Crime Time Plaasaanvalle met William Munnik

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

CRIME TIME: PLAASAANVALLE:

Goeie middag. Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Suid-Afrika is weer geken aan geweld en diefstal van alle soorte. Vanmiddag om ongeveer 14:00 was daar n CIT heist op die N1 tussen Okovango afrit en Kraaifontein afrit. Die Polisie se Taakmag het die Verdagtes voorgekeer en al 4 verdagtes is deur hulle dood geskiet. Altwee bane van die N1 is gesluit vir verkeer. Baie goeie werk manne. Dit het maar net deel geraak van lewe in Suid-Afrika.Plaasaanvalle het ook toegeneem in ons land en dan die verkragting en moord wat daarmee saamgaan. Dan is daar sekere mense in die Parlement wie ontken dat daar so iets soos plaasaanvalle en plaasmoorde is. Sosiale media het baie mooi gehelp om die boere se storie die wereld in te stuur. Dit het druk op die regering geplaas, maar hulle het nog altyd nie veel daaraan gedoen nie. Verder is deurbrake gemaak wat bewys dat polisielede en weermaglede deel is van die plaasaanvalle en selfs dit uitvoer. Dis skokkend, maar dit is so. Ek gaan na die musiekbreek kyk na die statistieke wat vrygestel is oor plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika. Op die draaitafel het ek vir jou vir DJ Snake en Bipolar Sunshine met Middle en Luis Fonsi en Demi Lovato met Echame La Culpa en Britney Spears met One More Time.

Dit was DJ Snake en Bipolar Sunshine met Middle en Luis Fonsi en Demi Lovato met Echame La Culpa en Britney Spears met One More Time en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek, het bek jou belowe date k na die statistiek gaan kyk wat vrygestel is van plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika.Ek hou nie baie van statistiek nie, want jy kan dit plooi om te bewys wat jy wil. `n Regter in die Hooggeregshof het eendag gedurende sy uitspraak in `n moordsaak `n baie ware stelling oor statistieke gemaak. Die aanklaer het statistieke voorgehou ter strafverswaring van `n beskuldigde wie skuldig bevind is aan moord. Die Regter het gese dat statistieke soos `n vrou se bikini is. Hy het gese dat dit wat die bikini ontbloot is baie belangrik, maar dit wat dit nie ontbloot is van die meeste van belang. Dis `n baie raak beskrywing as ek ooit een gehoor het. Die laaste keer wat daar amptelik, voor nou, statistieke vrygestel is oor plaasaanvalle en plaasmoorde was in 2007. So kom ek gaan kyk daarna.

 

 

 

 

 

 

 

Vanaf Januarie 2019 tot einde Mei 2019 was daar al 126 plaasaanvalle en 16 plaasmoorde in ons land.

Dis nogal baie verdoemende syfers. Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir  Die Gelofte van Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Juan Boucher en Christof Kotze bekenbd as Appel en Tyd om te trek van Bok van Blerk.

Dit was Die Gelofte van Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Juan Boucher en Christof Kotze bekend as Appel en Tyd om te trek van Bok van Blerk en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek gekyk na die statistieke aangaande plaasaanvalle en plaasmoorde.

Wat is plaasmoorde?

Die term plaasmoorde verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word. Plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit uitgevoer word veroorsaak in beide Suid-Afrika en die buiteland[4][5] ontsteltenis. Van die slagoffers word gemartel en verkrag voordat hulle vermoor word. Ander plaasmoorde word soos ’n teregstelling uitgevoer. Navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies het bevind dat ’n boer se kans om vermoor te word, byna vier keer groter is as dié vir ’n gewone landsburger en twee keer so groot as dié van ’n polisielid.

Die motiewe vir plaasaanvalle[wysig | wysig bron]

Blanke boere is moontlik sagte teikens vir rowers. Daar word ook beweer dat die omstandighede van plaasmoorde waarby wit mense die slagoffers is, ook as gevolg van onderliggende rassespanning veroorsaak is. Daar blyk geen werklike rede vir die moor van slagoffers van plaasaanvalle te wees nie.[1] Volgens Moetsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers’ Union, verlaat wit én swart boere hul plase weens veiligheidsrisiko’s.[7]

Sommige Suid-Afrikaanse boere is egter onder die indruk dat plaasaanvalle en -moorde deur sekere elemente as ’n geskikte intimidasiemetode beskou word om boere van hulle plase te verdryf.

Daar word gevoel dat amptelike bewerings dat gewone roof die dryfkrag agter plaasaanvalle is nie verklaar waarom plaasaanvallers ná hulle rooftog in die plaashuis wag om die boer en sy gesin op ’n wreedaardige manier te vermoor nie. Plaasmoorde het sodoende ’n hoogs emosionele saak geword wat in sommige kringe as doelbewuste volksmoord beskou word.[8]

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, dui navorsing egter daarop dat plaasaanvalle eerder misdaadgerig is. Die blote afgesonderdheid van plase en swak infrastruktuur soos slegte paaie maak van boeregemeenskappe sagte teikens wat nie maklik deur die polisie beveilig kan word nie. Rassisme en onverantwoordelike politieke uitlatings dra egter ook daartoe by dat ’n klimaat van brutaliteit in plattelandse gemeenskappe geskep word. Die invloed van drank en dwelms speel moontlik ook ’n rol, net soos swak ekonomiese omstandighede en werkloosheid.[verwysing benodig]

Die aanvalle word soms openlik deur politieke persoonlikhede, soos staatsleiers, tydens publieke geleenthede aangemoedig deur die sing van “struggle”-liedjies wat die dood van boere aanhits. Voorbeelde hiervan is Nelson Mandela,[9] Jacob Zuma[10] en Julius Malema.[11]

Dit is egter duidelik uit die vertelling van die bogenoemde storie dat rassespanning wel die motief is. Hoekom verkrag en moor as jy gekom het om te steel. Daar is ook nou `n nuwe tendens dat boere aangeval word wanneer hulle rustig met hulle gesin braai. In die bogenoemde storie het die polisie ondersoek gedoen en die spore het gelei na die uitwerkers se huise. `n Uitwerker is `n arbeider wat nie plaaslik vandaan kom nie en gewoonlik uit buurlande afkomstig is.

Hoe voorkom jy plaasaanvalle?

Dit lyk nie vir my of jy dit met 100% sekerheid kan voorkom nie, maar jy kan dit vir die aanvallers moeilik maak.

  1. Ken die werkers op jou plaas. Neem hulle vingerafdrukke as jy kan en kry afskrifte van hulle ID of paspoorte en hou dit op record. Neem `n foto van hulle en hou dit op record. Dit kan help met toekomstige identifikasie sou dit nodig wees.
  2. Gebruik plaaslike mense om op jou plaas te werk.
  3. Beveilig jou huis met cameras, alarms en honde ens.
  4. Werk planne uit vir as jy aangeval word en oefen dit.
  5. Wees waaksaam oor jou omgewing.
  6. Moenie net uitgaan na buite nie.
  7. Moenie na buite gaan as jy `n kraan sien loop of jou krag onderbreek word nie.
  8. He altyd `nn handradio of selfoon byderhand.
  9. Maak `n paniekkamer, die badkamer is gewoonlik die beste plek.
  10. Ken jou bure se nommers en maak vrede met jou bure as daar kwade gevoelens is tussen julle.
  11. Neem selfverdedigingsklasse.
  12. Buurtwag/Plaaswag
  13. Whatsapp groep

 

 

Op daardie noot is dit tyd om te groet. Ek speel uit met Die Land van Steve Hofmeyr

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply