens af is.

Wat is die rede vir die polisiebeamptes se ongelukkigheid?

In Maart het die Nasionale Kommissaris en die Minister van Polisie die lede va 2 eenhede net bevorder omdat hulle lede van hierdie eenhede was. Dis egter onregverdig aangesien hierdie eenhede nie misdaad beveg of werklik polisiewerk doen nie. Die gevolg was dat lede wie 6 maande diens gehad het net tot sersant bevorder is en dat daar selfs lede met 2 jaar diens na A/O bevorder is. Dis onregverdig teenoor die lede op die grond wie werklik die publiek beskerm en misdaad beveg wie al 10 en 20 jaar op hulle range vas staan en net oorgesien word. Dit het hierdie lede laat rooi sien en het gese genoeg is genoeg. Is die staking geoorloof. Ek sou se ja, maar dis nie geoorloof vir aan diens polisiebeamptes om te staak nie.

Wat is die impak van die staking.

Landwyd nie veel nie. Die meeste lede daag op vir diens. Daar is `n handjievol wat die stelsel getoets het en by die huise gebly het en wie afsiek geboek het en wie selfs na die PK kantore geloop het met petiesieskrifte ens. Hierdie lede is almal afgedank. Verder gaan dienslewering aan soos normaal. Die groot vraag is wat gaan gebeur tydens die verkiesing. Hopelik ook niks nie.

 

Tyd om tot siens te se en ek speel uit met Tiesto se Adagio for strings.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

 

Be the first to comment

Leave a Reply