Potgooi – Menslief ek is lief vir jou: Die uniekheid van menswees 10 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Menslief ek is lief vir jou: Die uniekheid van menswees 10 Mei 2019

Aangebied deur Corrie Maandae en Vrydae om 17:00 (CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Wat my verwonder van kleintyd af is die uniekheid van elke individu die uniekheid van elke mens se ervaring van die wêreld om hom ander mense, sy milieu, sy emosies, denke geloof ens. Dit het my weereens laat besef dat elke mens op aarde elkeen van die 7.5 biljoen mense wat huidiglik op ons planeet is in sy eie wêreldjie lewe.

Elke mens ervaar die lewe in sy eie wêreld wat tot stand gekom het deur sy omgewing waarin hy gebore is, sy gesin, kultuur, ervarings, opvoeding, skolasie, geloof, en alles wat met hom tot dusver gebeur het. Niemand op hierdie aardbol se omstandighede is presies dieselfde nie, niemand dink dieselfde of ervaar die lewe dieselfde nie nie eers ‘n identiese tweeling nie.

Elke mens het sy eie siening en sy eie preioriteite. Vir A is dit belangrik om ‘n skoon netjiese huis te hê en vir B is dit belangrik om te lees en sy kennis te verbreed en om huis skoon te maak is vir B ‘n mors van tyd.

A sal dan ook bevooroordeeld wees teenoor B omdat sy huis nie so skoon en netjies is soos syne nie en hy beskou B as lui en gemaksugtig maar hy besef nie dat skoonmaak nie ‘n preioriteit is vir B nie. B sal dalk weer bevooroordeeld wees teenoor A omdat A volgens hom dalk “dom” en onkundig is met sekere dinge in die wêreld en sy tyd mors met beuselagtighede soos om aanmekaar alles skoon en netjies te maak.

Indien Mark Twain, Albert Einstein en Steve Jobs en menig ander geniale uitvinders se preioriteit netjiese skoon vertrekke en lessenaars was sou ons vandag tegnologies gestrem gewees het en A nie daai stofsuier of matwasser besit het nie.

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply