Potgooi – Nuus en Weer 19 Februarie 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied deur Corrie weeksdae om 9vm(CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die programme word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo

Nuus

Die rand het die week waar groot ekonomiese nuus in Suid-Afrika verwag word op R11,63 teenoor die dollar weggespring.

73-jarige man is dood en sy vrou “erg geruk” nadat die egpaar Vrydagaand op hul plaas op Charl Cilliers in Mp;umalanga aangeval is.

Brigadier Leonard Hlathi Woorvoerder van die Polisie, het die voorval bevestig. Hy het die egpaar as Johannes Cornelius (73) en Ilse Jakoba Meyer (69) geidentifiseer

Netwerk24

Tuinier vermoor vrou op Kleinhoewe

Daarom is die manier waarop Liesl Nel (41) van Mbombela (Nelspruit) dood is net soveel moeiliker vir vriende en familie om te verwerk. Nel is Saterdag omstreeks 09:30 op ’n kleinhoewe naby die dorp vermoor.

’n Tuinwerker verskyn Maandag in die hof in verband met die moord, sê kapt. Dawie Pretorius, polisiewoordvoerder.

Volgens Pretorius het Nel die huis vir die eienaar in die Uitkyk-omgewing net buite Mbombela opgepas.

Die verhoor van die sogenaamde “Springs-monster” en sy vrou, gaan Maandag vir die eerste keer in 2018 in die hooggeregshof in Pretoria voort.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle hul vyf kinders vir etlike jare mishandel het.

Die polisie is in Mei 2014 na die egpaar se huis aan die Oos-Rand ontbied toe hul oudste seun na die bure gevlug het.

Die vrou het in 2017 getuig dat sy moeilike kinderjare gehad het. Sy het gesê haar ma het haar kêrel bo haar gekies.

Sy het by haar suster gaan bly toe sy 11 jaar oud was en het haarself geleer hoe om hare te sny en naaldwerk te doen.

Sy het haar man ontmoet toe hulle 17 jaar oud was.

Toe hulle verloof raak, het hulle by haar man se ouers gebly en uitgetrek toe sy ma oorlede is.

Adv. Anneke van Wyk, namens die pa, het aan die vrou gevra of sy saamstem dat haar man ook ’n moeilike kinderlewe gehad het, waarop sy “nee” geantwoord het.

Hulle staan tereg op 22 aanklagte insluitende verkragting, kindermishandeling en die besit en handel van dwelms.

Die man het skuld beken op een van die 22 aanklagtes – naamlik dat hy die polisie verhinder het om hul werk te doen.

Hulle pleit onskuldig op al die ander aanklagte.

 

Eerste man in 2 j. in Botswana gehang

’n Man wat skuldig bevind is aan die moord op sy meisie en haar seun is Saterdag in die vroeë oggendure by die sentrale gevangenis in Gaborone opgehang.

Dit was die eerste teregstelling in twee jaar in Botswana – die enigste land in Suider-Afrika wat nie die doodstraf afgeskaf het nie.

Joseph Poni Tselayarona (28) van Magokotswane in Molepolole, is Saterdag terreggestel vir die moorde in 2010 op sy vriendin, Ngwanyanaotsile Keikanne, en haar driejarige seun, Miguel Keikanne.

Die hooggeregshof in Gaborone het Tselayarona op 10 Maart verlede jaar die doodstraf opgelê. Hy is aanvanklik tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, maar die doodstraf vir die moord op driejarige seuntjie.

Tselayarona het teen die uitspraak geappelleer, maar sy aansoek is in November verlede jaar afgekeur. – Reuters

 

Sodwana Bay Gastehuis dok op oor Rassisme

Die gelykheidshof het die voormalige eienaar van die Sodwana Bay-gastehuis, wat in 2016 opspraak gewek het deur aan ’n voornemende gas te sê swart mense is nie welkom nie, ’n boete van R50 000 opgelê.

Dié geld sal aan Mpilonhle, ’n nieregeringsorganisasie wat op gesondheid en onderwys fokus, geskenk word.

Landdros Tamo Moodley het beslis André Slade het die waardigheid van swart mense aangetas.

Slade en sy vennoot, Katarína Križáni, het nadat die e-pos uitgelek is, verdere verontwaardiging uitgelok deur te sê God se Woord klassifiseer swart mense as “diere” en dat hulle ondergeskik is aan wit mense.

In gesprekke met ingeligtes, in politieke ontledings en in berigte duik die name van ministers wat na verwagting die trekpas gaan kry, telkens op. Hulle is:

  • Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne;
  • Lynne Brown, minister van openbare ondernemings;
  • David Mahlobo, minister van energie;
  • Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie;
  • Faith Muthambi, minister van staatsdiens en administrasie;
  • Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling; en
  • Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Al dié ministers word as lojaliste van Jacob Zuma beskou wat óf moontlik by staatskaping betrokke was, óf klaaglik in hul regeringsrol misluk het.

Netwerk24

Training or Test Radio with NO-Auto DJ (Connect and Play)

No Auto DJ or Radio Panel included.
You Connect and Broadcast, with your software.

klik hier/Read more

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met swaar reën met tye – met ‘n minimum van 22 en maximum van 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ligte reën buie – met ‘n minimum van 18 en maximum van 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met swaar reën met tye – met ‘n minimum van 21 en maximum van 29

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 19 en maximum van 29

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 17 en maximum van 29

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 19 en maximum van 29

Bloemfontein – Bewolk en baie warm – met matige reën met tye – met ‘n minimum van 22 en maximum van 29

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 22 en ‘n maksimum van 33

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm – met ligte reën buie – met ‘n minimum van 24 en maximum van 28

Oos London – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 23 en maximum van 23

Upington – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 22 en maximum van 34

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm – met ‘n minimum van 19 en maximum van 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 20 en maximum van 22

En laastens

Sutherland – Mooi weer en warm – met ‘n minimum van 12 en maximum van 27

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply