Potgooi Uit die Hart van die Boer 11 Mei 2017

Aangebied deur Corrie elke Donderdagmiddag tussen 4nm en 6nm waar ons gesels oor alles van belang vir die Boer van Landbou voedselsekerheid tot die huidige toestande in die land.

Om 5nm instelsel deur Fanie Cronje!  Fanie steek draak met die politiek in die land met sy Humoristiese Kykie na die kwessie van korrupsie, kader ontplooiing en ander verwante aangeleenthede. Hoe dit eskaleer en gebruik en gedryf word deur verskeie belangrike rolspelers in die Suid Afrikaanse konteks. Ook ‘n vergelyking van soortgelyke aksies/optredes in die verlede, maar ook hoe dit tans verskil en die omvang van hoe dit manifesteer.

 

Pittige Politiek  18 (Pie Pie ) deur Fanie Cronje skrywer van die boek Disekteer die Reënboog

Gaan luister gerus na die potgooie op ons webwerf indien die onderwerp jou intereseer

Redes hoekom jy die opsie behoort te oorweeg om op Internet radio te adverteer.
Koste effektiewe advertering:
Radio Advertensies op internet radio kos merkbaar minder as advertering op die tradiosionele radio stasies,

Addisionele e-handel geleenthede:
Navorsing toon dat aanlyn luisteraars meer ontvangklik is vir aanlyn advertering en meer geneig is om produkte aanlyn te koop en het meer fondse om te spandeer.

‘n Verhoging in inkomste uit advertensies:
Advertensie boodskappe bereik ‘n groter mark aangesien die gehoor reeds aanlyn is en hulle is meer geneig om te reageer om aksie te neem op advertensies
Gebruikers wat ook na internet radio luister is 3 keer meer geneig om op advertensies te reageer as gewone tradiosionele radio advertensies. Hulle mag dalk op die net na jou web blad gaan soek en so kry jy meer besoekers tot jou web blad en ook meer potensiële kopers vir jou produk.
Indien jy ‘n nuwe manier van advertering soek is internet radio die mees logiese keuse om te maak. Dit is ‘n meer koste effektiewe manier om met meer luisteraars in aanraking te kom en dit maak ook ‘n groter impak op die gehoor.
Met tunein kan jy met enige selfoon, tablet.android, skootrekenaar of rekenaar inskakel by die radio mits jy internet dekking het.

Kontak ons indien jy gebruik wil maak van ons spesiale pakkette om jou sak te pas klein of groot nasionaal of internasionaal

Die program is saamgestel uit 14 Artikels

Artikel 1

‘Boerdery se toekoms lê in tegnologie’

Deur Nico van Burick
9 Mei 2017

As 10 van Suid-Afrika se megaboere in Zimbabwe, Zambië en Namibië moet intrek, sal alle voedselprobleme daar binne twee jaar opgelos kan word, sê mnr. Charl Senekal, self ʼn megaboer.

Die toekoms van boerdery lê in tegnologie, maak nie saak watter tipe boerdery dit is nie, sê mnr. Charl Senekal, voorsitter van Pro-Agri (die vereniging wat voormalige Nasionale Boer van die Jaar-wenners verteenwoordig) en bekende suikerrietboer van Mkhuze in KwaZulu-Natal.

Hy het tydens ’n besoek van landbouskrywers aan verlede jaar se wenboere, mnr. André Ernst en sy seuns, Zander en Edrean, van Allerbeste Boerderye in Tzaneen, gesê  tegnologie moet ’n boer se beste vriend word.

“Oor die volgende klompie jare gaan selfone boerderye oorneem. Jy gaan alles van jou foon af kan beheer, al sit jy in Amerika. Jy sal jou banksake kan hanteer, jou besproeiingstelsels kan aanskakel en kan sien waarmee jou werkers besig is. As jy dink jy is BC (before computers) gebore, is ek jammer vir jou. Jy sal eenvoudig moet opvang.”

Noue band bestaan
Senekal sê’n noue band bestaan tussen boere en landboujoernaliste. “Sonder dat julle eintlik daarvan bewus is, is julle die verspreiders van tegnologie internasionaal. ’n Goeie voorbeeld hiervan was die onlangse wêreldkongres vir landboujoernaliste waar 160 landbouskrywers uit meer as 30 lande in Suid-Afrika byeen was. Julle vertel wat boere in ander lande doen, en ons kies dít wat ons plaaslik kan benut.”

Hy sê die res van Afrika is ook honger vir kos, kennis en tegnologie. Ook daar kan landbouskrywers ’n rol speel. Soos wat die rol van groot kommersiële boere in Suid-Afrika ook besig is om te verander.

“Ons kyk na Afrika en Afrika kyk na ons. Hull sê kom help ons produseer. In Suid-Afrika gaan slaap 17% van die mense honger. In ’n land soos Zimbabwe is dit 47%. Dit plaas die waarde van ’n groot produsent in perspektief.

Voedselprobleme oplos?
As 10 van Suid-Afrika se megaboere in Zimbabwe, Zambië en Namibië moet intrek, sal alle voedselprobleme daar binne twee jaar opgelos kan word.”

Magda du Toit, voorsitter van Landbouskrywers SA, het by dieselfde geleentheid die verhouding tussen landbouskrywers en die Boer van die Jaar-wenners beskryf as ’n lappieskombers wat saam een groot warm eenheid vorm. “Elke jaar kom daar ’n lappie by wat anders lyk as die ander maar saam vorm dit ’n mooi eenheid wat al groter word.”

Landbou.com

Artikel 2

Eierpryse kan styg weens tekort

Deur Vida Booysen 09 Mei 2017

Daardie roereierontbyt kan dalk eersdaags ’n bietjie duurder word.

’n Tekort aan eiers ná ’n moeilike jaar vir eierboere kan die prys laat styg.

“Die aanduiding is dat pryse met tussen 7% en 8% kan styg,” sê dr. Charlotte Nkuna, ’n senior amptenaar van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).

Sy sê in ’n verklaring dat voerpryse tussen Januarie en Augustus verlede jaar met minstens R1 000 per ton gestyg het – en dit het nogal baie met die prys van eiers uit te waai.

“Die styging in die voerprys het gekom net toe eierpryse weens ’n surplus aansienlik begin daal het,” verduidelik Nkuna.

Dit het daartoe gelei dat eierprodusente nie enige verlies weens die hoër voerkoste kon verhaal nie.

“Dié terugslag het daartoe gelei dat heelwat van die kleinskaalse eierboere – diegene wat met tussen 5 000 en 40 000 henne boer – die mark verlaat het.”

