Potgooi- Wees Dankbaar 12 Desember 2017

Aangebied deur Corrie

Klik HIER om weer te luister:

https://archive.org/details/WeesDankbaarSaamMetCorrie20171212.110245

Hou só ’n Dankbaarheidsdagboek

Dit hou gesondheids- en emosionele voordele in wanneer jy neerskryf waarvoor jy dankbaar is

Begin by dié wenke van dr. Robert Emmons, ’n professor in sielkunde aan die University of California in Davis in die VSA, wat van die universiteit se Berkeley’s Greater Good-webtuiste aangepas is.

 

  1. Verbind jou tot geluk

Besluit eers bewustelik om meer vervuld en dankbaar te wees, dan is dagboek hou sinvoller, stel navorsing voor. ‘Motiveer jouself om gelukkiger te wees,’ verduidelik Emmons.

 

  1. Kies diepte bo lengte

Skryf oor iets spesifiek waarvoor jy dankbaar is – byvoorbeeld hoe dankbaar jy is dat jou man die druppende kraan herstel het – dis voordeli- ger as om ’n lang lys neer te pen.

 

  1. Hou dit persoonlik

Fokus op ménse vir wie jy dankbaar is, nie dinge nie. En maak aftreksomme, moenie net optel nie: besin ’n bietjie hoe jou lewe sónder sekere seëninge sou wees eerder as om net pluspunte af te rammel.

 

  1. Onthou die verrassings

Lys onverwagse of verrassende gebeure, want ’n mens is geneig om meer dankbaar daarvoor te wees.


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*