Kolostrum die Natuur se Geneesheer

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nog mense het gesterf agv listeriose..beskerm jou gesin met aliha lipid lifeline kolostrum. Niks kan jou beter beskerm nie. Nie eers antibiotika nie. Wetenskaplik bewys…bestel ASB vir jou en jou gesin…as jy navorsing wil sien oor kolostrum en die super virusses en bacteria…vra net..

Nie net spesifiek listeriosis nie enige bakterie en virus…kolostrum is amper 4x sterker as enige antivirale middel asook die superbugs…DIT is geboekstaaf.

Vir navrae of bestellings voltooi die onderstaande vorm

Naam/Name (Word Vereis/Required)

E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

Onderwerp/Subject

Boodskap/Message

 

Die gevare rondom die gebruik van antibiotika

  • Hoewel antibiotika onder die regte omstandighede ‘n wonderkuur is wat lewens kan red, het dit newe-effekte en moet die impak van ‘n kursus antibiotika op diemikrobioom nie gering geskat word nie.
  • Antibiotika is kragteloos teen virale infeksies en moet slegs vir bakteriële infeksies gebruik word.
  • Onoordeelkundige gebruik van antibiotika kan weerstandigheid teen hierdie middels kweek. Daar is ‘n wesenlike gevaar dat die mensdom hom oor ‘n paar dekades mag bevind in ‘n era wat soortgelyk is as die pre-antibiotiese era, waar antibiotika basies nutteloos geword het om ons te beskerm teen infeksies.

Antibiotika word (verkeerdelik) deur baie mense beskou as ‘n wonderkuur wat alle kwale kan genees.

Die ontdekking van Penicillin in September 1928 deur Alexander Flemming was een van die grootste deurbrake in die mediese wetenskap ooit.  Penicillin was 100% effektief teen staphylococcus, ‘n alomteenwoordige bakterium wat verantwoordelik is vir ‘n wye reeks van infeksies – vanaf puisies en pitsere tot dodelike siektes soos longontsteking.  Na die ontdekking van Pencillin is ‘n wye reeks verskillende antibiotikas ontdek en ontwikkel.  Vir die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom was dit moontlik om dodelike infeksies effektief te behandel.

In 1967 was antibiotika so effektief dat William Stewart (op daardie stadium die “surgeon general” van Amerika) verklaar het: “The time has come to close the book on infectious diseases. We have basically wiped out infection in the United States”.

Infeksies is egter steeds met ons en verder is antibiotika ook nie meer so effektief soos voorheen nie.  Wat is die probleem?  Om dit te verstaan is dit nodig om iets van die werking van antibiotika te verstaan.

Daar is basies twee tipes lewende organismes in die wêreld: eukariote en prokariote.  Eukariote sluit in mense, diere, plant, swamme (die organismes wat antibiotikas maak) en giste.  Bakterieë is prokariote.  Eukariote en prokariote funksioneer verskillend op ‘n sellulêre vlak.  Hulle vervaardig onder andere proteïene op verskillende maniere en die samestelling van hulle selwande verskil.  Antibiotikas teiken hierdie verskille tussen eukariote en prokariote om bakterieë te vernietig sonder om menslike selle ook dood te maak.  Sekere antibiotika blok byvoorbeeld die produksie van die primêre komponente in bakteriële selwande.  As die bakterium nie ‘n selwand kan vorm nie gaan hy dood terwyl die antibiotika egter geen uitwerking op menslike of dierlike selle het nie, aangesien hierdie selle nie selwande het nie.

En waar pas viruses in die prentjie?  Virusse is nie eukarioties of prokarioties nie.  Virusse kan beide eukariote en prokariote aanval en doodmaak.  Virusse word nie beskou as lewendig nie.  Hulle bestaan net uit ‘n bietjie genetiese materiaal (DNA) binne-in ‘n proteïendop.

Hoe maak ‘n virus ‘n mens dan siek?  Wanneer ‘n virus jou liggaam binnedring, neem hy een van jou eie liggaam selle oor.  Die virus forseer dan hierdie geskaakte ligaamsel om virus DNA te gebruik om nog virusse te maak en vry te stel wat dan op hulle beurt nuwe selle skaak.  Jou ligaamselle word dus fabrieke vir virusse.  Dit is waarom antibiotika nie werk vir virus infeksies nie.  Dit is jou eie liggaamselle wat virusse maak.

Antibiotika is dus kragteloos teen virusse.  Al wat ‘n virus effektief kan beveg is jou eie immuunsisteem.  ‘n Mens se liggaam het die mees ongelooflike meganismes om virusse te beveg.  Een van die redes waarom HIV so ‘n dodelike virus is, is die feit dat dit die selle van jou immuunsysteem teiken.  Dit vernietig dus geleidelik die meganisme waarmee die liggaam virusse beveg.

Watter tipe organisme veroorsaak watter siekte?

Virusse veroorsaak: Baterieë veroorsaak:
Verkoue Urienweg-infeksies (insluitend blaasinfeksies)
Griep Die meeste vel- en wondinfeksies
Die meeste gevalle van maaggriep (‘gastro’) Gangreen
Akute bronchitis Absesse
Die meerderheid van oorinfeksies ‘Strep Throat’
Kindersiektes soos masels en waterpokkies Sommige gevalle van longontsteking
VIGS Sommige oorinfeksies
Hondsdolheid Sommige sinusinfeksies
Geelsug (Hepatitis) Tuberkulose

Aanvanklik was antibiotika baie duur, maar namate die farmaseutiese bedryf beter geword het met die produksie daarvan, het antibiotikas goedkoper geword.  Kort voor lank was antibiotika vrylik beskikbaar en dokters het dit links en regs vir feitlik enige siekte of probleem begin voorgeskyf.

Bron: Doc Francois

Be the first to comment

Leave a Reply