Potgooi – Nuus &  Weer 9 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 9 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

 

Protes in Durban, Plettenbergbaai en Khayalitsha was een van die kenmerke van gister se stemmery, en getuig van ontevredenheid met die politieke leiers van die land. In Noord-Wes is mense gearresteer wat die OVK president se motor aan die brand gesteek het.

Verkiesings materiaal is beskadig en ‘n polisievoertuig is met klippe bestook. By Holpan naby Kimberley moes polisie die opstokers wat probeer het om voornemende stemmers voor te keer, met rubber koeëls uitmekaar jaag.

Mandela se agterkleinseun het vir BLF gestem aangesien hy “nie van blankes hou” nie. Hy het ook op die sosiale netwerk  gepoog om die leuse “one settler, one bullet” te plaas maar is glo verhoed om dit te doen.

Twaalf verdagtes is naby Breyten in hegtenis geneem terwyl hul besig was om bykans 200 beeste te steel. Twee vragmotors met die gesteelde vee is gevind op ‘n plaas terwyl die verdagtes besig was om ‘n derde vrag te laai.  Die waarde van die vee word op R3,1 miljoen geskat.

Die verloopte FW de Klerk se misplaaste uitlatings laat mens verstom staan.  Op verkiesingsdag 2019 maak hy die uitlating:  “ as die  ANC die verkiesing wen en Ramaphosa kom sy beloftes na  dan sal dit beter gaan in Suid Afrika” De Klerk as ’n bedenklike politikus, wat kiesers belieg en bedrieg het,  behoort te weet dat geen politikus hom hou by sy verkiesingsbeloftes nie.

 

Die radikale EFF het beweer dat die regering se ANC lede hulleself “georganiseer” het om twee keer te stem in Wes-Transvaal. Die Malema-groep het in ’n verklaring gesê hulle verwerp die optrede van die ANC met hulle ondersteuners se optrede om na hulle gestem het, ook by ’n tweede stemlokaal te gaan stem. gestem het, sê hulle kon die ink kort nadat hulle gestem het verwyder om maklik weer te gaan stem.

Terwyl Eskom spartel om nog meer skuld te maak met lenings sodat hy staande kan bly, het die mense van die Noord-Kaap groot verligting gekry wat beurtkrag van hulle voordeur sal weghou. ’n Sonplaas is opgerig naby Kathu in die Noord-Kaap wat ’n gemiddelde elektriese krag kan lewer van 100MW, wat sowat 179,000 huishoudings ononderbroke van krag sal voorsien.

 

Die Minister van Vervoer, Blade Nzimande, sê dit is nog onduidelik watter koers die ANC regime gaan inslaan met die kontroversiële e-tol paaie, wat veral in Transvaal opgerig is. Nzimande reken die ongewilde e-tol stelsel wat deur die meerderheid motoriste in Sentraal Transvaal geïgnoreer word, was nie ’n sleutelpunt tydens die verkiesingsveldtog nie.

Landbouleiers en nyweraars het nou uit vrees hulle hoop gvestig op ’n 60% steun vir die ANC sodat die party sy omstrede grondgryp program kan uitvoer en die onsekerheid kan uitskakel. Die landbouers is erg bekommerd oor hoe die ANC president, Cyril Ramaphosa, die grondgryp program gaan deurvoer, en vrees die moontlikheid dat hulle agtergelaat kan word met ’n onekonomiese eenheid. Ramaphosa het die kiesers van die land belowe dat grondhervorming (grondgryp) sonder vergoeding deurgevoer gaan word, ongeag wat die land se Grondwet bepaal.

Terwyl niemand bereid is om betrokke te raak in die ontginning van olie in die oorloggeteisterde Soedan nie, het Suid-Afrika besluit om $1 miljard (sowat R14 miljard) te belê in die bedryf.

Twee verdagtes is gearresteer na die moord op mnr. Johan Fourie (30) van Ga-Nala. Die verdagtes het vandag in Kriel Landdroshof verskyn. Fourie is op 1 Mei kort na middernag by ’n plaaslike vulstasie met ’n onbekende voorwerp doodgesteek. Dit is nog nie duidelik wat aanleiding tot die voorval gegee het nie.

Veertig mense word in Brittanje ondersoek in verband met bewerings van kindermolestering en uitbuiting in die dorp Rotherham in die noorde van Engeland. Die ondersoek vorm deel van ‘n wyer strafregtelike ondersoek nadat vasgestel is dat minstens duisend-400 kinders in die dorp tussen 1997 en 2013 seksueel misbruik is. Die nuwe bewerings is deur 13 slagoffers gemaak. Die 38 mans en twee vroue van tussen 29 en 53 jaar oud het almal borgtog gekry, of is vrygelaat hangende verdere ondersoek.

Die hooggeregshof in Johannesburg lewer na verwagting vandag uitspraak oor ‘n voormalige polisielid, Joao Jan Rodrigues, se aansoek dat vervolging gestaak word.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm later in die dag met ‘n Min 15 Max 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met swaar reën met tye met ‘n Min 14 Max 27

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 26

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 16 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 26

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 19

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 20

Durban – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 22

Upington –      Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 24

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 15 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en met ‘n Min 16 Max 19

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 3 Max 16

 

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp pf epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by  cathy@netradiosa.co.za

 

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor Bedryf jy jou eie besigheid? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om n omroeper te wees? Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin.

Geniet jou dag saam met ons met heerlike musiek wanneer daar nie lewendige programme op die lug is nie

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Maandag saam met Netradiosa

9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/


 

Be the first to comment

Leave a Reply