Potgooi – Nuus &  Weer 27 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 27 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Sekere vraestelle van die Mei/Junie eksamens by Unisa het in die hande van studente beland voor die eksamen.  Menslike wetenskappe, Ekonomie- en Bestuur wetenskap asook Rekeningkunde vraestelle het uitgelek.  Die polisie is ingeroep om die voorvalle te ondersoek. Reeds in 2013 is 12,000 studente beïnvloed toe vraestelle op die ope mark verkoop is. Die segspersoon van Unisa het studente versoek om nie oneerlik op te tree nie, maar gerugte vlieg rond dat van die vraestelle sommer op die internet se sosiale netwerk beland het..

’n Vrou van Johannesburg is gearresteer nadat sy betrap is van die onwettige krag koppeling wat sy gemaak het toe die munisipaliteit die toevoer afgesny het. Die vrou se kragtoevoer is afgesny weens wanbetaling van ’n rekening wat reeds R91,000 beloop het. Elke keer as die krag afgesny word, is sy met behulp van ’n munisipale werker weer op ’n ander manier van krag voorsien. Die vrou is op borgtog van R2,000 vrygelaat, en sal weer op 4 Junie in die hof verskyn op aanklag van diefstal. Intussen is vasgestel dat talle onwettige koppelings deur mense in lokasies en plakkerskampe verantwoordelik is vir miljoene rand se verliese aan munisipaliteite.

‘n Kontrak on heinings en inligtingstelsels by gevangenisse te installeer het van R477 miljoen verhoog tot R1,5 miljard. Die Spesiale Ondersoek Eenheid is tans besig om die drastiese vermeerdering in koste te ondersoek aangesien tender prosedures gesystap is met die toekenning van verandering in die kontrak. Vreemd egter dat die ondersoek reeds in September 2017 begin is en klaarblyklik eers in Junie 2019 voltooi sal wees. SA Fence and Gate, die kontrakteurs vir die projek, het aangedui dat daar gesoek word na ‘n oplossing vir die “probleem”.

‘n Korrektiewe beampte werksaam in Worcester,  is Saterdag gearresteer op beweerde klagtes van korrupsie en  besit van dwelms .

Die Universiteit van Port Elizabeth gaan al die koshuise  se name verander om lede van die terroriste beweging te vereer. Name soos Sarah Baarmnan, Solomon Mahlangu en Hector Pieterson sal nou op koshuise se naamborde pryk.

Plaaswerkers in Grabouw se staking duur reeds drie weke en werkers sê dat hul sal bly staak totdat daar aan hul eise voldoen word.  Hul eis ‘n salaris van R250 per dag  Dit beteken bykans R5,600 per maand. Enkel kwartiere moet ook omskep word in familie-eenhede

Phakamani Hadebe, die hoof van Eskom het bedank. Volgens hom het sy gesondheid gelei onder die eise wat sy pos aan hom gestel het.  Hy is die elfde bestuurder binne tien jaar.  Kenners meen daar is tans niemand binne die Eskom struktuur wat die pos kan vul en veranderinge teweeg kan bring nie.

Terwyl Ramaphosa belowe dat korrupsie uitgeroei sal word,  gaan sy amptenare ongestoord voort om hulself te verryk.  Agt buitelanders is saam met ‘n amptenaar van Binnelandse Sake gearresteer vir beweerde korrupsie rondom die uitreiking van paspoorte . Kontant, paspoorte, ID dokumente en loopfone is tydens die operasie in Atlantis gekonfiskeer.

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend maar warmer later met ‘n Min 10 Max 23

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend maar warmer later met ‘n Min 9 Max 24

Pretoria – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 12 Max 21

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 Max 23

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend maar warmer later met ‘n Min 10 Max 21

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 19 Max 25

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 24

Upington –    Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie met ‘n Min 16 Max 18

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ligte reën ‘n Min 17 Max 19

Sutherland – Bewolk en koud met ‘n Min 4 Max 16

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

 

 

 

 

 

Bio Imunne  & Bio fit

Bio-Fit™(formerly known as Bio-Liposuction) is a weight-loss product with a combination of 10 powerful herbal extracts and phyto-nutrients that aid to:

 

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

Of bestel dit direk op ons winkel

 

 

 

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply