Neutsjokoladekaaskoek

Lewer 1 middelslag-koek
Bereiding: 15 min
Baktyd: 1 uur

Kors
1 pak (200 g) sjokolade-semelbeskuitjies
50 g botter, gesmelt

Vulsel
150 g donker sjokolade, in stukke gebreek
250 ml (1 houer) room
100 g (1 pak) Brasiliaanse neute, grof gekap
2 eiers
100 g (125 ml) suiker
500 g roomkaas

Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer ’n 20 cm-losboompan goed.

  1. KorsMaak die beskuitjies in ’n voedselverwerker fyn en meng dit met die botter.Druk op die boom en effens teen die kante van die pan vas. Verkoel.
  2. VulselSmelt die sjokolade en room in die mikrogolfoond of in ’n glasbak oor ’n kastrol met pruttende kookwater.
  3. Meng die neute met so ’n kwart van die sjokolade en smeer dit oor die kors.
  4. Klits die eiers en suiker tot lig en dik. Klits die roomkaas in. Giet die mengsel in die pan. Streep die res van die gesmelte sjokolade oor die maaskaasmengsel en roer ligweg deur met ’n Chinese eetstokkie om ’n marmer-effek te gee.
  5. Bak 1 uur tot gestol, maar nog effens drillerig in die middel. (Plaas ’n klein bakkie met water in die oond sodat die koek nie uitdroog nie.) Laat effens afkoel in die oond. Haal uit en laat heeltemal afkoel voor dit in die yskas geplaas word.
Deur Huisgenoot Digitaal op Oktober 11, 2013

 

Be the first to comment

Leave a Reply