Potgooi – Nuus &  Weer 10 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 10 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer

 

 

 

 

 

 

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Vanaf 6 uur vanoggend is daar protes optogte by die Kusile kragstasie in Mapumalanga. Die ingange word blokeer wat veroorsaak dat die verkeer ophoop op die volgende paaie:

N4 van Witbank en Kusile opgehoop by Balmoral afrit tot sover as die afrit na die N4

Die R545 in alle rigtings wat na die ingange lei.

Die D686 in alle rigtings wat na die ingange lei.

Veredere vertragings word verwag vermy die roetes waar moontlik alhoewel geen geweld opgemerk is nie.

Daar was gister ‘n plaasaanval in Schweizer Reneke, NW.  ‘n Onbekende aantal aanvallers het die plaashuis betree en na die slaapkamer gegaan. Die Boer kon daarin slag om skote af te vuur waarna die aanvallers op die vlug geslaan het. “n Opvolg operasie is geloots maar geen een was tot dusver gearresteer in verband hiermee nie.

In die Vrystaat op die N3 Suid is ‘n buitelandse trokbetstuurder aangeval noord van Warden, die trok is aan die brand gesteek maar dei bestuurder is ingedeerd.

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die OVK se uitslagsentrum in Pretoria besoek, te midde van stemme wat steeds landwyd getel word. A

’n Politieke ontleder het gesê die ANC sal waarskynlik 58% van die stemme op hom verenig, wat aansienlik minder is as wat in 2014 behaal is.

Produksie van goud het elke maand die afgelope 18 maande gedaal. SA was die wêreld se grootste produsent van goud maar stakings, arbeids geskille asook politieke onsekerheid is van die grootste faktore wat die omset laat daal het .  AngloGold Ashanti het intussen aangekondig dat hul beplan om hul goudmyne in SA te verkoop.

Kaptein Busisiwe Linda Dyani het in die Stellenbosch  landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog,  vervalsing en uitgifte.   Sy het na bewering ‘n vals vuurwapen lisensie by ‘n wapenhandelaar aangebied om ‘n Musgrave Jaggeweer, wat sy bestel het,  in besit te neem. Sy is op R2000 borg vrygelaat.

Met die talle berigte van verkiesingsbedrog, is dit ’n uitgemaakte saak dat die 2019 verkiesing beslis nie vry en regverdig verklaar kan word nie. Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat berigte van ongerymdhede in die pers verskyn het.

’n Parlementslid van Cope, Deidre Carter sê sy kon binne een uur, vyf ker gaan stem het, en op die sosiale netwerk het verskeie mense gesê hulle kon net na hulle gestem het, die ink van hulle vinger afvee. In talle stemlokale was glo geen ink beskikbaar nie, en daar is ook gevalle aangemeld van mense wat betrap is dat hulle meer as een keer gestem het.

Die ANC het nou sowat sesmiljoen-843-duisend van die stemme landwyd, wat ‘n stempersentasie van net meer as 57-persent is. Tot dusver is 75-komma-vier-nege persent van die stemme regdeur die land getel. Die DA het volgens die OVK se uitslagsentrum meer as tweemiljoen-seshonderdduisend van die steun, wat 21-komma-agt-drie-persent verteenwoordig. Die EFF het net meer as eenmiljoen-206-duisend stemme wat gelyk is aan 10-komma-nul-agt-persent. Bykans 88-persent van die stemme is reeds in Mpumalanga getel. Die ANC loop in die stadium voor met 69 persent gevolg deur die EFF met 13 persent en nege persent vir die DA. Die Vryheidsfront Plus het ook sterk groei getoon en tel onder die topvyf partye in die provinsie. Die EFF in Mpumalanga het vroeër gesê hy is gereed om die amptelike opposisie in die provinsie te wees, en sal sorg dat die ANC vir sy optrede aanspreeklik gehou word. Intussen het kleiner partye in Mpumalanga gevra dat die OVK die stemme in die provinsie oortel. Die partye kla dat daar ongerymdhede by sommige stemlokale was. Hulle het glo bewyse van die ongerymdhede, wat verband hou met verwyderbare ink, stembusse wat weggeraak het en die OVK wat erken dat daar probleme met hul stelsel in Mpumalanga was. Die stemtelproses in die Noord-Kaap het ‘n rukkie gelede op 97-komma-47-persent gestaan, met sowat 17 stemdistrikte wat nog uitstaande is. Dit is tans die amptelike syfer. Die kiesersopkoms was sowat 64-persent.

Politieke ontleders sê die ANC moet bekommerd wees oor sy dalende steun in die Noord-Kaap. Dit het aan die lig gekom dat stempatrone in die provinsie wesenlik verander het, met beduidende steun vir die EFF en die Vryheidsfront Plus wat vir die eerste keer ‘n setel in die provinsiale wetgewer gewen het. Die ANC het verwag dat hy meer as 60 persent-steun in die provinsie sal behaal. Sy steun het egter met sewe persent gekrimp.

‘n Verdagte wat vir die intimidasie van Samwu-lede in die Vhembe-distriksmunisipaliteit in Limpopo aangekeer is, sal vandag in die landdroshof op Thohoyandou verskyn. Die 27-jarige Thambo Sibanze het glo dreigboodskappe aan sommige Samwu-leiers gestuur. Die leiers het hul uitgespreek teen die munisipaliteit se belegging in die gelikwideerde VBS-bank. Sibanze is sedert sy inhegtenisneming twee maande gelede in aanhouding. Intussen is die moordenaars van twee senior Samwu-lede, Ronald Mani en Timson Musetsho nog op vrye voet.

‘n 38-jarige man verskyn vandag in die Stellenbosch-landdroshof op ‘n aanklag van poging tot moord, nadat hy oor ‘n veiligheidswag gery het en weggery het. Die voorval het by ‘n winkelsentrum op die dorp gebeur. Beeldmateriaal van die voorval is verlede maand op sosiale media versprei. Die verdagte het hom eindelik aan die polisie oorhandig. Die veiligheidswag het die voorval oorleef.

China sê vir die VSA om nog handelstariewe op Chinese invoere te hef, is nie ‘n oplossing vir die geskil tussen die twee moondhede nie. China en Amerika voer tans samesprekings om die handelsgeskil op te los. China se hoofonderhandelaar, Liu He, het ‘n beroep gedoen vir rasionele gesprekvoering. Die VSA het vroeër aangekondig dat hy nog tariewe gaan hef op Chinese produkte van sowat 200 miljard dollar.

 

 

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 23

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 14 Max 25

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 23

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 21

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 23

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 22

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 24

Durban – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 23

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 24

Upington –      Gedeeltelik bewolk en warm later vandag met ‘n Min 16 Max 29

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 Max 23

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 6 Max 20

 

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11 – Kuiertyd met Cathy
13:00 – Tjailatyd met Arlene
17:00 – Menslief ek is Lief vir jou saam met Corrie
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers
20:00 – Musiekmandjie met DJ Uiltjie

Speel saam dis pret. Hy speel 10 -12 liedjies waarin woorde deel is van ‘n leidraad en jy moet ‘n sekere letter van die woord vat om aan die einde van die speletjie ‘n Pleknaam of iets dergliks te vorm

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/


 

Be the first to comment

Leave a Reply