Menslief ek is Lief vir jou

Kuier saam met Corrie elke Sondag om 4nm

Skakels om te luister:

Op RekenaarsVLC, Winamp & Media Player)

http://192.99.139.23:9300/listen.pls

http://radiostart.co.za:9300/listen.pls

http://www.yourmuze.fm/webplayer/netradiosa

Op Blackberry en Ander Selfone:

http://192.99.139.23:9300/;listen.mp3

http://radiostart.co.za:9300/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

http://netradiosa.co.za/?page_id=102

Of laai die applikasie af op jou foon:

http://testappusl.inmotionapps.net/apiv3/download

Indien jy wil adverteer op die radio of ons web blad of blootstelling  ook internasionaal vir jou produk wil hê kontak my gerus vir ‘n pakket om jou sak te pas

Nooi gerus al jou vriende en familie om saam met ons te kuier gaan like ons facebook blad gaan na tunein al die skakels om te luister is is op die facebook blad en die web blad en ook by al die program aankondigings

Daar is nie ‘n verskoning nie want met tunein kan jy enige tyd enige plek wêreldwyd saam kuier maak nie saak of jy op die onherbergsaamste gebied of in jou kar is nie met tunein kan jy op enige sel foon , android tablet of slimfoon saam kuier solank jy internet opvangs het

Vandag se onderwerp die Liefde

Ek gesels met myself ook en ek voel Liefde is baie belangrik vir elke liewe mens op die aarde.

Van die vrae waarmee ons worstel is die volgende:

Liefde – wat is liefde?

Hoe weet jy as iemand vir jou lief is?

Wat is jou definisie van liefde?

Voel jy of jy lief gehê word?

Hoeveel onvoorwaardelike liefde is daar in die wêreld?

Om ander lief te hê beteken:
· om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie;
· om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel;
· om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik daaroor te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie;
· om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie;
· om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie;
· om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie;
· om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie;
· om nie sommer vir niks kwaad te word nie;
· om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie.

Maar liefde het ook grense:

liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie.

Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het;

Liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle.

Liefde ken ook g’n einde nie.

Liefde is nie iets wat ‘n mens kan opgebruik nie.

Die probleem is dat ons nie verstaan wat mense se liefdes behoeftes is nie. En ons is nie almal dieselfde nie. Dan probeer ek om liefde te bewys aan ander, op die manier wat ek dit graag persoonlik wil ervaar. Daar is ‘n boek met die naam “The five love languages”. In hierdie boek word die liefdestale opgedeel in die volgende:-

  1. Woorde – die persoon wil dit hoor dat iemand vir hom lief is – en nie afbrekende woorde hoor nie.
    2. Kwaliteit tyd – om tyd saam met die persoon te spandeer, beteken dat jy omgee.
    3. Om iets te gee – die persoon hou daarvan om blomme, of sjokolade, iets moois – al is dit klein, te ontvang.
    4. Doen – om iets vir die persoon te doen, want dit sê vir hom hy is belangrik.
    5. Aanraking – nie die Hollywood-tipe nie, maar ‘n drukkie laat hulle goed voel.

Die probleem wat ons dan nou kry, is dat ek wil vir iemand doen in plaas van gee, of aanraking in plaas van tyd saam spandeer.

Hoe het ’n mens jouself lief?

Ons gee soms so baie liefde vir ander en hou niks vir onsself oor nie. Die geheim is om jouself eerste lief te hê en dit dan uit te deel

Elke onvriendelike en liefdeloos stem in jou kop is niks meer as ‘n spook uit die verlede. Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan besef dat dit geen werklike mag van sy eie.  Jy gee die stemme van lyding krag deur hulle te glo, en daarom het jy die krag om vry te word van hulle.

Die keuse bly joune of jy wil toelaat dat ervarings of ander mense se optrede gaan veroorsaak dat jy jouself nie kan liefhê nie, elkeen het in homself ‘n diep sterk Gees wat alles kan oorwin as jy dit toelaat.

Die groot leuen: Wees soos almal en dan sal jy geliefd wees.

Die waarheid is Jy is uniek in die groot heelal, spesiaal en asemrowende individu geskape, wees net dit en Leef dit!

Menslief ek het jou Lief!

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply