Potgooi-Reis deur die Geskiedenis 01 Mei 2017

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Volksmoord in die konsentrasiekampe deur Brittanje gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899 — 1902)

Indien jy wil adverteer op die radio of ons web blad of blootstelling  ook internasionaal vir jou produk wil hê kontak my gerus vir ‘n packet om jou sak te pas

Nooi gerus al jou vriende en familie om saam met ons te kuier gaan like ons facebook blad gaan na tunein al die skakels om te luister is is op die facebook blad en die web blad en ook by al die program aankondigings

Daar is nie ‘n verskoning nie want met tunein kan jy enige tyd enige plek wêreldwyd saam kuier maak nie saak of jy op die onherbergsaamste gebied of in jou kar is nie met tunein kan jy op enige sel foon , android tablet of slimfoon saam kuier solank jy internet opvangs het

Die “Havenga-verslag” oor verkragtings en die mites daaromheen

Jan JP van der Merwe2014-01-21

Die konsentrasiekampe was ‘n berekende en doelbewuste volksmoord wat Engeland op die Boerevolk gepleeg het met die doel om die Boerevolk uit te wis en die Boererepublieke in te palm.
Indien die stories van die Duitse gaskamers tydens die Tweede Wêreldoorlog waar is, was dit n baie genadiger manier om mense dood te maak as om hulle van die honger en ontbering te laat sterf en te vergiftig. Daar is ook in verhouding minder Jode gedood (indien enige) as Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Nogtans het Engeland genadeloos aangedring op die Neurenberg-verhoor waar die hele Duitse volk die beskuldiging opgelê is dat hulle n Joodse volksmoord sou gepleeg het. Op aandrang van Engeland betaal Duitsland vandag nog jaarliks kompensasie aan die Jode vir die beweerde volksmoord op die Jode. Dit beteken dat Duitsers wat tydens die Tweede Wêreldoorlog nog nie eens gebore was nie, vandag nog vir die beweerde oortredings van die Duitsers moet boet.
As Engeland dieselfde beginsels op homself toepas as wat hy op Duitsland afdwing, moet Engeland vandag alles in die stryd werp om die Boererepublieke te herstel en ook jaarliks vergoeding aan die Boerevolk betaal vir die onreg wat die Engelse teen ons volk gepleeg het

Die versameling van oudminister Klasie Havenga in die Vrystaatse en Pretoriase argiefbewaarplekke bevat meer as 50 verklarings deur boere, vroue en kinders oor hul ontberings gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog). Daar word vertel van aanrandings, die plundery van plaashuise en die mishandeling van veral vroue en kinders deur Britse soldate.

Gertruida Jacoba Bruwer verklaar byvoorbeeld op 28 Februarie 1902 voor assistentkommandant CC Froneman van Ladybrand dat ‘n Engelse patrollie op haar plaas aangekom het. (Sy noem nie die plaas se naam nie.) Sy verklaar dat dit op 21 Januarie 1902 gebeur het. Sy skryf: “Die Engelse het op ‘n barbaarse wyse op my geskreeu en gevloek terwyl ek hoog-swanger is en die ma van klein kindertjies is. Hulle (dié Engelse soldate) het in hierdie beangste oomblik my huis se meubels uitgedra en dit geplunder, daarna het hulle die huis afgebrand en die vee gedood. Hulle het ons net daar agtergelaat. Ek en my klein kindertjies het onder ‘n groot boom skuiling gesoek.” Mev Bruwer verklaar verder dat dieselfde Engelse patrollie op 27 Januarie 1902 teruggekeer het na haar opstal. Hulle het toe vir haar en mevroue Catharina Josina Koen, Gertruida Susanna Peyper en ene Anna le Roux aangejaag na die Engelse kamp by Maqualtingsnek. Die Maqualtingsnek-kamp was volgens mev Bruwer meer as ‘n halfuur te perd van hulle plaas af. Die Engelse het hulle te voet aangejaag, sonder kos. Mev Koen verklaar dat hulle reeds op daardie stadium vir ses dae met bitter min kos klaar moes kom, omrede die Engelse haar huis op 21 Januarie 1902 afgebrand het en al die vee gedood het. Na ure se stap kon sy later nie meer nie. Die Engelse patrollie het haar en mevroue Peyper en Le Roux en hul klein kindertjies net daar in die veld gelos, sonder kos of water. Mev Bruwer vertel hoe sy twee dae later geboorte geskenk het aan ‘n babadogter. Die kind is in die ope veld gebore.

Die Engelse patrollie het daarna vir ‘n verdere twee dae in die veld rondgeswerf met mev Koen alvorens hulle by die Engelse kamp te Maqualtingsnek aangekom het. Sy moes in hierdie twee dae te voet loop terwyl die Engelse te perd gery het.

Mev Koen het volgens haar eie verklaring voor assistentkommandant CC Froneman verklaar dat sy deur die Engelse kolonel Pilcher soos ‘n misdadiger uitgeskel is omrede haar man, volgens Pilcher, na bewering 18 swart Engelse soldate doodgeskiet het. Hy het haar gedreig dat hy swart Engelse soldate opdrag sou gee om haar brutaal te verkrag as haar man weer swart soldate sou doodskiet. Na ses dae van mishandeling en bitter min kos is mev Koen te voet terug na haar plaas. Toe sy by haar plaas aankom, was die opstal afgebrand en al die diere op die plaas geskiet.

Nog ‘n verhaal van afgryse en poging tot verkragting is die verhaal van Sarie Margariette Cilliers van die Kroonstad-distrik. Sarie verklaar voor landdros NF Keeve: “Ek en my suster, Hettie, en ons kinders het alleen op ons plaas, Elandsput gewoon, toe twee gewapende swart Britse soldate op 23 Desember 1901 daar te voet opdaag. Die een swart soldaat het my beveel om na die waenhuis te gaan. Ek het nie van sy astrante houding gehou nie, en het uit vrees na die huis gehardloop. Ons huis was ‘n twee-vertrek huis. Dit het bestaan uit ‘n woonvertrek en ‘n slaapkamer. Ek het na die slaapkamer gevlug. Die swart soldaat het my ongenooid gevolg. In die slaapkamer het hy my hard teen die kop geklap. Daarna het hy my verwoed met ‘n sambok oor die arms geslaan. Na hierdie brutale aanranding het hy my op die vloer neergegooi en toe het hy op my kom sit om my te onteer. Terwyl hy my vasgedruk het en my betas het, het ek gegil. My suster, Hettie, wat die petalje deur die kamervenster gesien het, het my te hulp gesnel en my ontset van hierdie swart soldaat se vergrype. Die swart soldaat het my toe gelos. Hy en die ander swart Britse soldate het toe die plaaswerf weer te voet verlaat.”
Die bogemelde verklarings is maar enkeles van baie. Daar is verklarings van ernstige aanrandings, mishandelings, plundery en verkragtings, oftewel ontering, soos wat dit geskryf staan in hierdie verklaring. Hierdie onterings is nie net deur Britse soldate alleen gedoen nie, maar ook deur hul swart meelopers.

Een van die skokkendste verklarings is dié van Johanna Catharina Geldenhuys van ‘n plaas in die Vrede-distrik. Sy het die verklaring op 5 Februarie 1902 voor kommandant A Ross van die Vrede-distrik afgelê. Sy vertel: “Ek en my tien jarige dogter, Talita Lootz, was op 22 Januarie 1902 alleen op die plaas toe Remington se patrollie by die plaas aangedoen het. Twee Britse soldate het my gegryp en na die kamer gesleep, terwyl ‘n derde soldaat die klere van Talita se lyf afgeskeer [sic] het. Toe sy nakend voor hom staan, het hy haar betas en gemolesteer. Ek kon dit nie verdra wat hulle aan die jong kind doen nie. Die twee soldate wat my gegryp het, het my erg geslaan en geskop. Ek het later op die grond gelê. Die soldaat wat Talita gemolesteer het, het die kind weggestamp en toe het hy my gegryp. Hy het my daar in die kamer voor my dogter onteer. Terwyl hy sy wellus op my uitgewoed het, het die ander twee soldate vir ons deur die kamervenster gestaan en kyk.” Wat na hierdie verkragting gebeur het, weet ons nie. Die verklarings maak geen melding van die gebeure daarna nie.

Volgens die vroue se getuienis in die ander verklarings was baie van die verkragtingspogings onsuksesvol omdat daar dikwels te veel vroue en kinders by ’n plaashuis was, of die vroue so verbete teruggebaklei het, of weens die gebrek aan ’n private plek vir die Britse soldate om die daad te pleeg. Die verklarings gee die leser ’n goeie idee van die ontberings wat hierdie Boervroue en hul kinders moes deurmaak wanneer hulle alleen op hul plase aan die genade van Britse soldate uitgelewer was.

Die vroue se verklarings is deur gerekende Boereleiers, onder wie generaals CR de Wet en JBM Hertzog, en ander, soos landdroste HH van Coller van Heilbron en SJ Wessels van Kroonstad, afgeneem. Al die verklarings is in 1901 en 1902 afgeneem, wat beteken dat dit gedurende die oorlog afgeneem is. Tog het daar vir dekades ’n wanopvatting geheers oor wat die werklike oogmerk en doel van hierdie verklarings in die Havenga-argieflêers was. Daar is vir lank gepraat van die sogenaamde Havenga-verslag en aangevoer dat Klasie Havenga, ná samesprekings tussen president MT Steyn, generaal Hertzog en dominee JD Kestell, opdrag gekry het om die vroue en kinders se verklarings in te versamel en te boekstaaf vir ‘n latere regsgeding oor al hierdie misdade wat die Britse soldate teenoor Boerevroue en kinders ten tye van die oorlog gepleeg het .

Met die uitbreek van die oorlog het die 17-jarige Havenga as klerk by ’n prokureursfirma in Bloemfontein gewerk, maar hy het dadelik by die Fauresmith-kommando aangesluit. Hy sou eers later in die regte gaan studeer, maar het wel in die oorlog as notaris en persoonlike assistent vir generaal Hertzog opgetree. Volgens die stories wat versprei is, was sy opdrag om ’n dossier op te stel oor al die oorlogsmisdade wat die Britse soldate gepleeg het en dit by die Haagse Konvensie in te dien. Daar is verder beweer dat Havenga weens die sensitiwiteit van die gedokumenteerde materiaal die saak toe nooit na die Haagse Konvensie verwys het nie, glo omdat hy bang was dat die inhoud daarvan sy politieke loopbaan kon benadeel, veral na Uniewording.

Geen historiese bron verskaf egter enige bewyse daarvoor dat hierdie opdrag aan Havenga gegee is nie, of dat hy ooit enige aspek van die misdade teen die vroue en kinders moes ondersoek nie. Dit is voorts amper ondenkbaar dat ’n staatshoof soos president Steyn, wat self ’n regsgeleerde was, iemand so jonk soos Havenga met so ’n sensitiewe saak sou belas het.
CM van den Heever bevestig in sy biografie van Hertzog dat dié Boeregeneraal gedurende die oorlog beëdigde verklarings by vroue afgeneem het. Hertzog het dit as deel van anti-Britse propaganda na die VSA en aan sekere Europese regerings gestuur. In nog ’n omvattende werk oor Hertzog word die volgende gesê: “Hertzog sou van aangesig tot aangesig kom met die Britse imperialisme in sy naakste vorm. Soos dit ’n goeie juris betaam, het hy sorgvuldig al die Engelse oorlogswanpraktyke as getuienis versamel.”1

Dit is dus onwaarskynlik dat Steyn en/of Kestell ooit enige opdrag aan Havenga gegee het. Die afneem van die verklarings was waarskynlik eerder ’n inisiatief van Hertzog. Een van die bepalings van die Vrede van Vereeniging was voorts dat daar op wedersydse amnestie vir albei partye in die oorlog ooreengekom is. Dit sou dus nie sin maak om ná die vrede ’n dossier van oorlogmisdade op te stel as beide partye die beginsel van wedersydse amnestie erken en aanvaar het nie.

Hoe het al die gedokumenteerde oorlogsmisdade dan in die Havenga-argieflêers beland?

Havenga was, in sy hoedanigheid as Hertzog se notaris en persoonlike assistent, heel moontlik daarvoor verantwoordelik om die verklarings te bewaar. Dit is in elk geval deur die argivarisse van sowel die Vrystaatse as die Pretoriase (Sentrale) argiewe onder die Klasie Havenga-versameling by die onderskeie argiewe ingeboek en vermoedelik het dit om dié rede as die Havenga-verslag bekend begin staan.

