Potgooi – Nuus &  Weer 6 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 6 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Die gedeeltelike lening van R7 miljard  wat deur Sjina uitbetaal moes word aan Eskom,  is klaarblyklik  nie gedoen nie uit vrese dat die geld gebruik sou word om salarisse te betaal. Die kommer is glo uitgespreek dat Eskom diesel sou koop en die dag-tot-dag verpligtinge daarmee sou nakom. Sjina het ‘n R33 miljard as lening beloof met die veronderstelling dat die fondse gebruik word om Kusile  en Medupi kragstasies te voltooi. Eskom is nou in diep waters weens die toestand van hul huidige kragstasies wat nie in stand gehou is nie, terwyl die nuwe kragstasies nie funksioneer soos verwag is nie. Om die twee nuwe kragsentrale te hersien tot wat dit moes wees, gaan miljarde Rand kos, en indien die Sjinese nie sekerheid het dat die lening daarvoor aangewend sal word nie, sal dit nie uitbetaal word nie.

Dit het intussen bekend geword dat Eskom R47 miljard  spandeer het op diesel die afgelope 10 jaar ten einde krag te voorsien omdat instandhouding op kragstasies nie gedoen is nie..

Dit blyk dat die land en spesifiek Transvaal gespaar is van verdere probleme in die onderwys sektor met die bedanking van Panyaza Lesufi as die LUK van onderwys.  Sy termyn was gekenmerk deur blatante aanvalle op Afrikaans sprekende skole en hul taal- en toelatings beleid. Opvoedkundiges sê die provinsie is baie beter daaraan toe met sy vertrek. Politieke ontleders vra of hy nie ‘n pos by Ramaphosa gaan ontvang na die verkiesing nie?.Die onderwys in Suid-Afrika se openbare skole is in ’n haglike posisie, en ’n baie sterk en goed gekwalifiseerde span is nodig om die onderwys reg te ruk, maar die vooruitsigte lyk nie goed nie, en daarom in privaatskole die enigste oplossing.

Terwyl miljoene onwettige uit Afrika lande reeds in Suid Afrika is wil die ANC president van die land alle grense in Afrika “oopgooi”.Hy reken dit is om toerisme te bevorder aangesien visum vereistes voorkom dat toeriste uit Afrika die land besoek. Sy onkunde rondom toerisme syfers en diegene wat die land besoek is duidelik as daar gekyk word na watter lande se toeriste werklik Suid Afrika besoek en geld hier spandeer. Europa en die VSA  is van die lande wat toeriste oplewer  wat werklik die land besoek en geld hier spandeer tydens die vakansies.

Die Afrikane stroom die land binne om hier te kom teer op die voorspoed van ander, se led van die opposisie, maar dit maak glo geen indruk op die president nie.

Die Mededingingskommissie het die oorname van Merchantile Bank deur Capitec Bank goedgekeur sonder enige voorwaarde.  Dit beteken dat Capitec nou ook die besigheids bank mark betree.  Die oorname het Capitec R3,2 miljard gekos.

Ondersoek word gedoen na inligting verkry is dat Eskom meer as R47 miljard spandeer het aan diesel om die ligte aan te hou.  Eskom weier om die name bekend te maak weens  “vertroulike”  klousules in die ooreenkomste, maar bewerings word gemaak dat ‘n tandarts, ‘n skoonheid deskundige en “iemand” vanuit ‘n kopieë en druk bedryf in Johannesburg van die verskaffers was.

Die staking deur munisipale werkers in Durban en die gepaardgaande vernielsug van die werkers het eiendoms beskadiging van R3,5 miljoen te weeg gebring.

Berigte die naweek toon dat ‘n maatskappy aan wie  tenders ter waarde van miljoene rand toegeken, gepaard gaan met ’n “bonusse”  aan Jessie Duarte, die ANC se adjunk-generaal se seun en familie lede.  Die bonusse het glo verseker dat tenders by staats entiteite verseker is ter waarde van miljoene rande.

Geregistreerde kiesers wat nie komende Woensdag in die algemene verkiesing kan gaan stem nie, sal vandag en môre landwyd spesiale stemme kan uitbring, indien hulle vooraf daarvoor geregistreer het. Verkiesingsbeamptes sal by stemlokale ontplooi wees wat om negeuur soggens open en weer om vyfuur die middag sluit. Kiesers wat weens fisiese redes nie by stemlokale kan gaan stem nie, sal tuis besoek word. Die grootste aantal spesiale stemme sal in die Oos-Kaap uitgebring word.

Wetstoepassers in Kaapstad het bykomende magte ontvang om die veiligheid van gemeenskappe in die Metrogebied te verseker. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, J.P Smith, sê wetstoepassers van die stadsraad kan nou mense in hegtenis neem vir die verskaffing, besit en verspreiding van alkohol asook alle verkeersverwante oortredings. Hy sê daar is reeds van 2016 af pogings aangewend om die magte van munisipale wetstoepassers uit te brei.

Die eienaars van ‘n aanleg- en masjienverhuringsmaatskappy in Montclair in Durban, sê tussen 80 en 90 van hul voertuie is beskadig nadat die wal van ‘n opgaardam in Mobeni in die suide van stad meegegee het. Dit het omvattende skade aan aangrensende eiendom aangerig. Talle paaie langs die Higginson-hoofweg moes ook gesluit word. Die eienaar van die onderneming, Collin Naidoo, sê dit gaan lank neem om die skade te herstel. Hy sê hulle is in gesprek met hul versekeringsmaatskappy oor ‘n oplossing.

Bron: Die Vryburger

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 14 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 16 Max 33

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 18 Max 29

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 26

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 15 Max 28

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 15 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 14 Max 25

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 28

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reën plek plek met ‘n Min 22 Max 27

Oos-LondonBewolk  met ligte reën met ‘n Min 13 Max 21

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met met matige tot swaar reën met ‘n Min 14 Max 19

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend en later ‘n bietjie warmer met ‘n Min 11 Max 24

 

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp pf epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by  cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor Bedryf jy jou eie besigheid? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om n omroeper te wees? Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin.

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

Be the first to comment

Leave a Reply