Sommige van die boere het weens die moeilike omstandighede hul henne vroeër geslag as wat normaalweg sou gebeur. In 2016 was 71,8 weke die gemiddelde ouderdom waarop die henne geslag is teenoor 2015 se 74,8 weke.

Dit het tot ’n tekort aan eiers in die mark gelei.

Volgens Kobie Fourie, eienaar van die Môreson-pluimveeboerdery net buite Brandfort, ondervind die bedryf op die oomblik inderdaad “ ’n geweldige tekort” aan eiers.

“Feitlik alle belanghebbendes in die bedryf word hierdeur geraak.”

Nkuna wys daarop dat kommersiële eierprodusente ook nie bestand is teen die kostedruk wat deur die braaihoenderbedryf ervaar word nie.

“Weens die uiters lae winsmarges kon ’n aantal produsente nie lêhenne aan die einde van hul produktiewe siklus vervang nie of hulle moes die henne eenvoudig vroeër slag sodat hulle genoeg kontantvloei kon hê om hul krediteure te betaal.”

Dié afname in die aantal produktiewe henne en die hoeveelheid eiers wat hulle lê, het nou tot ’n tekort aan eiers gelei.

“Die tekort kom juis op die tydstip dat die vraag na eiers verhoog het omdat ander bronne van diereproteïen duurder geword het en meer verbruikers na eiers – die goedkoopste bron van diereproteïen – oorgeskakel het.”

Verbruikers kan verwag dat die huidige tekort waarskynlik tot in die laaste maande van die jaar sal voortduur, sê Nkuna.

Netwerk 24

Artikel 3

Landbou se pyn ook verbruiker s’n

Deur Vida Booysen 21 Desember 2016 05:01

Droogte en gebrekkige staatsteun vir die kommersiële landbousektor tref nou die armste verbruikers se beursie.

Voeg daarby die onsekerheid oor Donald Trump se handelsbeleid en die impak op ons landbou-uitvoer, asook groeiende onsekerheid oor staatsbeleid en die gevaarligte begin flikker vir voedselsekerheid in die land, waarsku ’n aantal landbou-ekonome.

“Dit bly ’n raaisel dat die regering nie verstaan dat ondersteuning aan kommersiële boere lei tot groter landbouproduksie en laer voedselpryse, wat die hele ekonomie en veral arm mense bevoordeel nie,” sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat.

Dit volg op die pleidooi van Agri SA Maandag dat die regering moet ingryp met “daadwerklike finansiële hulp” aan droogtegeteisterde produsente en sy kommer uitgespreek het oor die humanitêre impak van die droogte op boere en hul werkers, asook hul vermoë om te oorleef.

Willemse wys op die daling in plantvoornemens vir vanjaar wat tot ’n kleiner somergraanoes sal lei.

“Dus duur die invoer van graan en oliesade voort en dit beteken ook duurder pryse wat weer wyer uitkring in die ekonomie.”

Die landbousektor is die sleutel tot die langtermynontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sê Hamlet Hlomendlini, Agri SA se senior ekonoom.

Hy wys daarop dat die ekonomie met slegs 0,2% in die derde kwartaal gegroei het en landbou se bydrae weens die droogte vir die sewende opeenvolgende kwartaal gedaal het.

“Die impak van die droogte op die landbousektor rem die hele ekonomie terug, gegewe die skakeling wat landbou met ander sektore het.”

Dis nie net boere wat produksieverliese ly nie, maar ook alle rolspelers wat sake doen met hulle en uiteindelik ook die verbruiker self, waarsku Hlomendlini.

“Landbou-uitvoer het aanmerklik afgeneem, voedselinflasie spring aanhoudend bokant die teikenband en voedselpryse hou net aan styg – gevolglik groei die ekonomie traag en is daar groter druk op die staatskas.”

Hiermee stem dr. Kobus Laubscher, onafhanklike landbou-ekonoom van Bloemfontein, saam.

“Die slegte nuus is dat inflasiedruk kan toeneem, veral in die laer inkomstegroepe waar die afhanklikheid van veral stapelvoedsel soos mieliemeel en brood skerp stygings getoon het vanaf reeds hoë prysvlakke.”

Hy wys op die Nasionale Landbou-bemarkingsraad (NLBR) se jongste verslag oor voedselpryse wat aandui dat die armste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking in Oktober vanjaar 55,6% van hul besteebare inkomste aan voedsel bestee het, terwyl dit ’n jaar gelede 49,6% was.

“Die armste deel van die bevolking het geen vooruitsig op ’n keuse van kos vir Kersfees nie. Hulle sal moet eet wat hulle kan bekostig en dit is redelik om te verwag dat huishoudelike voedselonsekerheid gaan toeneem.”

Indien dit wel voldoende reën hierdie somer, behoort voedselpryse af te plat, maar dit kan dalk eers teen die tweede of derde kwartaal van volgende jaar gebeur, sê Hlomendlini.

“Dit sal heelwat verligting vir die verbruiker bring, maar die ekonomie is steeds weerloos teen internasionale skokke soos stygende oliepryse en moontlike beleidsveranderings onder die Trump-administrasie in die VSA.”

Hlomendlini waarsku dat die inkomende administrasie heel waarskynlik ’n handelsbeleid sal bevorder wat meer beskermend teenoor die VSA is en minder gunstig vir ontluikende markte soos Suid-Afrika.

“Dit is byvoorbeeld onseker wat sal gebeur indien die president volgende jaar, soos vereis, die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) onder hersiening neem.”

Netwerk24

Artikel 4

Waak steeds teen droogte (en El Niño)

Deur Marleen Smith
10 Mei 2017

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat voorkomende maatreëls teen die droogte steeds nodig is.

Broodnodige reën kan in Suid-Afrika se winterreënvalgebied val, en ’n El Niño mag dalk net weer op pad wees.

Só voorspel die SA Weerdiens in sy jongste seisoenale klimaatvooruitskouing, tot September.

In die verslag word benadruk dat die reënvoorspelling vir die winterreënvalstreek in hierdie stadium nog met groot onsekerheid en ’n lae vertrouensindeks gepaard gaan.

Party modelle voorspel dat daar nog geen aanduiding is na watter kant toe reënval in dié streek die komende seisoen gaan beweeg nie.

“Daar is steeds aanduidings van ’n bogemiddelde reënval in die droogtegeteisterde suidwestelike dele van die land. Ongelukkig toon geen van hierdie voorspellings ’n hoë mate van vertroue aan nie, en moet dit dus versigtig benader word. Weens die negatiewe uitwerking van droër toestande wat dalk mag voorkom, moet planne inplek gestel word om só ’n scenario te verlig.”

Temperature
Wat temperature betref voorspel die meeste modelle ’n groter kans vir koeler toestande in die noordooste van die land, en warmer toestande in die suidweste.

Die Weerdiens doen nog geen amptelike vooruitskouing vir die komende somer, vanaf September/Oktober nie, maar die meeste modelle wys dat ’n El Niño dalk weer te wagte kan wees.

Die ENSO-indeks, wat op die stand van El Niño of La Niña dui, is tans geleidelik vanaf ’n koeler (La Niña) na ’n warmer (El Niño) fase aan die oorbeweeg. Dit word wel verwag dat dit vir die res van die eerste helfte van die jaar nog in ’n neutrale fase behoort te bly. Die modelle voorspel wel ’n toenemende kans op El Niño-oorheersing teen ons lente.

“Die vooruitskouing vir die lente en somer is nie gunstig wat reënval betref nie. As El Niño wel sou terugkeer, met sy gebruiklike gepaardgaande uitwerking (op somerreënval), kan die land opnuut in ’n water-penarie wees.”

Voorkomende maatreëls teen droogte is dus steeds nodig, waarsku die Weerdiens.

Landbou.com

Artikel 5

Roelf wil transformasie in landbou belig

Deur Carien Kruger
10 Mei 2017

Die Land Bank en Roelf Meyer gaan op Nampo kragte saamspan om suksesvolle transformasie-projekte te belig.

ʼn Nuwe inisiatief om transformasie in die landbou te bevorder, word Woensdag, 17 Mei, tydens ʼn Nasie in Gesprek-opname by die Nampo-Oesdag bekend gestel.

ʼn Werkgroep onder leiding van oud-min. Roelf Meyer, direkteur van die In Transformation Initiative (ITI), wil opvattings oor die landbousektor verander deur bewese transformasieprojekte ten toon te stel.

Sulke projekte sal gebruik word om verdere transformasie te bewerkstellig, het die Land Bank, wat ook betrokke is, in ʼn verklaring gesê.

Wanopvatting
Die inisiatief wil die wanopvatting dat die landbousektor nie ʼn belangrike bydraer tot die ekonomie is nie, verander, en as deel hiervan aandag aan grondhervorming gee.

Die Land Bank sê die landbou is een van die sleutelsektore wat die vermoë het om die ekonomiese ontwikkeling, transformasie en werkskepping te ontsluit wat nodig is om aandag te gee aan Suid-Afrika se ontwikkelingsuitdagings op lang termyn.

Lanbou.com

Artikel 6

Hoekom moet landbou smeek vir geld?’

Deur Joylene van Wyk
10 Mei 2017

 “As ons ’n Tesourie het wat nie weet wat die mandaat van die Departement van Landbou is nie, is dit ʼn probleem,” sê die voorsitter van die parlementêre komitee vir die landbou

Dit is onaanvaarbaar dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die Nasionale Tesourie moet smeek vir geld om sy mandaat te realiseer, meen me. Rosina Semenya, voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye.

Die Finansiële en Fiskale Kommissie het in sy jongste assessering van die departement se vordering, aangedui dat hy slegs 20% van die totale begroting van R27 miljard kry, wat hy met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming deel.

Dit verteenwoordig ook slegs 0,01% van die nasionale begroting, terwyl die Nasionale Ontwikkelingsplan duidelik aandui dat die landbousektor een van die vinnigste skeppers van werk is en boonop voedselsekuriteit kan verseker.

Sorg dat die geld beskikbaar is Semenya
het gesê wanneer pres. Jacob Zuma die prioriteite aankondig waarmee staatsdepartemente hulle gedurende die jaar moet besig hou, moet die Tesourie sorg dat die geld beskikbaar gemaak word. “As ons ’n Tesourie het wat nie weet wat die mandaat van die departement is nie, dan is daar ’n probleem want hulle moet die geld beskikbaar stel.

“Waarom moet landbou smeek vir geld?,” het Semenya gevra.

Die kommissie het gesê weens die swak ekonomiese omgewing moet álle departemente, insluitend die landbou, hulle begroting herprioritiseer totdat die ekonomie verbeter.

Moet mandaat verwesenlik
Semenya het uitgewys dat dit die verantwoordelikheid van die kommissie is om toe te sien dat die Tesourie leiding neem in die toestaan van geld sodat die departement sy mandaat kan verwerklik.

“Hoe bestuur hulle geld as hulle die departement vra om te gaan onderhandel oor geld?”

Genl. Bheki Cele, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan die komitee gesê daar word nou al die afgelope drie jaar oor die departement se karige begroting gepraat, maar duidelik is  geld nie beskikbaar nie. Selfs pres. Zuma het al gesê die landbou moet meer geld kry. Cele het aangedui dat die departement se begroting volgende jaar selfs minder sal wees.

Verbetering in BBP
Die landbousektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk het sedert 1960 begin daal, maar ’n effense verbetering van 2,37% tot 2,4% tussen 2015 en 2016 het voorgekom. Die sektor se bydrae sal na verwagting 2,5% vir die volgende drie jaar bly.

Die kommissie het gesê ten spyte van die sektor se klein bydra en sy dalende bydra tot die ekonomie, bly hy steeds belangrik vanweë sy groot skakels met die res van die ekonomie en die bydraes wat hy tot uitvoer en werkskepping bied.

Landbou.com

Artikel 7

Diversifikasie laat BKB kóók

Deur Marleen Smith
11 Mei 2017

BKB verwag dat hy vanjaar landbouprodukte van R9,5 miljard gaan hanteer!

Danksy uitgebreide diversifikasie verwag die landboumaatskappy BKB dat hy vanjaar ’n allemintige R9,5 miljard se landbouprodukte gaan hanteer.

Dr. Cobus Oberholster, finansiële hoof, het op die 100-jaar-viering van die Suid-Afrikaanse Angus-telergenootskap in Bloemfontein gesê hulle voorsien ’n jaar-omset van R4,9 miljard teen einde Junie.

BKB hanteer 67% van die land se wolskeersel, en hou in die omgewing van 3000 veilings per jaar, soms tot sewe per dag.

BKB het gediversifeer
Hulle het die afgelope tien jaar strategies gediversifiseer, en hul produkte sluit deesdae nie net wol in nie, maar ook graan, vrugte, suiker en lusern.

Oberholster het gewaarsku teen ’n té eng benadering teenoor die kleinskaalse landbou. Van die 455 miljoen plase in die wêreld, is 387 miljoen kleiner as 2 hektaar, het hy gesê. Net 2 miljoen is groter as 100 ha.

Hierby is ’n besliste internasionale neiging in die rigting van intensiewer landboupraktyke, met die hulp van nuwe tegnologie.