Havenga was ’n uiters privaat mens. Volgens Pieter van Breda, wat sy doktorale tesis oor Havenga gedoen het, het Havenga ’n moratorium op sy private dokumente geplaas en versoek dat dit eers 25 jaar na sy afsterwe vir die publiek oopgestel word. Havenga het in Maart 1957 weens komplikasies ná ’n maagoperasie gesterf en daarom is die vroue se verklarings eers in 1982 aan die publiek oopgestel.

Hul verklarings het heel moontlik per abuis en verkeerdelik deel geword van Havenga se persoonlike versameling. Hoewel Havenga nie die dryfveer was agter die afneem van die verklarings nie, het hy wel ‘n belangrike rol gespeel deur dit vir die Afrikaner-nageslag te bewaar.

SIEMBAMBA

Siembamba, Siembamba!
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou jou handjies same
En sê ame,
Mame se kindjie, Siembamba! (LOKASIELIEDJIE)

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou maar jou handjies saam, my kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil,
Net maar die wind waai soos hy wil;
Net maar jy self kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand, seun!
Almal is besig! Oor die land
Drywe ‘n wolk van die noordekant –
Swart soos die rook uit die skoorsteen puil,
Swart soos die nag, en nes roet so vuil:
Vou maar jou handjies dig tesame
Sluit maar jou ogies, en se ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot ‘n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy, wat moet sing uit pure pret –
Jy moet verkwyn in ‘n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar –
Twee in een kussie, ‘n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou –
Alles vir ons, en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe –
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se – ame!

C. Louis Leipoldt [1880-1947]

Siembamba, Siembamba!

Mama’s little baby, Siembamba!

Fold your hands togetherand say, Ame

`Mama’s little baby, Siembamba! (TOWNSHIPS SONG) 

Siembamba, Siembamba,

Mama’s little baby,

Siembamba!Fold your hands together, my child:

Hear the North wind’s cry!

Here in the camp all was quiet,

Nevertheless the wind blows as it pleases;

You  can moan and groan

No one will hear, no one, son!

Everyone is busy!

Across the countryDriving a cloud from the north

-Black as the smoke from the chimney stack,

Black as night, and like soot so dirty:

Fold your hands tightly togetherClose your eyes but, and said ame!
Siembamba, Siembamba,

Mama’s little baby, Siembamba!

You, the hope of our nation;

You, our people can miss as little;

You, who must grow to be a man;

You, who must do your duty as you can:

You, who have no part in the war;

You, who should sing out of pure fun

You should languish in a children’s camp

You should peace be kicked out

Fold your hands tightly togetherClose your eyes but, and said ame!

 Siembamba, Siembamba,

Mama’s little baby, Siembamba!

Whooping cough and tuberculosis, without milk

Bitter for you the cup of life!

There is your place at the graves

Two in a velvet box, a bridal pair!

Everything for us who love war

Everything for us, and nothing for you:

You have our inherited your duty

Duty as a child of our country to die!

All you win, is that we remember:

Freedom was more than woman or child!

Fold your hands tightly together Close your eyes but, and say – ame! 

C. Leipoldt [1880-1947

 

Van die 118 000 Boeremense wat in die konsentrasiekampe was, is oor 28.000 oorlede. Trouens, ’n hele geslag potensiële Afrikaners is uitgewis, altesaam 22.074 Boerekinders en 4 182 Boerevroue, terwyl nog sowat anderhalf duisend mans (meestal bejaardes) in die kampe omgekom het.

Daar is al bereken dat daar vandag nagenoeg 600.000 meer Afrikaners kon gewees het as dit nie vir die sterftes in die konsentrasiekampe was nie.

Die kampbewoners, veral die kindertjies, het binne maande tot lewende geraamtes weggeteer. Die swak sanitêre geriewe in die nagenoeg vyftig kampe het tot die uitbreek van epidemies gelei, waarvan ’n masels-epidemie die dodelikste was.

Die swartmense, wat deur die Britte in aparte kampe aangehou is, het dit selfs nog slegter gehad. Daar is van hulle verwag om hul eie akkomodasie op te rig en met selfs kleiner rantsoene as die geïnterneerde wit vroue en kinders tevrede te wees.

Bronne: Boere Afrikana, Litnet,


 

Be the first to comment

Leave a Reply