Gebeure op 2 Julie

2 Julie is die 183ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (184ste in skrikkeljare). Daar volg nog 182 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
310 of 311 – Pous Miltiades volg Pous Eusebius op.
1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop gewy.
1664 – Slag van Marston Moor: Die koningsgesindes verloor teen die magte van die parlement.
1679 – Pous Innocentius XI verklaar Turibius van Mogroveio salig.
1776 – Nadat hy die heel nag gery het, kom Caesar Rodney net betyds om die beslissende stem te gee vir die aanvaarding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
1832 – Pous Gregorius XVI stel Giuseppe Maria Velzi, O.P., meester van die Apostoliese Paleis en Mario Mattei, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
1839 – Opstand op die slawe-skip Amistad.
1865 – William Booth stig die Heilsleër.
1881 – Die Amerikaanse president James Garfield word geskiet. Hy sterf op 19 September 1881.
1900 – Die eerste Zeppelin vlug oor die Bodenmeer naby Friedrichshafen, Duitsland.
1932 – Die term New Deal word deur president Franklin D. Roosevelt vir die eerste keer gebruik.
1937 – Amelia Earhart en navigator Fred Noonan verdwyn oor die Stille Oseaan.
1964 – President Lyndon B. Johnson teken die Civil Rights Bill.
1976 – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam tot Viëtnam. Saigon word tot Ho Chi Minh-stad hernoem.
1979 – Die Susan B. Anthony-dollarmunt word uitgereik.
Geboortes[wysig | wysig bron]
1903 – Olaf V van Noorweë, († 1991).
1923 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en Nobelprys-wenner in († 1996).
1925 – Medgar Evers, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Decatur, Mississippi.
1925 – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, in Onalua, DRK († 1961).
1929 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant († 2017).
1955 – Piet Crous, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldkruisergewigbokskampioen.
1975 – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
1566 – Nostradamus, astroloog en wiskundige (* 1503).
1778 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof (* 1712)
1936 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855)
1937 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897)
1961 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899)
1967 – Boerneef, ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
1977 – Gert Potgieter, ‘n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur (* 1929)
1977 – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899)
2013 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925)
Bron: Wikipedia


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*