Oorsig oor broccoli-boerdery

Kool, of sy bekende Engelse naam broccoli, is ’n baie algemene gewas in die Matzikama omgewing. Kool is redelik maklik om te onderhou en is ook redelik aanpasbaar in ons omgewing. Dié eienskappe van kool maak van dit ’n winsgewende produk.

Maklik om te groei :

Die plantjies word in bakkies gegroei vir min of meer 6 weke, waarna jy dit dan uit plant.

Saaidiepte :

Die saaidiepte is omtrent drie keer so diep soos die deursnee van die sade.

Grond temperatuur :

Die optimale grond temperatuur is tussen sewe grade en dertig grade.

Spasiëring :

Plante moet tussen vyf-en-dertig en vyftig sentimeter uit mekaar uit geplant word.

Terwyl die plant op die land groei :

Die saailinge moet gereeld nat gelei word. As dit sonder water gelos word, sal dit glad nie eetbaar wees nie. As die plante groei, moet dit heelwat groot, gesonde blare ontwikkel. Daarna groei die blom koppe wat dan afgesny word om te eet of om uit te voer.

Belangrike wenke :

Hou die plante baie mooi dop vir die wit skoenlapper. Verwyder die eiers en larwes so gou as moontlik, om skade aan die gewas te voorkom.

As die plant sy geel blomme oop maak, is dit te laat. Dit sal nie meer eetbaar wees nie. Dus, moet koppe eerder vroeër as later geoes word.

Bron: my matzikama


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*