Droogtehulp net weg

 

Verlede jaar het georganiseerde landbou, bestaande uit TLU SA, Agri SA en Afasa, aangebied om die hele droogtehulpskema te administreer.  Dit sou dan die geld insluit wat deur die verskillende owerheidsinstellings toegewys is.

Die staat het hierdie aanbod van die hand gewys, en sou self die droogtehulp hanteer.

Sedertdien is verneem dat hulle slegs swart boere sou help, en enkele opkomende of bestaansboere is gehelp met ‘n paar sakkies mielies.

Nou blyk dit dat die staatsdepartemente in totaal R1 miljard vir droogtehulp gegee het, en slegs R 50 miljoen, oftewel 5% het by boere uitgekom.

Vir ‘n groot kommersiële boer is selfs die bedrag van R50 miljoen nie so baie nie, en wys dit op die omvang van die geld wat weg is.

Die ouditeur-generaal sowel as die openbare beskermer gaan glo gevra word om ‘n forensiese oudit te doen om vas te stel waar die geld heen is.

Vryburger 31 Mei 2017


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*