Verstedeliking speel rol
Verstedeliking speel ’n groot rol. Die beraming is dat Afrika, suid van die Sahara, se stedelike en kus-bevolkings in die komende jare met 57% gaan toeneem. Dít beteken al hoe meer ryker en meer gesofistikeerde verbruikers, wat ’n groter keuse van produkte, beter gehalte en kos met ’n hoër voedingswaarde sal wil hê.

Oberholster het Angus-telers aangemoedig om hul beeste se vleis toenemend onder ’n handelsmerk te bemark wat goeie gehalte waarborg om die ryker verbruikers te bereik. Dít bied ’n wins-geleentheid vir die boer én die res van die waardeketting-spelers, het hy gesê.

Landbou.com

Artikel 8

Melkboere: Romantiek verby, hef aan!

Deur Carien Kruger
11 Mei 2017

Die probleem in die melkbedryf is nie die dalende getal boere nie, sê mnr. Melt Loubser, een van SA se voorste melkboere.

Die suiwelbedryf se grootste uitdaging is nie die dalende getal melkboere nie: Dit is oorvereenvoudiging en dat die bedryfstrukture verlore kan gaan wat ’n gunstige makro-omgewing skep waar ondernemings onafhanklik kan gedy.

Só sê mnr. Melt Loubser, uitvoerende hoof van Faircape Dairy en voorsitter van die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

Hy was by die jaarlikse simposium van die SA Vereniging vir Suiweltegnologie buite Pretoria krities oor mense wat die tydperk toe die bedryf gereguleer was, “romantiseer”. “Die Regering het regdeur die waardeketting inmeng Ons het hardhandige beheerrade gehad. Daar was min of geen stimulus vir entrepreneursbedrywighede en die bedryf was hoogs gekonsentreerd.”

Melkfabrieke op vreemdste plekke
Loubser sê in die gereguleerde tydperk was fabrieke op die vreemdste plekke geleë, dikwels met die doel om werk te skep en omdat dit nie nodig was om mededingend te wees nie. Hy onthou ’n regter het in 1993 in ’n groot hofsaak gevra wat die melkbeheerraad met al die geld gedoen het wat hy per liter verwerkte melk gehef het. Dit was sowat 7c/liter en die plaashekprys was toe sowat 55c/liter.

Loubser sê ná 1994 moes die bedryf skielik in ’n ongereguleerde bedryf sake doen, met die nalatenskap van ’n manier van dink uit die gereguleerde tydperk.

“Ons het geproduseer wat ons wil, want iemand anders sou sorg. Ons sou eers later oor die gevolge dink.”

Mense oorvereenvoudig die bedryf
Loubser het gesê destyds en ook vandag is daar mense wat die bedryf oorvereenvoudig en sê “melk is melk”, dat die melkprys onelasties is en dat ’n mens kan uitvoer sou daar ’n ooraanbod wees.

Die bedryf het deur ’n onstuimige tydperk gegaan waarin verskeie vorms van strukture as bedryfsorganisasies probeer is. “Weens die ingesteldheid van die tyd, het mense in hul eie kommersiële belang opgetree, pleks van om in belang van die bedryf op te tree.”

Loubser sê die bedryf was bekend om sy binnegevegte. Hy is optimisties dat verskillende partye nou saamstem dat daar gedeelde kwessies is wat gesamentlik gepak moet word.

Prys deur vraag en aanbod vasgestel
Aanbod moet die vraag volg en markte verseker dat dit gebeur. “Prys word deur aanbod en vraag bepaal.” Die beskikbaarheid van gebalanseerde en objektiewe inligting is volgens hom baie belangrik. Rolspelers moet weet waar die inligting vandaan kom, die inligting vertrou en besluite op grond van feite kan neem.

Loubser het gesê sowat 20% meer melk word nou as in 2008 geproduseer.
“Die suiwelbedryf groei en is dinamies. Ja, dit is finansieel uitdagend, maar dit is internasionaal mededingend.”

Dit terwyl internasionale markte steeds produksie stimuleer. Loubser het gesê dié stimulasie lei tot die baie wisselvallige pryse op internasionale markte.

Landbou.com

 

Artikel 9

GoeieNuus: Nedlac-taakspan bekyk melk

Deur Carien Kruger
10 Mei 2017

Die ywer van die melkboer Gielie de Kock en die vakbondleier Tony Ehrenreich het uitgeloop op ʼn ondersoek na die volhoubaarheid van die melkbedryf.

’n Taakspan van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) gaan die volhoubaarheid van die waardeketting van die suiwelbedryf onder die loep neem.

Die taakspan, waarin die Regering, die georganiseerde arbeid en die suiwelbedryf verteenwoordig is, het op 4 Mei vergader om sy opdrag te bepaal.

Die suiwelbedryf word verteenwoordig deur Melk SA – mnre. Nico Fouché, uitvoerende hoof, en Godfrey Rathogwa, transformasiebestuurder  – en sy lede, die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

Taakspan het reeds vergader
Mnr. Alwyn Kraamwinkel, Sampro-hoof en leier van die sake-afvaardiging in die taakspan, sê ‘n voorlopige opdrag is saamgestel, wat nou deur Nedlac se kamer vir handel en nywerheid goedgekeur moet word. Die taakspan, wat reeds twee keer vergader het en weer in Julie byeenkom, het intussen ’n werkwyse goedgekeur.

Dr. Chris van Dijk, MPO-hoof en lid van die taakspan, is optimisties dat die taakspan kan bydra om die volhoubaarheid van die bedryf te verseker.

Die taakspan het tot stand gekom nadat mnr. Gielie de Kock, melkboer van Witsand in die Wes-Kaap en mnr. Tony Ehtenreich Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, verlede jaar ’n vergadering by die Elsenburg gehou het om oor onder meer die dalende getal melkboere te praat en die gevare wat dit vir werkgeleenthede inhou.

Ehrenreich klop aan by Nedlac
Ehrenreich het die kwessie na Nedlac geneem, wie se kamer vir handel en nywerheid ’n taakspan op die been gebring het.

De Kock het aan Landbouweekblad gesê hy hoop die uitkoms van die taakspan se werksaamhede sal wees dat die melkprys “van die boer tot by die verbruiker” ondersoek sal word.

Mnr. Sven Thomson, kommersiële melkboer van Swellendam, verteenwoordig die georganiseerde arbeid in die taakspan en sê hy is in dié unieke posisie “omdat die bestaande strukture in die bedryf nie die nodigheid gesien het om die probleme in die bedryf op dié vlak (van Nedlac) te bespreek nie”.

Kleiner melkboere
Thomson sê volgens die voorgestelde opdrag gaan die hele waardeketting bespreek word, ingesluit struikelblokke vir toetrede deur kleiner en opkomende melkboere en spesifiek ook transformasie in die verskillende dele van die ketting.

