Potgooi – Nuus &  Weer 29 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 29 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met gister se botsing op die N3 naby Vosloorus aan die Oosrand nie. Die dodetal het vanoggend tot tien gestyg, nadat ‘n persoon weens beserings in die hospitaal dood is. Digte rook as gevolg van ‘n veldbrand het vermoedelik tot die botsing tussen vier voertuie en vier vragmotors gelei waarin 20 mense beseer is. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

‘n Ondersoek toon dat gelde wat gesteel is van die VBS Bank gebruik is om die EFF se vierde verjaarsdag partytjie in Umlazi, Durban te befonds.  Dit is na bewering deel van die R 16 miljoen plus wat deur Brian Shivambu se maatskappy Sgameka Projects ontvang is. Die geld is later na die EFF oorgedra.

 

Die oponthoud van Cyril Ramaphosa om sy kabinet aan te kondig het die Rand verder laat verswak tot sy laagste vlak in ‘n maand. Eskom se onsekere toekoms speel ‘n verdere rol in die vertroue in die geldeenheid. Eskom se geldnood gaan weereens vereis dat die regering moet ingryp en geld inpomp in ‘n uitgediende “kragstasie”.

Dit is nie net in Pretoria waar die DA met die EFF ‘n koalisie aangaan nie maar Johannesburg word nou ook genoem as deel van die “vennootskap”. DA raadslede is reeds in kennis gestel deur die DA bestuur dat hulle poste in regerings- en raadskamer sal moet afstaan aan die rooi-brigade.

‘n Korrektiewe Dienste amptenaar, ‘n aspirant prokureur en twee ander verdagtes is gearresteer nadat hulle ‘n persoon se kredietkaart gesteel het en geld uit sy rekening onttrek het.

 Die EFF het die Ahmed Kathrada-stigting veroordeel omdat die Stigting die gemeenskap teen die Openbare Beskermer sou mobiliseer. Die EFF sê vrae oor die tydsberekening van die verslag is nie ter sprake nie. Die Kathrada-stigting het by ander burgerlike groepe aangesluit ter ondersteuning van die oproep dat Mkhwebane uit haar pos verwyder moet word. Die EFF sê die O.B het nie buite haar magte opgetree nie en dat Gordhan aanspreeklik gehou moet word vir wat hy verkeerd gedoen het.

Metrorail in die Wes-Kaap het begin met `n omvattende ondersoek nadat twee treinwaens aan die brand geslaan het toe die trein op die Kaapstadse stasie aangekom het. Twee waens is vernietig en `n derde beskadig. Bykans 150 treinwaens van sowat 500 miljoen rand is die afgelope drie jaar in brande tot niet. Niemand is in die jongste voorval beseer nie. Metrorail waarsku dat die brand treindienste kan beïnvloed. `n Woordvoerder, Riana Scott, sê platforms vyf en ses is weens die brand gesluit en kan vandag vertragings veroorsaak.

Die voorsitter van die ANC se integriteitskomitee, George Mashamba, het bevestig dat die komitee sy werk afgehandel het. Die kommissie sal vandagsy verslag aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee oorhandig. Die komitee het die afgelope paar dae die geleentheid geskep vir 20 ANC-lede om hul saak te stel oor aanklagte wat teen hulle aanhangig gemaak is. Mashamba sê die N.U.K sal die publiek inlig oor die uitslag van die integriteitskomitee se verslag.

 

Weer

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 24

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 9 Max 24

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 24

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 20

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 21

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 24

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie en koud in die oggend met ‘n Min 10 Max 20

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 13 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 22

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 15 Max 20

Upington –      Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 16 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 14 Max 23

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met matige reën met ‘n Min 14 Max 15

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud met ‘n Min 3 Max 13

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

Bio Imunne  & Bio fit

Bio-Fit™(formerly known as Bio-Liposuction) is a weight-loss product with a combination of 10 powerful herbal extracts and phyto-nutrients 

 

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

Of bestel dit direk op ons winkel

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

Be the first to comment

Leave a Reply