Potgooi – Nuus &  Weer 28 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 28 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

In die laaste 24 uur is 6 trokke landswyd aan die brand gesteek. Een bestuurder is kwaai angerand en sy been gebreek deur ses mans voor sy trik aan die brand gesteek is

Kort na die moord op twee jongmense wie se voertuig sonder diesel gaan staan het op die N12 naby Benoni is nog ‘n man vermoor in ‘n plakkerskamp naby die N12 brug  in Benoni, oos van Johannesburg, Sondag aand

Mense in sommige dele van Bloemfontein kan hulle gereed maak vir wateronderbrekings vandag. Dit is weens ‘n klepvervanging by die Brandkop-reservoir. Die onderbreking is geskeduleer van agtuur vanoggend tot vieruur vanmiddag. Lae waterdruk sal voorkom in die woongebiede, Pellessier, Fauna- en Fichardtpark. ‘n Woordvoerder van die Mangaung-metro, Qondile Khedama, het inwoners, sakeondernemings, skole en verbruikers in die betrokke gebiede gevra om die nodige reëlings te tref, om water vooraf op te gaar vir kook en was. Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die ongerief.

‘n Tweede groot tornado het Dayton, Ohio getref met ‘n kwaai ramp tot gevolg aangesien die gebied dig bewoon is. Die Tornade beweeg Suid – Oos

Damvlakke in die Wes-Kaap het met 33 komma vyf persent gestyg, vergeleke met die 18 komma nege persent in dieselfde tyd verlede jaar. ‘n Woordvoerder vir die provinsiale Departement van Omgewingsake, James Brent-Styan, sê damme wat Kaapstad van water voorsien, staan tans op sowat 45 persent. Kapenaars word steeds versoek om water spaarsaam te gebruik.

Die ontsoutingsaanleg in Kaapstad se water toevoer uit die see word besoedel met Groenpunt se riool afval. Die seewater is na beraming 400%  meer besoedel as wat in die tender dokumente gespesifiseer was. Bykomende toerusting moes geïnstalleer word om die water te suiwer voordat dit ontsout kon word, en dit teen ‘n verdere R7 miljoen uitgawe. Die proses van ontsouting vind nog steeds nie plaas nie weens kontraktuele geskille tussen die stadsraad van Kaapstad en die konstruksie maatskappy QFS. ’n Dispuut het ontstaan oor betalings wat gemaak moes word aan die maatskappy in beheer van die aanleg, en het tot hewige woordewisseling gelei, terwyl die munisipaliteit ook nie bereid was om van die ontsoute seewater aan te koop nie.

Die Minister van Veiligheid, Dipuo Letstatsi Duba, se spesiale adviseur is afgedank. Bob Mahlangu is die tweede adviseur wat die deur gewys is aangesien Gibson Njenje ‘n paar weke gelede geskors is. ‘n Forensiese verslag het getoon dat daar finansiële wanbestuur en selfs kriminaliteit by die agentskap plaasgevind het.  Beide die twee “agente” is in 2005 geskors maar onder Jacob Zuma se bewind heraangestel. Meningsvormers het hulle kommer uitgespreek oor die metodes wat toegepas word in die aanstelling van mense in belangrik poste, en sê dit behoort gepaard te gaan met ’n deeglike ondersoek na die aansoekers se geskiedenis.

Die voorsitter van die Orania Beweging , Carel Boshoff , het bedank. Dit volg na verskeie klagtes teen Boshoff aanhangig gemaak is, onder andere vir die aankoop van ‘n Mercedes Benz motor en ‘n salaris verhoging van 45%  deur homself toegeken.  Die voertuig is intussen oorhandig aan die Orania Beweging. Hy gee egter drie ander redes aan vir sy bedanking nl. om plek te maak vir nuwe leiers, om sy eie persoonlike geleenthede te ontwikkel en die feit dat die struktuur van die Orania Beweging gaan verander. Talle Afrikaners het in die verlede gesê hulle weier om na die dorpie te gaan solank Boshoff in beheer is, en sy uittrede is allerweë gesien as ’n verrassing omdat die familie lank in beheer van die gebied was.

‘n Peiling het aan die lig gebring dat 5,3 miljoen Suid Afrikaners HIV-positief is.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal getuienis aanhoor van Tshiamo Sedumedi namens MNS Prokureurs wanneer verrigtinge vanoggend in Johannesburg hervat word. Die regsfirma is gevra om ondersoek in te stel na Transnet se tender om duisend-64 diesel- en elektriese lokomotiewe te bou. Transnet het na bewering 19 miljard rand verloor nadat die kostes van die tender van 39-miljard na 54-miljard rand toegeneem het. Gister het die voormalige Transnet-werknemer, Gerhard van der Westhuizen getuig dat ‘n konsultasieagentskap, Homix, meer as 36 miljoen rand in konsultasiegeld betaal is vir die beweerde fasilitering van ‘n meesterdiensooreenkoms tussen Transnet en Neotel.

 

Weer

 Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 23

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 25

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 23

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die ogged met ‘n Min 13 Max 20

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 24

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 23

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 12 Max 20

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 14 Max 22

Durban – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 24

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 18 Max 20

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 16 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 20

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ligte reënbuie ‘n Min 17 Max 18

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud met ‘n Min 3 Max 14

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

 

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

Bio Imunne  & Bio fit

Bio-Fit™(formerly known as Bio-Liposuction) is a weight-loss product with a combination of 10 powerful herbal extracts and phyto-nutrients that aid to:

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

Of bestel dit direk op ons winkel

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

16:00 – Woordkunsuurtjie met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply