Potgooi – Nuus en Weer 9vm 9 Februarie 2018

Aangebied deur Corrie Weeksdae 9vm (CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Waarskuwings vanaf Facebook Blaaie

Traveling to Ogies/ Witbank from Bronkhorstspruit or Balmoral or R545?
*There is a strike at Phola*
Take 2nd turn-off (N12). Do not drive through Phola
*#Avoidphola*
*#BhsVeiligheid*

Ermelo
Inligting is ontvang dat n onwettige optog vir vandag in Ermelo beplan word vanaf die lokkasie na die munisipale geboue

Taxi strike in Hammanskraal continues. But buses are operating

Nuus

Die polisie moes gister rubber koeëls gebruik om lede van die EFF se studente-organisasie uiteen te jaag toe hulle die kantoor van die Departement van Hoër Onderwys in Pretoria wou beset.

EFF lede het gister strate afgeblok in Lydenburg en het ‘kill the boer’ geskree terwyl hul deur die strate stap. 18:40 voor Wimpy gestap af na Pick ‘n Pay se robot om Hulle het begin by die plase op Ohrigstad pad toe beweeg hul dorp toe

A group of TUT students marched to the Soshanguve campus yesterday, protesting over a lack of accommodation

Stay clear of the UNISA campus in Pietermaritzburg as students are apparently burning tyres.

As received and incoming.

Inwoners van Makeneng in QwaQwa in die Oos-Vrystaat het weer paaie met brandende motorbande versper uit protes teen gereelde kragonderbrekings en gebrekkige dienslewering. Dit volg na die dood van ‘n 22-jarige man wat deur ‘n dwaalkoeël getref is. Die polisie het na bewering op die betogers losgebrand. Die polisiewaghond, Opod, ondersoek die voorval. Skole is gesluit en inwoners eis dat die burgemeester van die Maluti-A-Phofong-munisipaliteit, Vusi Tshabalala, bedank

Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Eers het die Pretoria Boeremark by die Pioniersmu­seum in die slag gebly, toe is dit Tant Miertjie se kombuisrestaurant by die Willem Prinsloo-museum wat sy deure moet sluit.

Nou is die nuutste slagoffer van Ditsong Museums van Suid-Afrika glo The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-mu­seum, wat sy deure ná 25 suksesvolle jare moet sluit

EFF staar haatspraak klagte in gesig

Die EFF staar formele klagtes van haatspraak in die gesig nadat die burgerregte-organisasie AfriForum Woensdag hul verkla het by die gelykheidshof se kantoor in die landdroshof in Johannesburg ingedien.

Díe aanklagte volg kort na ’n voorval waartydens ’n groep EFF lede’n liedjie met die woorde “white man, you must die” en “shoot to kill the Boere” gesing het…

Petrol prices dropped 30c a litre on Wednesday‚ taking the Gauteng price of 93 octane to R13.90 a litre‚ the Department of Energy announced at the weekend.

South African retail petrol prices and wholesale diesel prices are set by a government department‚ the Central Energy Fund (CEF)‚ on the last Friday of each month to take effect on the first Wednesday of the coming month.

February’s price for 93 octane on the coast will drop to R13.81 a litre.

The CEF provides historical prices for Gauteng 95 octane petrol — which carries an additional 10c tax not charged on 93 octane — which show the price peaked at R14.76 in December and will fall to R14.12 on Wednesday.

The wholesale price of diesel will drop by 17c to R12.59 a litre for low sulphur fuel. In contrast to petrol‚ the government’s fuel price laws allow service stations to compete on price for diesel customers.

The Department of Energy’s statement said the 30c drop in the price of both 93 and 95 octane petrol was thanks to the stronger rand.

Although the average price of Brent crude oil rose to $69.11 from $64.08 a barrel of January‚ this was offset by the rand strengthening to R12.20 from R13.23 to the dollar.

Herald Live

Rugby kwyn weg by SABC se radiostasies

Rugbyliefhebbers sonder toegang tot DStv sal straks nie meer vanjaar na regstreekse radio-uitsendings van wedstryde kan luister nie

Vrou in Limpopo skiet aanvaller op plaas dood

’n Vrou van Groblersdal in Limpopo wat vier jaar gelede ’n plaasaanval oorleef het, het Dinsdagaand ’n plaasaanvaller doodgeskiet.

Ian Cameron, Afriforum se nasionale veiligheidshoof, sê Wilma Liebenberg was alleen tuis op die plaas, sowat 15 km buite Groblersdal op die Loskopdampad.

Onteiening is diefstal

Die minister van water en sanitasie, wat vir maande doodstil was oor die Kaapse waterkrisis, het skielik na die voorgrond getree en dreig nou om private damme te nasionaliseer, om sogenaamd armoede en gelykheid aan te spreek.

Slegs enkele van die land se damme is in staatsbesit, maar ‘n groot aantal geregistreerde damme behoort aan veral boere, wat die damme gebou het ter wille van landbou en voedsel vir die bevolking. Dit is daardie damme wat nou in die minister se visier is.

Boere is erg ontstoke oor haar dreigement van onteiening, en verskeie boere het gedreig om die damme dan eerder plat te stoot as dat die staat die beheer daaroor wil oorneem, wat daartoe gaan lei dat dit ‘n toeloop na die dam kan veroorsaak en die reeds wankelende veiligheidstoestand op die platteland, verder kan destabiliseer.

Die HNP het intussen begin met ‘n veldtog wat onteiening en ontneming sonder vergoeding as diefstal beskryf. Kort na die bekendstelling van die slagspreuk, het dit wyd opslae op die sosiale media gemaak en word dit wyd versprei.

Die Vryburger

Nog verbruikersboikotte op pad

Nadat verbruikers die Spur restaurantgroep geboikot het en dit daartoe gelei het dat verskeie takke hulle deure moes sluit na hulle rassistiese optrede, dreig dieselfde verbruikers met nog twee boikotte.

Lesers van die Afrikaanse gesinstydskrif, Huisgenoot, is hoogs ontstoke oor dié tydskrif se uiters positiewe berig oor die blanke en Afrikaner hater, Julius Malema, se derde kind wat binnekort gebore gaan word. Malema is berug vir sy sing van liedjies soos “Skiet die Boer” en dergelike, en lesers reken dat hy geen plek in ‘n Afrikaanse tydskrif verdien nie, veral nie omdat dit so positief aangebied word nie.

Die tweede wat gaan deurloop, is die SAUK se radiodiens wat besluit het om geen rugby meer op Saterdae uit te saai nie. Dit sluit die Afrikaanse radiodiens, RSG in. RSG gaan skynbaar wel voort om sokker uit te saai, wat uitsluitlik ‘n swart sport is waarvoor Afrikaanssprekendes geen of weinig belangstelling het nie. Luisteraars voel dat die sokker in hulle kele afgedruk word, en dat hulle daarom nie meer na RSG gaan luister nie. Dit kan ‘n invloed hê op die inkomste van die radiodiens, aangesien adverteerders minder of glad nie gaan adverteer as luistergetalle afneem. Die reeds bankrot SAUK kan dit nie bekostig nie, maar die politieke agenda van die bestuur staan bo die ekonomiese realiteit en wense van luisteraars.

Die Vryburger

Lamoer pleit skuldig

Na maande se ondersoek en heen en weer ontkennings, het die vorige Wes-Kaap kommissaris van polisie, Arno Lamoer, skuldig gepleit op sekere aanklagte van korrupsie, geldwassery en afpersing.

Dit volg na bewerings dat Lamoer en die staat ‘n ooreenkoms sou aangaan.

Kenners is bekommerd oor die feit dat hy dus slegs op ‘n paar van die 108 sake teen hom skuld gaan erken en dan gaan wegkom met ‘n ligte vonnis.

Brigadiers Darius van der Ross en Sharon Govender staan saam met Govender se man Colin en Lamoer tereg op die aanklagte.

Die polisieman op straat vra die vraag of daar nog êrens in die topstruktuur ‘n eerlike polisie offisier is?

Intussen het tien verdagtes, waaronder drie polisie offisiere, in die hof op Fochville en Virginia verskyn op aanklagte dat hul plofstof verskaf het aan verdagtes wat betrokke is by OTM- en kontant-in-vervoer ontploffings.

Die Vryburger

Ramaphosa ontken amnestie vir Zuma

Die nuwe ANC president en aspirant president van die land, Cyril Ramaphosa, het die ANC se LP’s in die koukus die versekering gegee dat hy nie besig is om enige ooreenkoms met die sittende staatshoof, Jacob Zuma, aan te gaan wat Zuma sal vrystel van vervolging nie.  Hy sê hy het nie die gesag om so ‘n ooreenkoms aan te gaan nie.

Politieke ontleders is bekommerd dat hy met woorde speel en dat die regering moontlik wel die vryskelding kan gee.

Die Nasionale Vervolgingsgesag moet binne die afsienbare toekoms besluit of hulle die 783 klagtes van korrupsie en geldwassery teen Zuma gaan herinstel.

Volgens bronne het Ramaphosa wel aangetoon dat Zuma binnekort sal uittree as president van die land, maar daar word nie ‘n datum aan die “binnekort” gekoppel nie

Die Vryburger

OPOD het sterk saak teen Kgomotso en vrou

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD) het ‘n sterk saak teen die vorige waarnemende kommissaris van polisie, wat ten minste ses klagtes van korrupsie in die gesig staar.

Die Nasionale Vervolginggesag (NVG) het saamgestem en klagtes is teen Kgomotso, sy vrou  “en twee ander” gelê.

Kgomotso sy vrou, brigadier Phahlane, en ‘n Pretoriase sakeman is elk op R10 000 borgtog vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 12 Maart 2018.

Die Vryburger

Staat betaal sterfte eise

Soos verwag is moet die staat nou families vergoed wat naasbestaandes verloor het in die Life Esidimeni saak.

‘n Aanvanklike bedrag van R200 000 is bepaal maar die provinsie sal nog moet hoes aangesien die mense nie tevrede is nie.  Dit beteken dat net duskant R30 miljoen betaal gaan word plus verdere eise.

Ontleders vra waarom die eise nie verhaal word van die skuldiges in die departement wat verantwoordelik gevind is vir die dood van die pasiënte nie.

Behalwe die aantal pasiënte wat dood is, is daar is steeds 48 pasiënte wat vermis word en dit onseker is waar hulle is.

Die Vryburger

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 18 en maximum van 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 16 en maximum van 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met swaar reën met tye – met ‘n minimum van 20 en maximum van 30

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige of swaar reën – met ‘n minimum van 19 en maximum van 27

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige reën met tye – met ‘n minimum van 18 en maximum van 28

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 20 en maximum van 31

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 20 en maximum van 31

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 22 en ‘n maksimum van 33

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 23 en maximum van 29

Oos London – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige reën met tye – met ‘n minimum van 25 en maximum van 33

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 21 en maximum van 37

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 18 en maximum van 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 15 en maximum van 25

En laastens

Sutherland – Bewolk en warm – met ‘n minimum van 9 en maximum van 28


 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*