Dit is volgens hom belangrik om te bepaal of daar nog plek is vir kleiner boere in die melkbedryf. Wanneer ’n kleiner boer sy deure moet sluit, gaan daar volgens Thomson se berekeninge drie werkgeleenthede vir elke honderd koeie verlore.

Selfs al word die koeie deur ’n groter melkboer gekoop, verloor sowat 70% van arbeiders op die kleiner plaas hul werk, sê hy.

Invoertariewe
Verdere kwessies waarna daar volgens die voorgestelde opdrag gekyk sal word, is die plaaslike en internasionale mark, en invoertariewe.

Thomson sê ingevoerde produkte, soos kaas, land hier teen laer pryse as wat dit in Suid-Afrika vervaardig kan word. “Invoer maak ons verskriklik seer.”

Daarom hoop hy die taakspan kan ’n rol speel dat invoertariewe, wat die laaste 18 jaar dieselfde gebly het, aangepas word.

Landbou.com

Artikel 10

Coligny nou politieke speelbal

Deur Corli van der Merwe
11 Mei 2017

Politici gebruik opsweping van die arm massas en brandmerk boere as rassiste sodat die aandag van swak dienslewering afgetrek word, reken mnr. Boeta du Toit van Agri Noordwes.

Politici brandmerk boere as rassiste en gebruik die aanhitsing van rassespanning tussen wit en swart om die fokus van swak dienslewering af te trek.

Só reken mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, oor die betogings en geweld wat in Coligny uitgebreek het na borgtog toegestaan is aan mnre. Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34). Hulle staan tereg op aanklagte van moord in verband met die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Die seun is agter op ’n bakkie na die polisie vervoer nadat hy na bewering in ’n sonneblomland betrap is. Hy het sy nek gebreek toe hy van die bakkie af geval of gespring het (volgens die beskuldigdes), waarná die boere die ongeluk by die polisie aangemeld het. Die staat beskuldig hulle van moord.

Onlus en onrus
Chaos het uitgebreek na die beskuldigdes se vrylating. Verskeie huise is aan die brand gesteek en die polisie het gespook om die situasie onder beheer te kry. Ten spyte van die feit dat die saak teen die beskuldigdes steeds hangend is, het die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, tydens Mosweu se begrafnis beweer dat hy in die hande van “wit mense” dood is.

Du Toit sê die ANC gebruik die insident om die publiek se frustrasie met swak dienslewering na wit boere te verplaas. Die onrus in Coligny volg op protesoptrede in nabygeleë Lichtenburg weens ’n gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla-munisipaliteit, waaronder beide dorpe val. Die munisipaliteit is in ’n diensleweringskrisis gewikkel, met enorme skuldvlakke en herhaalde oproepe dat die burgemeester, mnr. Daniel Buthelezi, moet bedank.

“Wat met die kind gebeur het, word as ’n verskoning gebruik en deur politieke partye verpolitiseer. Dit gaan eintlik oor ’n Regering wat sy mense faal met swak dienslewering, sowel as armoede en werkloosheid as gevolg van swak regeringsbeleid.”

Magstryd
Du Toit reken dié insident het ’n speelbal vir politici geword in die toenemende retoriek rondom “wit monopolie-kapitaal”.

“Dit gaan oor die magstryd tussen die EFF en ANC. Hulle kompeteer hier vir dieselfde stemme. Dit is moontlik ook hoekom sulke radikale uitsprake rondom die insident gemaak word.”

Die toenemende rassespanning in Coligny maak Du Toit baie onrustig.

“Die rassistiese inslag van die hele ding en die verpolitisering daarvan rondom die rasaangeleentheid is kommerwekkend en absoluut onverantwoordelik. Dit is duidelik deel van ’n strategie, want dit wat op nasionale vlak gesê word, word hier in Noordwes geego.”

Du Toit sê politici, insluitend Mahumapelo, brandmerk boere as rassiste en blameer hulle vir wat in Suid-Afrika verkeerd gaan.

“Dit is deel van hulle strategie en is soortgelyk aan wat Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het. Hy het die wit monopolie-kapitaal die skuld gegee vir wat verkeerd geloop het. In hierdie geval is die sneller swak dienslewering, nie dié voorval nie. Dit bloot gemaklik by hulle planne ingepas en die fokus geword.

“Onderliggend hieraan is ’n land wat polities en sosio-ekonomies faal. Werkloosheid, swak dienslewering en politieke opsweping is aan die orde van die dag en politieke groeperings en kriminele elemente buit die onstabiliteit uit.”

Steun
Du Toit sê landbou-organisasie soos die TLU SA en Agri Noordwes werk met die gemeenskap saam om ondersteuning te bied en waar moontlik met beveiliging te help. Hy het betrokke partye en die gemeenskap van Coligny aangemoedig om verantwoordelik op te trede te midde van die onrus.

“Laat die gereg sy gang gaan en laat ons by die waarheid inkom. Intussen moet alle partye, ook die media, besef dat ons nie die situasie verder moet aanblaas nie. Gemeenskappe en organisasies moet saamwerk, oor ons verskille heen, met die regsraamwerk as ons riglyn, om almal te beskerm.

Netwerk 24

Artikel 11

Zuma land-uit wyl land brand.

Terwyl die land huiwer op die rand van totale anargie met gewelddadige proteste, het die land se president om eerder in Afrika besoek te gaan aflê in plaas daarvan om sy aandag te wy aan die herstel van wet en orde in die land.
Jacob Zuma is tans op besoek aan Tanzanië om wedersydse betrekking met die land te verstewig.
Dit volg op Zuma se weiering die naweek om Vuwani te besoek, uit vrees dat hy weer uitgejou sou word soos onlangs op Bloemfontein.
In Richardsbaai is polisievoertuie met ‘n stootskraper omgestoot terwyl skynbaar miljoene rande skade in die hawe aangerig is.
In Eldorado Park bots inwoners ‘n tweede dag met Polisie oor werkloosheid en gebrek aan huisvesting.
In Coligny is nog blankes se huise afgebrand oor borg toegestaan is aan twee boere, terwyl skole ontwrig word en leerlinge nie kan skoolgaan nie.
In Natal is etlike skole afgebrand deur informele besetters.
Vuwani bly ‘n gewelddadige kookpot oor die inlywing van die gebied by ‘n ander streeksmunisipaliteit.
Ook in Port Elizabeth kom onluste voor en paaie word versper.
In feitlik geen van die geweldgeteisterde gebiede lyk dit of die polisie nie in staat om wet en orde te handhaaf nie.

