Potgooi – Nuus &  Weer 16 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 16 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik op die skakel om weer te luister

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Kort nadat verskeie nyweraars en mynhuise aangekondig het dat hulle selfvoorsienend wil raak met die beskikbaarheid van elektrisiteit, het die ANC se Minister van Energie dadelik die gaping geneem om Eskom te help. Minister Jeff Radebe het glo nou “die weg gebaan” dat privaat instansies krag mag opwek wat opgeneem sal word in die Eskom netwerk, maar sulke instansies moet eers registreer as krag opwekkers.

Twee voormalige beamptes van die Fidelity sekuriteitsmaatskappy word aangekla van diefstal waarby sowat R1,9 miljoen betrokke is. Die twee diewe het Maandag in die hof verskyn in Noord-Transvaal vir hulle aandeel in die diefstal van geld wat ingesamel moes word van instansies. Die twee het as beamptes geld afgehaal by maatskappye wat ’n kontrak het met Fidelity, maar instede dat die geld inbetaal word, het hulle dit vir hulleself gehou.

Suid-Afrika het genoeg water om die inwoners deur die wintermaande te voorsien, maar dan moet dit spaarsaam gebruik word is die mening van die ANC regering se woordvoerder wat ook sê die water is voldoende om aan die behoeftes te voorsien gedurende die komende droë maand van die jaar.

Kenners is egter baie meer bekommerd oor die water voorraad ’n sê die erge besoedeling in die opgaardamme van die land maak die beskikbaarheid veel minder as wat in die damme is.

Damme se watervlakke wissel van 75% vol maar die vinnige daling van meer as 6% gedurende een week, laat rooiligte flikker.

Die munisipaliteit wat deesdae bekend is as die “JB Marks Munisipaliteit”, is glo die sentrale punt van korrupsie en word nou onder administrasie geplaas.

Die provinsiale owerheid in Wes Transvaal van die ANC neem die administrasie en bestuur oor te midde van die linksgesinde DA se besware teen die stap.

Die JB Marks munisipaliteit, wat Ventersdorp en Potchefstroom insluit, gaan gebuk onder nog ’n korrupsie skandaal wat verband hou met tender toekennings.

’n Sportstadion is glo opgradeer ten bedrae van R45 miljoen, maar die opgradering wat gedoen is sluit slegs die oprigting van een toilet in.

Die Mededingingstribunaal het Capitec Bank se verkryging van Mercantile Bank, wat in Portugese besit is, goedgekeur.

Opruimingswerk het deur die nag voortgegaan ná ‘n reuse dieselstorting gister by die SAUK se Radiopark gebou in Aucklandpark.

Die Noordwes provinsiale regering het ingegryp by nog sewe munisipaliteite in die provinsie. Vyftien van die 21 munisipaliteite in Noordwes is nou onder administrasie.

Die onderwysvakbond, Natu, het die regering geroskam omdat hy nie werk in die onderwyssektor skep nie. Statistieke Suid-Afrika het vroeër die week bekend gemaak dat die werkloosheidskoers tot 27 komma ses persent gestyg het.

Die ANC-raadslid aan die Rand-West munisipaliteit wie se huis die afgelope naweek aan die brand gesteek is, het in die Leratong hospitaal aan sy wonde beswyk. Festus Mathsogo se huis in Sondag met petrolbomme aangeval en hy het ernstige brandwonde opgedoen. D

Die vermeende baas van die onderwêreld, Nafiz Modack, en sy ma, Ruwaida, verskyn weer vandag in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van korrupsie. Die twee het hul verlede week aan die Valke oorgegee. Dit volg ná ‘n lang ondersoek oor hul beweerde korrupte verhouding met ‘n voormalige polisiebeampte.

Die DA gaan vandag in Kaapstad hul verkiesingsoorwinning vier en hul ondersteuners bedank. Die DA sê hy gaan hard werk om die provinsie meer inklusief vir almal te maak. Tydens die geleentheid sal die verkose Wes-Kaapse premier, Alan Winde, die party se provinsiale leier, Bonginkosi Madikizela en ander partyverteenwoordigers hul ondersteuners toespreek.

Masels-virus bestry kanker. Oral oor die wereld is daar nou weer berigte dat die kindersiekte, masels, epidemiese afmetings aanneem. In New York waar daar slegs 75 gevalle van die kindersiekte is waarvan die grootste gedeelte onder onwettige immigrante uitgebreek het, word dit ook ‘n epidemie genoem. Dus moet daar nou weer inentingsveldtogte van stapel gestuur word.

Navorsers verbonde aan die invloedryke Mayo-kliniek in Amerika meen egter dat daar weer ‘n keer gedink moet word voordat die bekende kindersiekte uitgeroei word.

Dr. Angela Dispenzieri van die kliniek het uitgevind dat die virus kanker beveg en in een geval ‘n gewas so groot soos ‘n gholfbal in 36 uur vernietig het.

 

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 10 Max 27

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar baie warm later met ‘n Min 12 Max 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 19 Max 28

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 23

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 25

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 27

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend maar warmer later met ‘n Min 12 Max 24

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 27

Durban – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye met ‘n Min 21 Max 24

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en met ‘n Min 17 Max 22

Upington –      Gedeeltelik bewolk en baie warm later vandag met ‘n Min 17 Max 30

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel met reën plek plek met ‘n Min 15 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel met ‘n Min 12 Max 20

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 7 Max 22

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Paar Voordele

  • Kafïene Vry.
  • Gluten Vry.
  • Vry van geprosseseerde suiker.
  • Vry van Laktose.
  • Vry van monosodium glutamaat.
  • Vry van chemikalië.
  • Vry van giftige insek doders.
  • Vy van nagemaakte kleurstowwe, geurmiddels, sulfar, en kaliumsorbaat.
  • Vry van skuldgevoel en bekommernis.
  • Die produk maak gebruik van vye wat nie geneties aangepas is nie.
  • Natuurlik vry van kunsmatig versadigde vetsure of lae-digtheid lipoprotien/slegte cholesterol
  • Uitstekende voedingswaarde en antitoksidante.
  • 100% gedroogde swart vye gerooster, gedroog en gemaal
  • Diabete en hipersensitiewe persone kan geniet koffie met oorleg van hul mediese praktisyn.
  • Geen sooibrand of oortollige maagsure nie – Vye is alkalies!

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

of bestel direk op ons aanlyn winkel

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

16:00 – Uit die Hart van die Boer saam Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers


 

Be the first to comment

Leave a Reply