Plaasmoord skok

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Plaasmoord skok February 20, 2018
Verskeie plaasaanvale en –moorde het die afgelope naweek voorgekom, en in die een geval is “Kort” Hans Meyer koelbloedig op sy plaas naby Charl Cilliers, ‘n dorpie naby Secunda in Oos-Transvaal vermoor.
Aranda Nel-Buitendag, VF+ raadslid in die Govan Mbeki Munisipaliteit, sê hierdie vorm van geweld teen die land se voedselvoorsieners het lankal handuit geruk en dit is tyd om plaasaanvalle en –moorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar.
Drie gewapende mans het Meyer se plaas betree en eers sy honde en toe vir hom koelbloedig doodgeskiet. Die rowers het met selfone, wapens en Meyer se voertuig gevlug. Sy vrou het die aanval oorleef.
“Dit is barbaars om ‘n persoon se woning en privaatheid binne te dring, sy eiendom te steel, sy gesin se lewens in gevaar te stel en uiteindelik sy lewe te neem. Ons land gaan gebuk onder ‘n reuse geweldsprobleem,” sê Nel-Buitendag.
“Die bedreiging wat dit vir ons boere en uiteindelik die voedselsekuriteit van die land inhou, is reusagtig en kan nie langer geïgnoreer word nie.” Die Vryburger

Be the first to comment

Leave a Reply