Potgooi – Gesondheid 4 Mei 2017

Aangebied deur Cathy Louw Donderdae om 11vm

Vandag kruie met komplimente van Antoinette Pienaar

 

Die oumense het geglo dat die inname van borrie uiters heilsaam is en in die geval van gordelroos is dit definitief so. ‘n Teelepel borrie, soggens en saans, help die liggaam teen gordelroos. Die geweldige pyn van die wonde kan verminder word deur aalwynjel aan die seerplek te smeer. Neem ‘n aalwynblaar (verkieslik die kanniedood), sit die blaar onder warm as. Die blaar sal opswel en die jel binnekant die blaar sal sag word. Sny die blaar oop en smeer die lou jel aan die seerplekke en jy sal voel hoe die gevoelige plekke “koel” word en die geweldige gevoeligheid verminder.

Met komplimente van Antoinette Pienaar.

Pynsalf

1 Groot blik Zambuk salf

3 buisies Wintergreen ( 25g elk)

1 botteltjie Haarlemensis

Sit die 2 salwe in n dubbelkoker en smelt die salwe. Haal van die stoof af as dit gesmelt is en gooi dan die botteltjie Haarlemensis. Meng goed en gooi af in n glas botteltjie. Met dank aan Antoinette Pienaar.

Salf vir wonde wat sukkel om te genees

1 Potjie Ponds Cream

1 blikkie Sinksalf

2 teelepels   Friars Balsem

Die grootste geskenk wat n mens jouself kan gee, as jy sukkel met ‘n wond wat stadig genees, is om nie moedeloos te word nie en om geduld te hê met die genesingsproses. Die liggaam genees stadiger as ‘n mens sonder moed is. Bemoedig jouself elke keer as jy met jou wond werk.

Met dank aan Antoinette Pienaar.

Aambei Salf

1 potjie Vaseline

1 botteltjie Haarlemensis

Meng die 2 bestandele goed en smeer gereeld aan. Met dank aan Antointte Pienaar.

GEMENGDE VRUGTE EN SAAD GLADDE JANTJIE

2 teelepels lynsaad

2 teelepels sonneblomsaad

1 geskilde piesang

1 kiwi vrug

2 perskes, 2 appelkose, 1 peer

50ml naruurlike lewendige jogurt

100 – 150ml rys- of soja melk.

Maal die sade fyn en sit dan saam met vrugte in ‘n versapper. Drink hierdie Gladdejantjie ook net nadat jy dit gemaak het.

DIE OMEGA DRANKIE

2 Eetlepels Vlassaad

1 Eetlepel Sonneblomsaad

1 Stukkie Gemmer, geskil en fyn gekap

150 ml suikervrye Appelsap

Week die sade oornag in 100 ml water. Sit die volgende oggend die sade met die water in ‘n versapper. Voeg die ander bestandele by en versap totdat dit sag en romerig is. Voeg ‘n bietjie water by en drink dan dadelik jou gladdejantjie. Met komplimente van Antoinette Pienaar.

Sade

Sade is baie ryk aan minerale, Vit E, protein en vesel. Van die volgende mengsel het jy net ‘n eetlepel daarvan per dag nodig.

Neem ‘n 250ml glasvles met ‘n prop wat kan toedraai en vul dit met die volgende sade:

Vul die helfte van die vles met Vlassaad en die ander helfte met Sesame saad, Sonneblomsaad, Pampoensaad en 1 teelepel Komynsaad. Hou die bottel in die yskas en toegedraai. Neem ‘n handvol elke oggend, sit dit in jou koffie of saadmaler en gebruik ‘n eetlepel daarvan in jou jogurt of oor jou pap. Jy kan gerus ook eksperimenteer met sade en vrugte en so ‘n Gladdejantjie maak wat reg in jou kraal pas!

Met komplimente van Antoinette Pienaar.

Psoriase en ekseem

Neem ‘n klein botteltjie petroleumjellie (Vaseline), gooi vier koevertjies Grandpa-pynpoeier daarby en meng goed. Dra sommer die botteltjie by jou en smeer aan die geaffekteerde plekke elke keer as jy daaraan dink.

Vir ekseem help ‘n koppie varkvet met een eetlepel blomswael gemeng. Smeer gereeld aan die plekke wat deur ekseem geaffekteer is. Blomswael is verkrygbaar by die apteek.


 

Be the first to comment

Leave a Reply