Die Vryburger, 10 Mei 201

 

Artikel 12

Coligny: ‘Vat brandstigters vas’

Deur Corli van der Merwe
9 Mei 2017

Die polisie moet streng optree teen gevalle van brandstigting en saakbeskadiging wat in Coligny voorgekom het.

Die voorvalle van brandstigting en vandalisme wat gister in Coligny plaasgevind is uit talle oorde veroordeel en ’n beroep is op die polisie gedoen om met erns op die situasie te reageer.

Gemeenskapslede het met woede op die suksevolle borgaansoek van mnre. Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34) reageer. Hulle is op borg van R5000 elk vrygelaat en word daarvan aangekla dat hulle verantwoordelik is vir die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Mosweu is agter op ’n bakkie na die polisie vervoer nadat hy na bewering in ’n sonneblomland betrap is. Mosweu het van die bakkie af geval en sy nek gebreek, waarná die boere die ongeluk by die polisie aangemeld het. Volgens hulle het Mosweu van die bakkie af gespring, terwyl die staat hulle van moord beskuldig.

Chaos
Chaos het uitgebreek na die beskuldigdes se vrylating. Huise en lande is aan die brand gesteek en die polisie moes bontstaan om die situasie onder beheer te kry.

Intussen word die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, daarvan beskuldig dat hy rassistiese uitlatings maak en gemoedere verder aanblaas. Volgens Afriforum het Mahumapelo op Mosweu se begrafnisdiens gesê die seun is dood “in die hande van wit mense.”

Mnr. Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, sê in ‘n verklaring Mahumapelo moet pa staan vir verdere geweldadige betogings rondom die saak.

“Wanneer wit persone deur swartes vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie omgekeerd is, maak die ANC rassisme daarvan. Dit is onaanvaarbaar,” sê Groenewald. “Mahumapelo kan gerus sê hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor te sê gehad het.”

Vervolging
Die TLU SA het op sy beurt geëis dat diegene wat skuldig is aan brandstigting, vervolg word.

“Dit is verregaande dat ’n bende reg in eie hande neem en dit nogal terwyl die slagoffer niks met die hele hofsaak te doen het nie,” sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter, in ’n verklaring. Van die slagoffers van brandstigting op Coligny sluit in ’n plaaslike dokter wie se huis afgebrand is en ’n sake-eienaar, wie se besigheid voorheen tydens die onrus geplunder is, terwyl sy huis gister ook deur betogers aan die brand gesteek is.

Mnr. Mmusi Maimane, leier van die DA, het sy kommer oor die situasie in ’n verklaring uitgespreek en ’n beroep op inwoners gedoen om die regsproses sy gang te laat neem. Maimane waarsku teen die mobilisasie van private burgers.

Landbou.com

Artikel 13

ANC se Coligny-forum gaan ‘rassime’ ondersoek; swart skole bly gesluit.

Pogings om die situasie in Coligny in Noordwes te normaliseer het tydens ‘n vergadering tussen inwoners en afgevaardigdes van die regering nie veel belofte opgelewer nie.
Dit is nie verbasend nie aangesien die media voorgee dat die rassegeweld teen wittes met ‘n rede plaasvind. Terwyl daar hoegenaamd geen bewyse bestaan nie, hou die media soos Eyewitness News vol dat die swart tiener “vermoor” is.
‘n Vroeëre voorstel deur ‘n provinsiale regeringsafvaardiging dat swart leerlinge terugkeer skool toe, is geweier.
Dit het tot hernieude oproer Dinsdagaand in die Tlhabologang-lokasie gelei toe die polisie en inwoners met mekaar slaags geraak het.
Voertuie op die N14 tussen Coligny in Ventersdorp is met klippe bestook en ‘n polisievoertuig is beskadig.
Swart inwoners hoop om ‘n rasseoorlog te ontketen omdat twee wit verdagtes, wat op valse aanklagte verskyn het wat verband hou met die dood van ‘n swart tiener twee weke gelede, borgtog gekry het.
Die staat het nog nie die nadoodse ondersoek voltooi nie, maar ten spyte daarvan het die media en die ANC reeds besluit dat die tiener deur die twee wit mans gedood is.
Wit inwoners was verstaanbaar ontsteld omdat swart joernaliste al laggend die onlusmakers gevolg het wat petrolbom-aanvalle op huise geloods het, iets wat kennelik op voorkennis van die rassegeweld teen wittes dui.
Voorts probeer die hoofstroomberigte feite oor die verhoor toesmeer en bied die geweld aan asof die twee wittes skuldig is.
Die sogenaamde getuie wat “alles gesien het” het nog geen enkele mens by ‘n uitkenningspaprade uitgewys nie en dit is nie duidelik of hy eers ‘n beskrywing van die tiener kan gee nie.
Die hoofstroommedia, die minister van polisie, Fikile Mbalula en Sanef teem nou oor ‘n gebrek aan “persvryheid” en “aanvalle op die media” nadat hulle deur van die eienaars weggewys is.
Die dienslewering in die gebied is beroerd met die munisipaliteit wat water moet aanry aan meer as tweederdes van loksaie-inwoners. Die rassegeweld teen wittes is ‘n maklike manier om ‘n gebrek aan dienslewering en xenofobie deur die patetiese swart regering weg te steek.
Mpho Motlhabane, die LUR van Openbare Veiligheid van Noordwes, sê die regering het ‘n forum op die been gebring “wat sal kyk na rassisme in Coligny”.
Die LUR het ewe vroom aan swart inwoners gesê dit sal “versoening, genesing en hernuwing” verseker sodat dat “almal se regte” in die gemeenskap “beskerm” word, maar hy het uit die staanspoor die “wit rassiste” aangekla.

Foto – Laggende swart joernaliste weet presies waar die volgende huis gaan brand; Die twee aangeklaagdes.

praag.co.za, 10 Mei 2017

 

Artikel 14

SABC wants you to pay a TV licence for your computer, cellphone and tablet
Cape Town – SABC CEO James Aguma shocked on Wednesday by telling parliament the SABC wants the Broadcasting Act changed to include more viewing devices so that more people need a SABC TV licence, for instance for computers, cellphones and tablets.
Aguma, SABC executives and the SABC’s new interim board appeared before parliament’s portfolio committee on communications to brief members of parliament about the latest situation at the crisis-riddled public broadcaster and its revised corporate plan.
He said the SABC is budgeting for lower revenue from SABC TV licences this year, but that the SABC wants to see changes made to the Broadcasting Act to make it mandatory for people to pay a TV licence for more devices they view content on.
Currently people are required to pay a TV licence for a device that can receive a TV signal. As video-on-demand (VOD), digital broadcasting and video content channeled through other device however grows, millions more South Africans are watching TV content on computers, laptops, cellphones, tablets and other devices.
Aguma told parliament that if the Broadcasting Act is changed, it would broaden the collection base for SABC TV licences which in turn would help to increase the potential revenue the public broadcaster could collect from this income stream.
Source: News24

 

Artikel 15

Groter boetes as swart bevoordeling nie nagekom word.

