Christa Steyn

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Christa Steyn, gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958 in Krugersdorp – 11 Junie 2012 in Pretoria) was ‘n komponis, pianis en Afrikaansesangeres wat bekend is vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere as Jannie en die Tannie).  Haar verwerkings het verskeie kunstenaars help vestig, onder andere Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet.

Biografie

 

Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, geleer om klavier te bespeel. In 1962 op vier-jarige ouderdom begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solo sanger) opgeneem, onder ander Eerste Liefde en Bly By My. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisie-afdelings. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan Die Einde Van Die Reënboog.

In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerk-skool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

Vanaf 1986 werk sy vir 25 jaar as pianis en mede-kunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as mede-skrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu’s teen die muur (1992), De Kleine Man (1994v en 2000), Musiek en Repliek – Klas van ’79 (saam met Lucas Maree – 1999), Nagkantoor saam met ‘n verskeidenheid ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met ‘n teks van PG du Plessis – 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies – 2008), Houtkruis (saam met verskillende kunstenaars – 2008) Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli 2010)

Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy ’n lang stryd teen kanker verloor het.

Diskografie

  • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
  • My Treffers, 2004 EMI
  • Christa speel die “oldies”, 2002
  • Rondo, 1999 ANZ/JNS
  • Baroque for Babies, 1997/1999
  • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
  • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
  • Burlesque, 1994 JNS
  • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
  • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
  • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7″, 198? VENUS
  • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986:

Bron: Wikipedia


 

Be the first to comment

Leave a Reply