Potgooi- Woordkunsuurtjie- Opgedra aan die Woordkuns uit die Pen van Louis Rautenbach 12 Desember 2017

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied deur Corrie

Klik HIER om weer te Luister

https://archive.org/details/Woodkunsuurtjie12Desember2017OpgedraAanDieWoordkunsUitDiePenVanLouisRautenbach

Bestel die boeke direk op die winkeltjie Klik HIER

 

  1. Oorsprong van Smarte (2013) is in roman styl. ʼn Verhaal met hoofstukke wat strek van Genesis tot Konings, van die skepping tot waar koning Dawid oorlede is en Salomo as koning by hom oorneem. Die boek vertel die ou bekende Bybelse verhale op besonderse wyse met die gepaadgaande emosies vir die karakters. Dit bevat baie lering en baie inligting wat soms misgelees word. Dit beskryf die besonderse lyn waarin alles vloei, en beklemtoon deurlopend die liefde, genade, barmhartigheid en vergifnis van die Here.  Die geboorte van die eerste vrese, die eerste moord, verkragting en gevoelens van wraak en selfvergelding word verhaal. Selfs interaksie met ʼn prostituut, owerspel en vier gevalle van selfdood, asook die genade van die Here selfs teenoor die Farao deur in die tien plae die onvermoë van sy afgode te bewys in ‘n poging om hom tot bekering te roep.

Op wye aanvraag deur lesers word hierdie boek na Engels vertaal en sal in die tweede helfte van 2017 onder die titel Origin of Sorrows uitgegee word.

  1. Spieëlsplinters (2013) is ʼn roman wat 80% gebaseer op eie ervaringe en word in die eerste persoon geskryf. Dit beskryf die impak van grootmense se besluite op hul kinders. Dit is vol intriges en gee ook bietjie lering oor spesifieke, enkele vraagstukke. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en raak verskeie emosionele ervarings van kindwees aan. Dit vind gedeeltelik plaas in die tyd voor selfone en motor radio’s waar motorritte gebruik is om o.a. familiekonsert te hou. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind.
  1. Soveel Jare (2014) – Die Roman gaan oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Die skok daarvan om uit te vind dat hy ʼn aangenome kind is, noop hom om op sy spore terug te loop. Die soeke na sy familie neem hom oor landsgrense heen. Hy reis ver om sy verlore familie op te soek. Die storie neem ‘n aanvang in Duitsland en gaan via London UK na Namibië, Suid Afrika en Swaziland. Dit strek oor 60 jaar en vertel die verhaal oor verskeie geskiedkundige tydlyne en betrek drie families. Hierdie lekkerlees boek bring baie emosies na vore en is plek-plek ‘n tranetrekker vir sensitiewe mense.
  1. My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser.
  1. Sy Lewe vir Sy Liggaam (2016) Die roman is gebaseer op die NT Bybelse boek Handelinge en sentreer meestal rondom Paulus se omswerwinge. Jesus gee Sy lewe vir Sy liggaam, die kerk. Dit begin waar Jesus aan die kruis sterf, gaan terug na Ou Testamentiese profesieë en verduidelik die profesieë van Jesus se koms op unieke wyse, waarna dit die vervolging en marteling van Christene beskryf, en uiteindelik die ontbanning van Christendom. Beskrywing van emosies is weereens gebruik om die karakters in die verhaal realisties uit te beeld. Hierdie besonderse, gewilde boek het ʼn baie goeie resensie van teologie doktors Frans en Sariet Nortjé gekry. Hulle beskryf dit o.a. as “ʼn moet om te lees, ʼn meesterstuk.”
  1. Die Bodemlose Kruik (2016) – Die boek neem die storie van Oorsprong van Smarte wat by Konings geëindig het, in roman styl verder vanaf Konings met die kroning van Dawid se seun, Salomo, en neem die leser deur die Ou Testament. Dit beskryf die uitdagings van Ester en Job, en behandel in romanstyl hoofsaaklik die profete en profesieë. Dit bied baie lering en gee baie perspektief op die profesieë en die waarskuwings wat God deur Sy profete aan ons rig.
  1. Skaduwees (2017) Hierdie roman handel oor ʼn kind wat blootgestel word aan die uitdagings van die geesteswêreld, waar emosies uitgelig word en die verskyning van voorbodes, demone, en ander verskynsels beskryf word, en bespreek in die tweede helfte ook die verskyning van engele, voorgevoelens, drome en visioene. Alhoewel die boek plek-plek bangmaker insidente bevat, is die boodskap van hoop en verlossing prominent daarin.
  1. Die Son Kom Op (2017) Roman oor ʼn gesin wat tot die uiterste aan onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping blootgestel word. Hierdie boek met sy aktuaele onderwerp ontlok bemoedigende terugvoer. Dit beloof om wye reaksie uit te lok en word ook in Engels uitgegee. In teenstelling met meeste boeke wat op ‘n hoogtepunt begin en aan die einde van die verhaal op ‘n laagtepunt eindig, begin hierdie boek basies eerder op ‘n laagtepunt met verskeie emosionele uitdagings wat die lewe bied, en eindig in triomf wat die leser met verwondering laat en selfs ‘n heerlike salwing bied.  (In Engels beskikbaar as Dawn has Broken ).

 

  1. Origin of Sorrows (2017) Hierdie is die Engelse weergawe van Oorsprong van Smarte. .

 

10. Dawn Has Broken (2017)  Hierdie is die Engelse weergawe van Die Son Kom Op.

11. Liefde Tussen die Sterre – Helfte van eerste druk reeds uitverkoop bekendgestel 12 Desember 2017

PROLOOG

Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.

Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!

Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

Ek wou altyd graag dink dat ons die enigste lewende wesens op die eensame planeet in die uitgestrekte, onbeperkte ruimtes moet wees, en het redeneer dat ons dit in die Woord sou lees indien dit anders was.

Nadat my eng denke hieroor deur Corrie Slabbert se radioprogram ‘Tussen die sterre’  geprikkel is en sy my entoesiasme met verskeie vrae aangewakker het, was ek kort voor lank geïnspireer om ʼn vakgebied, astrologie, wetenskap en die hemelruim, iets waarin ek nooit voorheen soveel in regtig  belang gestel het nie, te ondersoek. Tot my verbasing was ek baie vinnig oorweldig deur die wonderwêreld van die buitenste ruimte nadat ek navorsing daaroor begin doen het.

Hiermee saam het die ou liefdesverhaal van die reeds vergete vrou wat deur Egon na sy verafgeleë planeet ontvoer is, in sy eie storie in hierdie boek ontvou.

Hierdie verhaal beloof om die leser op ʼn ongekende avontuur wat oor miljoene kilometers strek, te neem en ʼn wonderwêreld van liefde en van ʼn besonderse sprokieswêreld tot anderkant die sterre, wat tot dusver nog net deur die Hubble teleskoop se reise bereik kon word, te neem.

Geniet hierdie unieke, verruklike reis van Egon en sy geliefde Riana saam met die skrywer.

Hierdie boek is ʼn ‘moet lees’ vir elke boekwurm, oud en jonk.


 

Be the first to comment

Leave a Reply