Die ANC-minister van arbeid, Mildred Oliphant, oorweeg dit om Jacob Zuma om swaarder boetes in werking te stel vir maatskappye wat na haar sin nie vinnig genoeg swart bevoordeling toepas nie.
Dit volg nadat die jaarlikse verslag van die kommissie wat na gelykheid in die werksplek kyk, bekend gestel is.
Daarin word beweer dat die meerderheid top bestuursposte, 69%, steeds deur blanke mans gevul word, terwyl swartes 14,4% van dié poste beklee, Indiërs 4,9% en kleurlinge 3,4%.
Alhoewel arbeidskenners groot vraagtekens het rondom die syfers, is dit vir die Minister egter genoeg rede om te vra vir hoër boetes vir instellings wat na haar sin te wit bly, want die verslag toon volgens haar die “pynlik stadige pas van transformasie in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, en die tekort aan aptyt vir transformasie.”

Foto – Mildred Oliphant.

Die Vryburger, 10 Mei 2017

 

Artikel 16

R100 000 uitgeloof vir bewyse van gronddiefstal.

TLU SA se Uitvoerende Komitee het besluit dat hy behoorlik moeg is vir beskuldigings dat boere die land se grond gesteel het en dat dit die rede is waarom al meer stemme opgaan vir die onteiening van grond sonder vergoeding.
Mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA, sê dat daar vir eens en vir altyd duidelikheid oor die saak gekry moet word. “Daar word alewig allerhande vae beskuldigings gemaak in die verband, maar nog niemand kon met enige konkrete bewyse van gronddiefstal vorendag kom nie.
“Daarom het TLU SA besluit om ‘n beloning van R100 000 aan te bied aan enigiemand wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiële boer of lid van TLU SA sy grond wederregtelik bekom het, wat diefstal sou kon uitmaak,” sê Mnr. Meintjes.
Mnr. Meintjes het bygevoeg dat eiendomsreg stabiliteit verskaf en die basis is vir ekonomiese groei. “Sonder gesonde eiendomsreg sal alle ander regte ook bloot verval. Tog word ons eiendomsreg met ’n leuen van ‘diefstal’ ernstig bedreig, terwyl daar geen bewyse bestaan dat enige grond ‘gesteel’ is nie. Almal wat glo in ekonomiese groei, werkskepping en armoede verligting, moet daadwerklik nou saamstaan en die ernstige bedreiging van populêre leuens weerstaan. Moet nie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”

Foto – Mnr. Louis Meintjes.

Die Vryburger, 10 Mei 2017

 

Artikel 17

Sondag, Mei  7 2017

Solidariteit gaan in die komende week ʼn vroeëwaarskuwingsklag by die Verenigde Nasies se Komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) in Genève Switserland indien. Die klag fokus op die moontlike gevolge wat rasseuitsprake en haatspraak teen minderhede kan inhou. Daar word veral gefokus op die gebrekkige optrede van die regering en instellings soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK). Die Solidariteit-klag word ingevolge die prosedure wat voorsiening maak vir vroeë waarskuwing en dringende optrede ingedien.

Solidariteit versoek in sy massaklag dat CERD ʼn formele ondersoek loods deur inligting van organisasies soos die SAMRK asook die regering aan te vra en om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om die situasie op grondvlak te ondersoek. Indien CERD saamstem oor die substansie van Solidariteit se klag kan die komitee aanbevelings aan die regering maak en/of die saak na die Veiligheidsraad van die VN verwys.

Solidariteit se klag volg op die sukses wat Solidariteit verlede jaar by CERD behaal het met sy klag oor kwotas in die werkplek en in sport. Na aanleiding daarvan het CERD onder meer die staat versoek om verslag te doen oor sy beleid / praktyke en het kritiek uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige stelsel wat aan apartheidklassifikasie herinner. Die komitee was ook van mening dat Suid-Afrika se stelsel van kwotas te rigied is.

Afgesien van die indiening van die klag by CERD gaan Solidariteit in die komende week ook klagte oor die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika by die parlement, die SAMRK, die Internasionale Menseregtekommissie en die Internasionale Arbeidsorganisasie indien.

Solidariteit gaan ook die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie vra om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om Solidariteit se klag te ondersoek. In die klag wat aan die VN se Menseregtekommissie voorgelê word, word ook versoek dat die staat verdere inligting moet verskaf en dat Solidariteit die geleentheid kry om voorleggings aan die VN-kommissie te maak.

“Ons doel daarmee is om weer objektiwiteit oor ras in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die subjektiewe hantering van ras het sistemies geraak en die sisteem regverdig dit. Omdat dit sistemies geword het, sal dit goed wees as ʼn waghond van buite ʼn verandering fasiliteer,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Sowat 405 000 Suid-Afrikaners het ʼn petisie onderteken waarin hulle Solidariteit se klag steun.

Die klag spruit voort uit ʼn Solidariteit-verslag en -konferensie wat die verskynsel van selektiewe rassisme ondersoek en ontleed het.

Volgens Solidariteit het sy ondersoek duidelik aan die lig gebring dat die voorkoms van rassisme in Suid-Afrika op ʼn selektiewe manier hanteer word.

CERD lê veral klem op die belangrikheid daarvan dat die staat moet ingryp as verkose of ander staatsamptenare hulle skuldig maak aan rasseuitsprake en haatspraak. Die doel is veral om minderhede teen opsweping deur die meerderheid te beskerm.

Solidariteit se klag, wat die vorm van ʼn massaklag aanneem, fokus veral op uitsprake en/of optrede van mense wat oor vertikale invloed beskik; dit wil sê mense met gesag. Suid-Afrika is baie verdraagsaam teenoor rasse-uitsprake wat deur Suid-Afrikaners in gesagsposisies gemaak word, maar is totaal onverdraagsaam teenoor die rasse-uitsprake wat gewone wit Suid-Afrikaners, wat oor geen gesag beskik nie, maak.

In ʼn ontleding oor die verskynsel wys Solidariteit onder meer daarop dat die eiendomsagent Penny Sparrow se uitsprake oor swart Suid-Afrikaners 4 501 mediatrefslae gehad het, terwyl Julius Malema se uitsprake dat wit Suid-Afrikaners nie nou geslag moet word nie en dat hul vrede versteur moet word, slegs 163 trefslae gehad het.

