Potgooi – Nuus & Weer 30 Mei 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer 30 Mei 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

 

Nuus

 

‘n Ma 44 van 3 kinders wat voor haar kinders verkrag is tydens ‘n plaasaanval naby Hankey in die Oos-Kaap op 23 Maart 2018 sê sy sy sou nie hara aanvaller verkeerdelik kon identifiseer nie aangesien sy nie sy gesig sal kan vergeet nie.

Sebenzile Simane 32 het skuld ontken op aanklagte van huisbraak,roof, menseroof, ontvoering, verkrating, poging tot verkragting en die feit da thy ‘n kind gedwing het om ‘n seksuele oortredeing te aanskou, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie asook roof met verswarende omstandighede. Die saak duur voort.

Die druk op die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is besig om toe te neem.  Pravin Gordhan se openlike aanval op haar integriteit is reeds bekend.

Die vorige speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, wat allerweë beskou is as ’n ietwat onbekwame persoon vir die pos wat sy beklee het, se salaris beloop R2,825,470 per jaar, wat ’n maandelikse bedrag van meer as R235,000 beloop. Dan is daar nog die adjunk speaker wat ’n R1,977,795 per jaar huis toe dra wat maandeliks op sowat R165,000 per maand beloop. Die Vergadering se voorsitter, Sylvia Lucas, ontvang R1,882,488 per jaar, en dan kry die senior parlementslede R1,600,467 per jaar (R133,000 p md) en die jonger parlementslede R121,251 per maand.Dit beteken dat meer as R50 miljoen per maand aan die 400 parlementslede betaal word.

 President Cyril Ramaphosa se uitvoerende gesag vir die sesde parlement word vandag by die presidensiële gastehuis in Pretoria in hul ampte beëedig. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sal die seremonie waarneem. Die president het gisteraand by die Uniegebou sy kabinet en adjunk-ministers aangekondig. Die ministeries is van 36 tot 28 verminder, terwyl David Mabuza weer die adjunk-president van die land is. Vir die eerste keer sedert 1994 bestaan die helfte van die nuwe uitvoerende gesag uit vroue. President Ramaphosa sê hulle sal alles moontlik doen om Suid-Afrikaners met ywer te dien.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê brandstigting op treine bedreig die lewens en die bestaan van inwoners. Dit volg na nog ‘n voorval op die Kaapstad-stasie waarin twee rytuie in ‘n brand verwoes is. Bykans 190 rytuie is die afgelope vier jaar verwoes en die skade word op op meer as 550 miljoen rand beraam. Winde sê voorvalle van brandstigting het ‘n invloed op die hele spoorwegstelsel sowel as die ekonomie. Hy sê die Departement van Gemeenskapsveiligheid bied ‘n beloning van 100-duisend rand aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die brandstigters sal lei.

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het ‘n provinsiale verklaring onderteken as deel van die proses om geld te bekom om plaaslike regerings te help om beskadigde infrastruktuur te herstel. Dit volg nadat groot dele van die Alfred Nzo en OR Tambo-distrikte in die onlangse oorstromings beskadig is. Die nuwe uitvoerende raad het in Port Alfred ook vier komitees aangestel ontwikkeling in die provinsie te prioritiseer. ‘n Woordvoerder van die premier sê dit sluit ‘n regering, administrasie, maatskaplike transformasie en ‘n begrotingskomitee in.

Die Verenigde Nasies het die internasionale Dekade van Familieboerdery-projekte by die hoofkantoor van die Voedsel en Landbou-organisasie in Rome in Italië bekendgestel. Die inisiatief is gegrond op sewe beginsels wat daarop fokus om die jeug en vroue meer betrokke by familieboerderye te maak. Regerings regoor die wêreld sal ook gevra word om beleid te skep wat gunstiger teenoor familieboerderye is. Volgens statistiek is meer as 90 persent van alle boere wêreldwyd familieboere. Die President van die Wêreldlandbou-organisasie, Theo de Jager, sê sekere beleidformulering plaas onnodige druk op familieboerderye in Afrika.

 

Weer

 Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 24

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 26

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 24

Johannesburg – Sonnig en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 20

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 22

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 11 Max 23

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en koud in die oggend met ‘n Min 8 Max 21

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 12 Max 23

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 22

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 26

Upington –      Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 27

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel in die oggend met ‘n Min 15 Max 19

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud met ‘n Min 8 Max 19

 

Nuut!!! – Coffee craft Vye Koffie – ‘n Gesonde kafïene vrye alternatief vir Koffie.

100g verpakking maak ongeveer 60 koppies koffie – R115

‘n Bonus is dat dit warm of koud geniet kan word.

Bio Imunne  & Bio fit

Bio-Fit™(formerly known as Bio-Liposuction) is a weight-loss product with a combination of 10 powerful herbal extracts and phyto-nutrients .

Kontak:  

Anton: 082 650 6878

Andre: 082 633 2920

Of bestel dit direk op ons winkel

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio of ‘n program wil borg – op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  selfs onder op die webwerf is daar ‘n WhatsApp teken klik daarop en stuur vir my ‘n boodskap met jou naam en die onderwerp wat ek direk sal kry en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en ek Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak vir my Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n boodskap met WhatsApp of epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir my of stuur vir Cathy ‘n e-pos vir ‘n kwotasie by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio wil hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

16h00 – Uit die Hart van die Boer saam met Corrie

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

of http://netradio.gq – werk op alles op die internet

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Skakels om na die Radio te luister

website: https://netradiosa.co.za/

http://netradio.gq

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

Be the first to comment

Leave a Reply