Wat Nou met William 2019-06-01

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

WAT NOU:1-7 Junie 2019

Goeie more! Wham se Wake me up before you go go se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsakktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Nog `n week is verby met al sy probleme en oplossings wat daarmee saamgegaan het. Jy het slegte tye en goeie tye beleef en gehuil en gelag en nou is dit Saterdagoggend en jy wil vergeet van jou probleme en die suksesse vier. So die vraag is Wat Nou? En dis presies hoekom ek hier is om jou te help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. So gaan maak ontbyt en trek jou Dagboek en pen nader en kom kuier saam met my. Terwyl jy dit doen, gaan ek vir jou vir Coldplay met Hymn for the weekend en Viktor Koston se Big Room Mix en Imagine Dragons met Thunder speel.

Dit was Coldplay met Hymn for the weekend en Viktor Koston se Big Room Mix en Imagine Dragons met Thunder en ek is William met Wat Nou waar ek jou help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te

weer

Dis nou tyd vir die motorfiets en motorsportgeesdrifftiges om nader te skuif .

 

 

BIKERS RALLY’S

CENTURIONS MC VAAL -40TH BIRTHDAY BASH &NASH REUNION

Plek:  Shakespear straat

Cecil Oldridge Park

Vanderbijilpark

Wanneer:  1 Junie Heeldag

Kostes:  R60 per persoon – eerste 300 persone sal ‘n mooi aandenkbare sleutel houer ontvang

Ons nooi oud en jonk na die viering.  Daar is lekker kos stalletjies, speletjies en vermaak.  Musiek sal deur DJ Ben & Diamond dogs gemaak word.  Daar sal ook ‘n unike “pocket bike” te wen wees –  kaartjies word te koop aangebied op die geleentheid.

 

RUN FOR THE SON DAY JOL

Plek:  Die Olifant

T-juntion van R520 &Bronne Staat

Naboomspruit, Limpopo

Wanneer:  1 Junie

Kostes:  R80 per persoon per dag

R130 met kamp fasiliteite – onder 18 jariges gratis

 

Kom geniet die dag of aand as jy wil oor nag.  Daar is lekker baie speletjies, kinder vermaak, swembaddens.  Restuarante asook kos stalletjies en drank stalletjies beskikbaar.

 

NFC MCG – 19TH DAY JOL

Plek:  The Bunker

2 Moth Straat

Behind Willowmore, Benoni

 

Wanneer:  1 Junie vanaf 10 uur die oggend

Kostes:  R60 per persoon sluit badge in

Kom geniet die jol kinders is ook welkom.  Lekker lewendige vermaak.  Kos stalletjies, speletjies en pryse te wen.

 

IRON MAIDEN MC SOUTH COAS SMASHED DAY JOL

Plek:  Road Wizards klubhuis

65 Secker straat

Durban

Wanneer:  1 Junie vanaf 11 uur die oggend tot laat

Kostes:   R60 sluit materiaal badge

Kom geniet ‘n lekker jol kinders onder 12 jaar is gratis.  Daar is lekker pryse te wen.  Lekker Shooter en Kontant kroeg.   LEkker kos stalletjies en kinder vermaak.  Lekker musiek al wat ‘n saterdag kan lekker hou.

 

KIDS BLANKET RUN 2019 @ HARLEY-DAVIDSON

Plek:  Hele Suid Afrika

Wanneer:  2 Junie  vanaf 08:30 tot 2uur die middag

 

1..  Gauteng    Johannesburg & Pretoria- Harley Davidson voor 08:30

by Engen R21 Noord.  Die end punt is Menlyn Park Pretoria waar daar lekker lewedige vermaak is deur verskeie kunstenaars.

 

  1. Kaapstad – Harley-Davidson Tygervallei om 08:30

Daar sal ook lekker koffie en snack verskaf word met lewedige vermaak.

 

  1. Oos kaap – ontmoeting by Black Rock Rebels om 08:30.  Lekker rit is die end punt by Marques Sports bar waar daar ook lewendige vermaak aangebied word.
  2. Vrystaat – Bloemfontein – ontmoeting by Harley-davidson Bloemfontein

 

Kostes:  ‘n kombers

Alle biker groepe is welkom kom ons help komberse insamel vir die minder bevoorregte straat kinders.