Solidariteit toon in sy klag aan hoe ook die SAMRK rassisme selektief hanteer. So byvoorbeeld het die SAMRK nog geen hoëprofiel- swart Suid-Afrikaner, soos Julius Malema, Jacob Zuma, Lulu Xingwane of enige ander ondersoek nie, maar gewone wit Suid-Afrikaners soos Penny Sparrow, Chris Hart en Justin van Vuuren is almal uit eie inisiatief deur die MRK ondersoek.

“Ons mag mos nie maak of dit reg is as Jacob Zuma sê alle probleme het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het en dit gebruik om regverdiging te vind om alle probleme, selfs optogte teen Zuma aan wit mense toe te skryf nie. Ons mag nie stilbly as Julius Malema sê sy doel is om wit mense se vrede te versteur en wit mense moet besef dat hulle net besoekers hier is nie. Dit is xenofobiese taal. Ons mag nie toelaat dat ʼn wiskunde-onderwyser, Tlou Molele, sê wit is ʼn genetiese fout nie en ons mag nie toelaat dat die talle ander voorbeelde wat in ons klag en verslag vervat word, geïgnoreer word nie.

Een ding wat erger is as die uitsprake is om daaroor stil te bly en te hoop dat dit, en die gevolge daarvan, gaan verdwyn. Ons mag nie toelaat dat enige groep in Suid-Afrika as ongewens beskou, gekriminaliseer of ontmens word nie. Die tyd het aangebreek dat die internasionale waghonde vroeg reeds gewaarsku word oor die voorkoms en die moontlike gevolge van sulke uitsprake, het Hermann gesê.

Die week se gebeure kan op Solidariteit se Facebook-blad gevolg word.

Bron:  Solidariteit web

Artikel 18

Woensdag Mei 10 2017

Solidariteit het vandag ʼn klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ingedien. Volgens Solidariteit maak die regering hom skuldig aan onbillike rassediskriminasie en vra hy die IAO om dit te ondersoek en ʼn uitspraak daaroor te gee.

Hierdie klag van Solidariteit is een van drie klagte wat vandeesweek by verskillende liggame van die Verenigde Nasies in Genève teen die Suid-Afrikaanse regering gelê word oor rassisme en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Donderdag gaan Solidariteit ʼn klag by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie lê en Vrydag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD).

“Ons is almal moeg vir ras en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Die tyd om daaroor stil te bly, is verby. Ons mag nie toelaat dat minderhede, en spesifiek wit mense, deurlopend gekriminaliseer word nie. Dubbele standaarde in die hantering van ras is nie net verkeerd nie; dit is boonop gevaarlik. Dit het egter so deel van die Suid-Afrikaanse samelewing geword dat dit byna nie raakgesien word nie. Die doel van ons veldtog is om te wys dat die keiser kaal is sodat die situasie genormaliseer kan word,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Solidariteit kla die Suid-Afrikaanse regering by die Internasionale Arbeidsorganisasie ingevolge konvensie 111 van die IAO aan, wat onder meer vereis dat maatreëls vir regstellende aksie regstellend en tydelik van aard moet wees.

In sy klag sê Solidariteit dat die regering se stelsel van rassekwotas nie nierassigheid, soos vereis deur die Grondwet, bevorder nie maar eerder nuwe rassisme tot gevolg het. Die stelsel het niks met regstelling te doen nie, maar alles met ras en dit lei tot geïnstitusionaliseerde rassisme.

In Solidariteit se klag wat aan die IAO voorgelê word, word ook gemeld dat die huidige stelsel van rassekwotas in Suid-Afrika mense volgens apartheidskategorieë van ras indeel. Mense word dan volgens ʼn wiskundige formule aan die hand van die nasionale rassedemografie bevorder of aangestel. Hierdie wiskundige stelsel ignoreer die regstelling van benadeeldes totaal. In sy klag voer Solidariteit aan dat hierdie wiskundige rassestelsel tot gevolg het dat ʼn persoon se reg om ʼn beroep te beoefen, beperk word deur die verteenwoordiging van die spesifieke ras waaraan die persoon behoort.

Oor swart ekonomiese bemagtiging sê Solidariteit dat die stelsel bloot ʼn klein elitegroepie bevoordeel. Die stelsel wat punte aan maatskappye vir rasseaanstellings en-eienaarskap gee, het bloot tot gevolg dat Suid-Afrika verder volgens ras ingedeel word.

Volgens die Solidariteit-klag is dit baie duidelik dat Suid-Afrika se rasseklassifikasiestelsel nie regstelling tot gevolg het nie en permanent van aard is.

“Suid-Afrika laat toe dat rasseklassifikasie al meer in die land geïnstitusionaliseer word. Growwe rassepraktyke word nie net as normaal geag nie, maar wel as noodsaaklik. Iemand moet sê dit is verkeerd. Die norme oor ras in Suid-Afrika is so skeefgetrek dat eksterne waghonde soos die Verenigde Nasies en die Internasionale Arbeidsorganisasie hulle daaroor moet uitspreek,” het Hermann gesê.

Volgens Solidariteit het hy nou alle interne remedieë in Suid-Afrika uitgeput en daarom vra hy nou die IAO om hom daaroor uit te spreek of die Suid-Afrikaanse regering aan die vereistes van konvensie 111 voldoen.

Volgens Hermann is Suid-Afrika deur die Verenigde Nasies en spesifiek die Internasionale Arbeidsorganisasie deel van ʼn groter internasionale gemeenskap en kan die land dus nie in isolasie optree nie. Binne die dissipline van die Verenigde Nasies kom lande ooreen op optrede teenoor hul burgers en teenoor mekaar oor wat billik is. Vir Solidariteit is dit duidelik dat Suid-Afrika, wat regstellende aksie en swart bemagtiging betref, tans buite die internasionale grense van billikheid optree. Die internasionale gemeenskap het ʼn plig om teen die Suid-Afrikaanse regering op te tree.

Solidariteit het ook vroeër die week klagte oor rassisme en die dubbelstandaarde wat geld by die hantering daarvan by die Suid-Afrikaanse Parlement en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien.

Bron:  Solidariteit web

Gaan hou van ons Facebook blad en volg ons op Tunein Nooi al jou familie en vriende wêreldwyd om saam ons te kuier

Met tunein kan jy met enige selfoon, android, tablet, rekenaar of skootrekenaar saam kuier enige plek enige tyd wêreldwyd solank jy internet opvangs het, of luistersaam op die web blad waar die radio ook speel sluit aan by ons skype klets groep en gesels lekker saam tydens programme

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-389103861456103/

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://join.skype.com/DjF7dEzBvdDf


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*