Belangrike inligting t.o.v webwerf administrasie.

Administrasie fooie op webwerwe kan huidiglik tussen R250 tot R1000 of selfs meer per maand  wees afhangende van wat  op die webwerf gedoen moet word.

Gewoonlik wanneer die webwerf klaar gebou is word hy oorgegee aan die aan die eienaar of die admininstrateur van die besigheid wat die webwerf se onderhoud en opdaterings van die inhoud en die opdatering van die plugins ens. self hanteer.  Die verantwoordelikheid van die onderhoud van die webwerf is die eienaar s’n.

 

Dit is baie belangrik t.ov. sekuriteit en om te verhoed dat die webwerf “gehack” word om die webwerf te onderhou en die sagteware op datum te hou.

 

Wat mense gewoonlik nie besef nie, veral nie in SA nie, omdat ons in SA nog baie nuut is in die kuber ruimte, is dat jy jou webwerf moet laat werk vir jou besigheid.

 

Mense dink gewoonlik jy het ‘n webwerf en dan lê hy daar en mense raak bewus van hom sonder dat ‘n mens weer aan hom hoef aandag te gee en dit is ongelukkig nie so nie.

 

Dit is uiters belangrik dat ‘n mens jou webwerf lewendig hou met gereelde nuwe artikels op die blog wat mense graag sal wil lees en wat dalk ook opvoedkundig van aard kan wees omdat ons in SA en elders baie oningelig is. ( Dit veroorsaak dat jy gereeld nuwe besoekers op jou webwerf kry en dat jou besigheid blootstelling kry)

 

Hierdie poste wat jy op jou webwerf publiseer kan jy op sosiale media ook deel en verder blootstelling kry vir jou produk of besigheid. Indien ‘n mens dit nie doen nie sal mense nie bewus wees van jou besigheid nie en jy sal dalk hier en daar iemand kry wat jou webwerf perongeluk ontdek

 

Die webwerf moet onderhou word en daar is gereeld deur die maand opdaterings wat gedoen moet word op die webwerf met die plugins en die sagterware.

Die opdaterings kan soveel  en selfs meer as 30 keer per maand wees

 

Ek het ondervind dat dit ook gevaarlik is om die webwerwe oor te gee as mense nie weet hoe dit funksioneer nie en  waar webwerwe uit  onkunde  “gebreek en korrupt” raak.

Met administrasie van die webwerf word bedoel:

1. Die webwerf moet onderhou word en daar is gereeld deur die maand opdaterings op die sagteware wat gedoen moet word op die webwerf met die plugins en die sagteware. Dit is baie belangrik om te doen want as dit nie gedoen word nie kan die webwerf “gehack” word en dan verloor jy die hele webwerf.

2. Die opdaterings en wysigings wat die besigheid op die webwerf benodig kan dalk een keer ‘n maand of self een keer elke ses maande of jaar wees of dalk nooit.

3. Die plasing van gereelde vars artikels t.o.v jou besigheid op jou webwerf se blog.

Die administrateur kan die basiese opdaterings hanteer en of plasing van gereelde nuwe vars artikels afhangende van wat die eienaar bereid is om voor te betaal.

 

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply