
Annecke Redelinghhuis die befaamde digter, skrywer en sangeres in Australia aangewys as die Ambassadeur vir Afrikaans in Australia
Boemelaar Liedjie
Vergetelheid – Annecke Redelinghuys.
Ek roep na jou
In ‘n donker gang –
Waar die lig so bang
Aan die mure hang
Net jou eggo’s praat
As jou hoogverraad
Aan die stiltes raak
En my hart oopkraak
Die haan moes drie keer kraai,
En die wind moes ophou waai –
Vir my hart om om te draai
Ek roep na jou
In ‘n donker gang
Maar al wat oorbly le
Op die solders van vergetelheid
Ek soek na jou
In ‘n labarint
Om die sin te vind
Al is ek blind…
Net jou eggo’s leef
As my stom vergeef
Aan my hart bly kleef
En in my siel verweef…
Die haan moes drie keer kraai,
En die wind moes ophou waai –
Vir my hart om om te draai
Ek roep na jou
In ‘n donker gang
Maar al wat oorbly le
Op die solders van vergetelheid…
Die haan moes drie keer kraai,
En die wind moes ophou waai –
Vir my hart om om te draai
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.