Potgooi – Nuus &  Weer 7 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 7 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 Veiligheidsmaatreëls is verskerp in Vuwani en omliggende gebiede in Limpopo waar die Pro-Makhado-taakspan beplan om vandag die gebied tot stilstand te bring. Die taakspan dreig om die verkiesing te boikot indien die regering nie voldoen aan hulle eis om deel te vorm van die Makhado-munisipaliteit en nié die Collins Chabane-munisipaliteit nie.

Reënweer in die Oos-Kaap kan daartoe lei dat amptenare van die Verkiesingskommissie bykomende maatreëls moet tref om vandag by al die kiesers uit te kom wat aansoek gedoen het om spesiale stemme uit te bring. Reën het gister uitgesak in die Afred Nzo en die OR Tambo distrikte en by Mazeppabaai aan die Wildekus het ‘n rivier sy oewers oorstroom.

Die Johannesburgse metropolisie sê drieduisend beamptes sal ontplooi word om te verseker dat die verkiesing Woensdag vlot verloop in die stad.

Agt mense is dood en verskeie is beseer in ‘n busongeluk op die N1 by Louis Trichardt in Limpopo.

Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapveiligheid, Alan Winde, sê die hoë voorkoms van moord in die provinsie, regverdig die besluit om ‘n interdepartementele geskil met die nasionale minister van Polisie, Bheki Cele te verklaar oor die wanbestuur van polisiehulpbronne. Winde sê volgens sy inligting is meer as 300 mense in April in die provinsie vermoor. Hy sê die afgelope ses maande is bykans tweeduisend moorde aangemeld. Winde sê pogings om Cele oor te haal om in te gryp, het niks opgelewer nie.

Die Amerikaanse president, Donald Trump se dreigement dat hy invoertariewe op Chinese goedere van 10 persent tot 25 gaan verhoog, het opnuut vrese laat ontstaan oor ‘n grootskaalse handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë.

Die Verenigde Nasies het ‘n verdoemende verslag uitgereik oor die vernietigende uitwerking wat die mens op die natuur het.

Die nuut aangestelde hoof van die SA Inkomstediens, Edward Kieswetter, het verlede week in sy nuwe werk begin, en het na aanleiding van gerugte, besluit om ondersoek in te stel na onwettige sigaret handel.

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het ‘n skrywe gerig aan Ramaphosa waarin sy vra dat hy tussenbeide moet tree in haar stryd teen Pravin Gordhan.  Sy beskuldig die minster daarvan dat hy inmeng in haar ondersoeke en sy gedrag help haar nie om haar onafhanklikheid en onpartydigheid te behou nie.

Voordat spesiale stemme uitgebring kon word het die eerste probleem opgeduik in Tzaneen toe stembrief houers in die straat gevind is. Die OVK kon nie verduidelik hoe die houers daar beland het nie.  Intussen dreig werkers van die OVK met ‘n staking indien hul nie meer betaal gaan word nie.

Ten spyte daarvan dat BlackLandFirst (BLF) ‘n hofbevel teen  sy “Land or Death” leuse gekry het,  bly die beweging staan by die leuse en gaan glo appel aanteken teen die hofbevel.

Die adjunk-president van BLF, ene Zanele Lwana verklaar dat hul nie om verskoning gaan vra vir die slagspreuk of dit gaan verwyder van baniere en T-hemde nie.

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 16 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 15 Max 28

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 24

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 26

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 26

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 28

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 23 Max 27

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 15 Max 25

Upington –      Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reënbuie met tye met ‘n Min 22 Max 32

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 19

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en kpoel in die oggend met Ligte reënbuie met ‘n Min 12 Max 19

Sutherland – Bewolk met reënbuie en koud in die oggend en later ‘n bietjie warmer met ‘n Min 11 Max 24

 

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp pf epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos  gaan ook na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by  cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

 

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor

Bedryf jy jou eie besigheid?

Het jy n interresante stokperdjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my Corrie en ek help jou om jou eie program op Radio te begin.

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy
16:00 – Woordkunsuurtjie met Corrie
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

 

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/


 

Be the first to comment

Leave a Reply