Potgooi – Uit die Hart van die Boer – 9 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Uit die Hart van die Boer – 9 Mei 2019

Aangebied deur Corrie Donderdae om 16h00

 

Luister weer

 

Uit die Hart van die Boer elke Donderdagmiddag om 4nm waar ons gesels oor alles van belang vir die Boer van Landbou voedselsekerheid tot die huidige toestande in die land.

 

 

 

 

 

 

Kennisgewing

 

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Vye Koffie

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Paar Voordele

  • Kafïene Vry.
  • Gluten Vry.
  • Vry van geprosseseerde suiker.
  • Vry van Laktose.
  • Vry van monosodium glutamaat.
  • Vry van chemikalië.
  • Vry van giftige insek doders.
  • Vy van nagemaakte kleurstowwe, geurmiddels, sulfar, en kaliumsorbaat.
  • Vry van skuldgevoel en bekommernis.
  • Die produk maak gebruik van vye wat nie geneties aangepas is nie.
  • Natuurlik vry van kunsmatig versadigde vetsure of lae-digtheid lipoprotien/slegte cholesterol
  • Uitstekende voedingswaarde en antitoksidante.
  • 100% gedroogde swart vye gerooster, gedroog en gemaal
  • Diabete en hipersensitiewe persone kan geniet koffie met oorleg van hul mediese praktisyn.
  • Geen sooibrand of oortollige maagsure nie – Vye is alkalies!
  • ‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

Kontak :

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

of direk bestel op ons winkel

Wintergewasse onder besproeiing

Riglyne ten opsigte van  sekere voordele, vereistes en beperkings wat in ag geneem moet word.

Koring
Koring het in die verlede by kontantgewasproduksie onder besproeiing ‘n integrale deel van ‘n gesonde wisselboustelsel uitgemaak. Die voorkoms van vrotpootjie kan die produsent noop om na alternatiewe gewasse soos hawer, gars of kanola te kyk. Koring is steeds ‘n gewas wat onder besproeiing goed presteer indien alle produksie beperkende faktore, opgelos is.

Valgetal bly steeds ‘n knelpunt en die produsent moet in sy beplanning sorg dra dat koring betyds gestroop kan word. Wat die proteïeninhoud aanbetref, moet daar moontlik ‘n aanpassing in die stadium van stikstof-bemestingtoediening aangebring word aangesien dit ‘n invloed op die proteïen kan hê.

Somer aartappels
Alhoewel aartappels ‘n somergewas is, word dit gewoonlik in die helfte van Augustus geplant en dit kompeteer dan met die wintergewasse om water en produksiekrediet.

Droë erte
Droë erte het in die winterseisoen baie goeie pryse gerealiseer.

Gars
Gars kan slegs in sekere silo’s wat spesiaal daarvoor ingerig is, ontvang en opgeberg word. Die gewas word ook slegs onder kontrak verbou.

Kanola
Dit is ‘n nuwe en vreemde gewas vir baie produsente.

Ekonomiese riglyne vir die komende seisoen
Om die bruto marge (marge bo gespesifiseerde koste) te kan bereken, moet die koste van die volgende insette bekend wees:

  • Saad en saadbehandelingmiddels.
  • Kunsmis en grondvrugbaarheidsinstandhouding.
  • Dieselverbruik, herstelwerkkoste en smeermiddels.
  • Onkruid- en plaagdoders.
  • Losarbeid benodig.
  • Oesversekering.
  • Kontrakwerk rakende sekere gespesialiseerde aksies wat uitgevoer moet word.
  • Rente op produksiekrediet vir die periode wat krediet gebruik word.
  • Koste verbonde aan die verskansing van grane soos die uitneem van putt en call opsies

Bron: Landbou weekblad  – Thys Grobbelaar


 

Be the first to comment

Leave a Reply