Potgooi – Nuus en Weer 20 Februarie 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied deur Corrie weeksdae om 9vm (CAT)

Luister weer

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die programme word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo

Nuus

Vervalle hospitale in Gauteng ‘krý aandag’

Só sê Theo Nkonki, woordvoerder vir die provinsiale departement van infrastruktuurontwikkeling, in reaksie op kommer oor die vervalle toestand van die Rahima Moosa-hospitaal vir vroue en kinders in die weste van Johannesburg.

Jacob Mamabolo, Gauteng se LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het in die provinsiale wetgewer gesê daar is 954 oortredings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid by die hospitaal geïdentifiseer.

Mamabolo sê die gebou is al 69 jaar oud en daar is baie werk wat gedoen moet word.

Dit sluit meganiese en elektriese herstelwerk en opgraderings en werk aan die dak, vensters en deure in.

Die departement het hierdie jaar R7,1 miljoen vir voorkomende onderhoudswerk hiervoor begroot, maar dit is dalk nie genoeg nie.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, sê dit is kommerwekkend omdat daar dringend aandag nodig is aan kwessies soos infeksiebeheer, afvalbestuur en brandtrappe.

Nkonki sê egter daar is geen rede tot kommer nie en dat daar ’n drie jaar lange strategie in plek is om tekortkomings by alle Gautengse hospitale aan te pak.

“LUR Mamabolo en dr. Gwen Ramokgopa, Gauteng se LUR vir gesondheid, het reeds in die eerste helfte van 2017 die strategie bekend gestel,” sê hy.

“Ons weet ons sit met baie ou infrastruktuur en ’n deel van die proses om dit op te knap is om ’n kommissie aan te stel om te bepaal presies watter instandhoudingswerk by alle hospitale gedoen moet word.”

Hy sê dit is ’n broodnodige stap sodat die provinsiale wetgewer vir die herstelwerk kan begroot. Die tekortkominge by Rahima Moosa is as deel van hierdie proses geïdentifiseer en die hospitaal is tans heeltemal funksioneel.

“Die nuwe strategie word vanjaar in werking gestel en ons wil hiermee wegbeweeg van die ou strategie, wat basies daarop neergekom het dat ons iets regmaak as dit breek.

“Die nuwe strategie probeer om ’n meer proaktiewe en gestruktureerde benadering te volg. Ons het alle hospitale op ’n skaal van een tot vyf geplaas en wil almal vir eers op vlak drie probeer kry.”

Volgens Nkonki is vlak drie gelykstaande aan ’n ou motor wat steeds betroubaar is en jou nie langs die pad sal laat staan nie. Rahima Moosa val tans steeds in daardie klas.

Netwerk24

Mbalula bly Lamoer is skuldig bevind

 Fikile Mbalula, minister van polisie, verwelkom die skuldigbevinding van Arno Lamoer, voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris.

Die hooggeregshof in Kaapstad het Lamoer Maandag skuldig bevind aan korrupsie.

Hy is egter onskuldig bevind aan rampokkery en geldwassery.

 Lamoer het vroeër vandeesmaand skuld beken op die aanklag van korrupsie.

“Die skuldigbevinding stuur ’n sterk boodskap dat niemand bo die wet verhewe is nie. Dit vestig ook vertroue in die land se strafregstelsel dat misdadigers deur die mag van die wet in die gesig gestaar sal word,” sê Mbalula in ’n verklaring.

Hy het ook die polisie se besluit herhaal om korrupte elemente onder polisielede uit te roei.

“Ons het polisie nodig wat verstaan dat hul werk ’n roeping is, (en) dat hulle ’n plig het om die mense van die Republiek van Suid-Afrika te dien en te beskerm,” sê Mbalula.

Vroeër is berig dat Lamoer saam met Salim Dajwee en brigs. Darius van der Ross en Sharon Govender, asook Govender se man, Kolin, op 109 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van R1,6 miljoen tereggestaan het.

Mbalula doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om ’n bron van inligting te wees om korrupsie in Suid-Afrika en die polisie te beveg.

Netwerk24

Baie reën gaan val, maar Wes-Kaap bly droog

In die res van die twee provinsies is daar ‘n 60%-kans op reën. Gauteng, KwaZulu-Natal, die oostelike dele van Noordwes, die Vrystaat en die verre noordoostelike dele van die Oos-Kaap het ook ‘n 60%-kans op reën.

Donderbuie sal in die res van die Oos-Kaap, die Vrystaat en Noordwes voorkom, terwyl die grootste gedeelte van die Noord-Kaap en die Wes-Kaap droog sal wees.

 Dit sal koel wees oor die grootste deel van die land, terwyl dit koud sal wees aan die Weskus en die sentrale en suidelike dele van die Vrystaat. In die noordelike provinsies en aan die ooskus sal dit warm wees.

Die koudste plekke  in die land is weer eens Sutherland en Calvinia in die Noord-Kaap waar die kwik net tot 12°C gaan styg.

Dit gaan baie warm wees in Upington in die Noord-Kaap met temperature wat tot 36°C kan styg.

In Pretoria en Johannesburg sal die kwik by 28°C draai.

In Durban sal die kwik ook tot 28°C styg en in Port Elizabeth sal dit nie warmer as 24°C wees nie.

Netwerk24

Your own Radio

Training or Test Radio with NO-Auto DJ (Connect and Play)

No Auto DJ or Radio Panel included.
You Connect and Broadcast, with your software.

klik hier/Read more

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Bewolk en baie warm – met reën plek plek – met ‘n minimum van 21en maximum van 30

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ligte reën buie – met ‘n minimum van 19 en maximum van 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 20 en maximum van 31

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm – met matige of swaar reën buie – met ‘n minimum van 18 en maximum van 27

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige reën met tye – met ‘n minimum van 17 en maximum van 29

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met matige reën met tye – met ‘n minimum van 20 en maximum van 33

Bloemfontein – Bewolk en baie warm  – met ‘n minimum van 19 en maximum van 31

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ‘n minimum van 22 en ‘n maksimum van 33

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm – met ligte reën buie – met ‘n minimum van 24 en maximum van 29

Oos London – Bewolk en koud – met ligte reën  – met ‘n minimum van 4 en maximum van 8

Upington – Sonskyn en bloedig warm – met ‘n minimum van 25 en maximum van 36

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm – met ‘n minimum van 18 en maximum van 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm – met swaar reën met tye – met ‘n minimum van 17 en maximum van 23

En laastens

Sutherland – Sonskyn en warm – met ‘n minimum van 12 en maximum van 28

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa
9:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

16:00 – Woordkunsuurtjie met Corrie
19:00 – Oordenking met Dr. Tienie Eilers

20:00 –  Musiek raai raai met Francois

 

Your own Radio show

We offer you the opportunity do have your own radio show and create your own income from home or anywhere you please (T&C apply)

to apply or get more info click here

apply now by adding this to your chart


 

Be the first to comment

Leave a Reply