Potgooi – Nuus & Weer 15 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 15 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Elvis Ramosebudi is skuldig bevind dat hy beplan het om Jacob Zuma en ander ANC hooggeplaastes wou vermoor. Hy het glo ’n lang lys name gehad van mense wat vermoor moes word, en hy het briewe uitgestuur met die bedoeling om moordenaars te vind. Hy is egter in die Johannesburgse Landdroshof skuldig bevind nadat die staat daarin geslaag het om uit te wys dat hy oor ’n lys name beskik wat almal vermoor moes word. Ramosebudi is sedert 2017 in aanhouding en in die uitspraak van die landdros word aangedui dat hy en sy kamerade ernstig is met die vermoording van Zuma, Ace Magashule en ander ANC leiers. Hy het ook so vêr gegaan as om briewe te stuur aan groot instansies waarin hy vra vir finansiële bystand om die mense te vermoor.

Die algemene verkiesing is verby, en nou is die eise van Eskom sodanig dat verbruikers die en skok na die ander gaan kry met elektrisiteit tarief verhogings. Munisipaliteite regoor die land gaan nou ’n 15,63% tarief aanpassing van Eskom kry nadat Nersa dit glo goedgekeur het.

Die dogter van wyle dr. Hendrik Verwoerd, se seun, dr. Wynand Boshoff, wat werksaam is in die Noord-Kaap, sit eersdaags in die parlement. Dr. Boshoff is ’n munisipale raadslid wat naweke op Orania deurbring, maar sal as verteenwoordiger van die Vryheidsfront Plus, eersdaags as parlementslid gesien word.

Die pas afgelope verkiesing het die sukkelende ekonomie nog ’n tree nader aan rommel status gedruk met die geweldige groot uitgawes wat politieke partye aangegaan het. Behalwe dat die belastingbetalers moes opdok vir die staat se uitgawes waarvan die bedrag onbekend is, maar wel miljoene beloop het, is die politieke partye se magsug weereens getoon. Die ANC het meer as een miljard spandeer in sy poging om die land se regeerder te bly, terwyl die ander 47 politieke partye gesamentlik net meer as een miljard rand spandeer het. Politieke ontleders reken die verkwisting het geen uitwerking getoon op wie ’n kiesers oortuig het om vir ’n ander party te stem nie, en daar het weinig veranderings plaasgevind behalwe dat die VF Plus sy posisie aansienlik verstewig het, en so ook die Malema party.

 

Die polisie in Noord-Transvaal is op soek na sewe verhoor afwagtende misdadigers wat ontsnap het die afgelope naweek. Die verdagtes het glo Saterdagnag uit die polisieselle ontsnap wat daarvan beskuldig word dat hulle plofstof by hulle gehad het wat intussen gekonfiskeer is. Onbevestigde berigte lui dat die misdadigers nnie uit die selle kon ontsnap sonder die hulp van iemand buit die selle nie. Van die aangehoudenes word as gevaarlik beskou, en sommige word ook aangekla vir wapen diefstal en gewapende roof.

2 Mans is gistermiddag in spitsverkeer met speelgoed pistool by ’n verkeerslig in Braamfontein met speelgoed pistool in hulle moter aangehou en is beveel om hulle selfone te oorhandig waarna die aanvallers met ontvangs van ‘n foon op die vlug geslaan het. Die mans was erg getraumatiseer deur die voorval.

Dertig vroue is by Botshabelo in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met bedrog. Die vroue het na bewering doktersbriewe uitgereik wat aandui dat mense kwalifiseer vir maatskaplike toelaes. Die slagoffers van die bedrogspul moes 200 rand betaal vir die diens

Die Zondo-kommisie van ondersoek na staatskaping hervat vanoggend sy sitting in Johannesburg wanneer die waarnemende groepshoof van Transnet, Mohammed Mahomedy getuienis sal lewer.

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om mense in sy kabinet aan te stel wat vertrou kan word vir hulle etiese leierskap en integriteit. Madonsela het die Aartsbiskop Thabo Makgoba-ontwikkelingstrust lesing by die Universiteit van die Wes-Kaap gelewer.

Die verhoor van die 19-jarige Xander Bylsma wat tereg staan vir die moord op twee meisies in die koshuis van die Hoërskool Stella, word vandag in die hooggeregshof in Mahikeng voortgesit. Die 17-jarige Sharnelle Hough en die 16-jarige Marna Engelbrecht is in Mei verlede jaar dood in die koshuis gevind.

Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Duduzane, verskyn vandag weer in die Randburg Landdroshof. Duduzane Zuma staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur. Hy word aangekla in verband met ‘n botsing in Februarie 2014 wat gelei het tot die dood van ‘n taxi-passasier.

 

Die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, is vol vertroue dat verdagtes in die rooftog Maandag by ‘n skool in Mamelodi, binnekort in hegtenis geneem sal word. Gister het die polise afgekom op ‘n voertuig wat in die rooftog by die Viva-stigting se skool in die gebied gebruik is. Die voertuig is naby die misdaadtoneel gevind. Mawela sê DNS-monsters word tans getoets. Die rowers het die besittings van 19 buitelandse studente en hulle dosente geroof wat die skool as deel van ‘n uitreikprogram besoek het. Twee mense is ook in die voorval gewond toe die rowers skote afgevuur het.

 

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 11 Max 25

Nelspruit – Sonnig en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 12 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 25

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 24

Vereeniging – Sonskyn met ‘n Min 15 Max 25

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 13 Max 26

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 12 Max 24

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 16 Max 26

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 20 Max 28

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en met ‘n Min 18 Max 23

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm later vandag met ‘n Min 18 Max 29

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel met reën plek plek met ‘n Min 15 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel met reën plek plek met ‘n Min 12 Max 19

Sutherland – Sonnig en koud in die oggend met ‘n Min 6 Max 22

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

 

 

 

 

 

‘n Paar Voordele

  • Kafïene Vry.
  • Gluten Vry.
  • Vry van geprosseseerde suiker.
  • Vry van Laktose.
  • Vry van monosodium glutamaat.
  • Vry van chemikalië.
  • Vry van giftige insek doders.
  • Vy van nagemaakte kleurstowwe, geurmiddels, sulfar, en kaliumsorbaat.
  • Vry van skuldgevoel en bekommernis.
  • Die produk maak gebruik van vye wat nie geneties aangepas is nie.
  • Natuurlik vry van kunsmatig versadigde vetsure of lae-digtheid lipoprotien/slegte cholesterol
  • Uitstekende voedingswaarde en antitoksidante.
  • 100% gedroogde swart vye gerooster, gedroog en gemaal
  • Diabete en hipersensitiewe persone kan geniet koffie met oorleg van hul mediese praktisyn.
  • Geen sooibrand of oortollige maagsure nie – Vye is alkalies!

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

 Kik HIER om op ons winkel te bestel

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers


 

Be the first to comment

Leave a Reply