 

CODED MCC PTY &CANSA

Plek:  Country Mountain Pub

Karel Trichard straat

Mountain view, Pretoria

Wanneer:  2 June vanaf 11 uur die oggend

Kostes:  R50 per persoon cut of kleur sprei ingesluit

R20 vir ‘n bord kos

Kom geniet die geleentheid

 

 

 LOCAL RALLYCROSS ROUND 4 & – SATURDAY

Plek:  Killarney Gardens

Milnerton

Wanneer:  1 Junie vanaf half 8 die oggend maak die hekke oop

Eerste resies 9uur die oggend

Kostes:  R100 per persoon, kinders onder 16 R40 en kinders onder 12 gratis

Kom geniet dit lekker lewendige musiek en pret vir die hele gesin.

FORMULA 1 PREPARES TO REV UP CAPE TOWN STREETS

Plek:  strate van die Moederstad

Kaapstad

Wanneeer:  2 Junie

David Couthard sal die bestuurder wees van Red bul se kar.  Hy is ‘n voormalige bestuurder van formule 1

 

 

Sjoe dis `n besige motorfietsweek wat voorle. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Rammstein se Feuer Frei en Golden Earring se Radar Love en Nickelback se Someday .

Dit was Rammstein se Feuer Frei en Golden Earring se Radar Love en Nickelback se Someday en ek is William met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die beurt van die sportgeesdriftiges.

 

FIETSRY

Geen fietsry geleenthede die naweke

 

 

KRIEKET

1 Junie   wereld beker England teen Suid- Afrika 7 uur die oggend

 

RUGBY

Rugby geesdriftiges skuif so bietjie nader

1 Junie    Sunwolves teen Brumbies – Prince Chichibu Memorial Stadium om 7:15

Chiefs teen Crusaders – ANZ National Stadium, Suva om 09:35

Reds teen Jaguares – Suncorp Stadium om 11:45

Sharks teen Hurricans – Jonsson Kings Park om 15:05

Lions teen Stormers –  Emirates Airlanes Park om 17:15

 

Dit is dan die sport. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Eminem se Venom en Taylor Swift met Bad Blood en Skylar Grey met Wreak Havoc.

Dit was Eminem se Venom en Taylor Swift met Bad Blood en Skylar Grey met Wreak Havoc en ek is William Munnik met Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Dis nou die tyd  om oor te gaan na die meer gekunstelde gedeelte van die program waar jy die groot punte by vroulief en die kinders verdien.

 

NORVAL FOUNDATION CONCERTS – JUNE 2019 EDITION

Plek:  4 Steenberg Straat

Tokai

Kaapstad

Wanneer:  2,15 & 29 Junie

Kostes:  R200 per persoon

R500 dan is daar ‘n ete voor die konsert ingesluit

Kom geniet die kans.  Lekker lewendige musiek.   ‘n lekker groot gallery spasie waar dit als plaasvind.  Daar sal internasonaal as ook provinsiaal se musiek wees.  Jazz, Rock Folk en klassiek

 

 

SIPHO HOTSTIX MAUSE – THE JOURNEY

Plek:  Rooi Teater by Soweto

h/v Bolani link en Bolani Straat, Jabulani

Soweto

Wanneer:  31 mei tot  1 Junie om 8 uur die aand

 

Kostes: R150 –  R500 per persoon

Kom geniet die konsert.  Gaste word op ‘n toer geneem. Mabuse sing Ameriankse styl, Zulu en Sotho

 

BAKGAT COUNTRY OPSKOP

Plek:  Grandwest

Kaapstad

Wanneer:  2 Junie om 15:00

Kostes:  R190 per persoon

Is  u lief vir Country musiek?  Moet die 8ste Bakgat country mis nie.  Lekker bekende musikante soos Lance James, Steve Hofmeyer, Juanita Du Plessis, Tommy Delle en Brandon Oberholzer

 

DIE CAMPBELLS

Plek:  Stalle

Botha straat no. 56

Rawsonville, Wes kaap

Wanneer:  1 Junie van 12 vanmiddag

Kostes:  R150 per persoon

Kom geniet die afrikaanse muskiekgroep wat uit die broers Tony en Harry Campbell  bestaan.   Hulle debuutalbum , Youre my mate was in 2001 vrygestel gewees.  Hulle tweede album Rooi Rok Bokkie word in 2002 vrygestel en bereik  binne weke treffer status.  Ek is seker almal van julle ken julle en dit sal ‘n wonderlike geleentheid wees om julle lewendig te aanskou.

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Youngsta met Young van Riebeeck.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply