Potgooi Nuus & Weer 14 Mei 2018

Nuus 9:30  14 Mei  2018  Klik HIER om weer te Luister

https://archive.org/details/yol2018-05-14.092926

Goeiedag en hartlik welkom by Netradiosa & FM Stereo, my naam is Yolanda  met die nuus om 9:30vm.

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die programme word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo

 

Klik HIER om Weer te Luister

 Hooftrekke

 

  • Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n motor by Magaliesburg in Gauteng teen ‘n goederetrein gebots het. Drie vroue en die bestuurder van die motor is dood en een persoon is beseer. Volgens die polisie het die bestuurder vermoedelik nie by die spooroorgang op die R-500 gestop nie en voor die trein beland. Verlede maand is sewe mense dood toe ‘n trein en ‘n bakkie by die Buttskop-kruising in Blackheath naby Kaapstad teen mekaar gebots het.
  • Vier mense is dood toe hulle motor op die N3 noord reg van voor teen ‘n bus gebots het. Die botsing het tussen Lynnburst en Ashburton by Pietermaritzburg plaasgevind. Die oorledenes was almal in die motor. Meganiese toerusting moes gebruik word om hulle uit die voertuig te verwyder. ‘n Vyfde persoon, wat ook in die motor was, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Die 120 passasiers in die bus is ongedeerd.
  • Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê hy sal graag ‘n Suid-Afrika wil sien waar elke vrou veilig voel. Cele het in Johannesburg ‘n gedenklesing gelewer wat handel oor die moord op vroue aan die hand van hul geliefdes. Die lesing volg nadat Sandile Mantsoe vir 32 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op sy vriendin, Karabo Mokoena. In nog ‘n onlangse voorval is ‘n student in ‘n koshuis van die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie in Durban na bewering deur haar vriend doodgeskiet. Volgens statistiek is moorde op vroue deur hul geliefdes vyf keer hoër in Suid-Afrika as die wêreld gemiddeld. Cele het ‘n dringende beroep op polisiebeamptes gedoen om die mishandeling van vroue ernstig op te neem.
  • Die weermag van die Demokratiese Republiek die Kongo sê hulle werk saam met veldwagters om twee Britse toeriste op te spoor wat gister deur ‘n onbekende groep gewapende mans ontvoer is. Die groep toeriste is in die Virunga nasionale park aan die oostelike grens van die DRK ontvoer. ‘n Veldwagter is tydens die ontvoering dood. Drie mense, onder wie die Britse burgers, is gevange geneem. Die park, wat die oudste in Afrika is, is ‘n wêrelderfenisgebied wat bekend is vir sy berggorillas. Menseregtegroepe beraam dat die helfte van die ontvoerings in die streek is om lospryse te eis.
  • Dit lyk onwaarskynlik dat munisipaliteite wat in die VBS Mutual Bank belê het, hulle geld sal terugkry. Volgens berigte kan tot 15 munisipaliteite in provinsies soos Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en Gauteng in duie stort. Die Reserwebank het VBS in Maart onder administrasie geplaas weens ‘n likiditeitskrisis. Die bank se hoofbron van kontant was korttermyn munisipale beleggings wat gebruik is om langtermyn lenings aan kliënte te finansier. Die munisipaliteite het sowat een komma vyf miljard rand in die bank belê.
  • Die voorsitter van Cope, Pakes Dikgetsi het president Cyril Ramaphosa gevra om daadwerklik op te tree teen wat besig is om in Noordwes te gebeur. Dikgetsi het Ramaphosa gewaarsku om nie dieselfde pad as sy voorganger, Jacob Zuma te loop nie. Die president het verlede week met die party se provinsiale leiers samesprekings gevoer om die situasie in die provinsie te bespreek. Die premier, Supra Mahumapelo, het afgesien van sy voorneme om te bedank en het besluit om verlof te neem. Dikgetsi sê die ineenstorting van munisipaliteite, onregmatige besteding en korrupsie is meer as genoeg rede om Mahumapelo uit sy pos te verwyder.
  • Die Minister van Water en Sanitasie, Gugile Nkwinti het ‘n forensiese ondersoek gelas na die multi-miljard randse Nandomi-Nsami waterpypleiding in Limpopo. Die projek, wat in 2014 begin het, moet water verskaf aan die Giyani-gebied in die noordooste van die provinsie wat onder ernstige watertekorte gebuk gaan. Kontruksie van die pypleiding word egter gekenmerk deur stakings en hofsake. Talle gemeenskappe by Giyani het steeds nie lopende water nie. Nkwinti sê daar sal vasgestel moet word wat met die drie en ‘n half miljard rand gebeur het wat reeds aan die projek bestee is.
  • Die Inkomstediens het gewaarsku dat hy sal toeslaan op mense wat probeer om goedere deur die land se doeane te smokkel. Gister is ‘n 23-jarige man, wat na Doebai onderweg was, op die Kaapstad Internasionale Lughawe vasgetrek toe amptenare van die Inkomstediens twee miljoen rand in buitelandse valuta in sy bagasie gekry het. Die geld is nie verklaar nie. Sy bagasie is deursoek en ‘n snuffelhond het op die geld afgekom. Die dollarnote was in tien pakkies in sy bagasie versteek. In ‘n soortgelyke voorval verlede naweek is beslag gelê op bykans sewe miljoen rand op die OR Tambo-lughawe.
  • Die privaatsektor het kragte saamgesnoer met die Mangaung Metroraad en die middestad van Bloemfontein skoongemaak. Dienslewering in die Vrystaatse hoofstad het agteruit gegaan en vullis langs strate en in parke word nie verwyder nie. Die munisipaliteit sê hulle kan nie agt miljoen rand bestee om oortyd aan werkers te betaal om die vullis te verwyder nie. Die streekbestuurder van ‘n kettingwinkel in Bloemfontein, Stefan Gouws sê dit is ook hulle verantwoordelikheid om die stad skoon te hou.

SAL kry nog R5 miljard

Die reeds sukkelende en bankrot SA Lugdiens het ‘n verdere reddingsboei van R5 miljard belastingbetalersgeld ontvang van tesourie.

SAL het reeds die afgelope ses jaar geen wins getoon nie en staatshulp beloop tot dusver reeds R20 miljard.

SAL word deur graderingsmaatskappye beskou as een van die groot entiteite wat belastingbetalers se geld opslurp. Daar word gehoop dat SAL binne drie jaar gelyk sal breek, wat beteken dat gedurende nege hope geld in een diep donker gat verdwyn het.

Militêre Basis sit met plakkers

Die Marievale Militêre Basis naby Springs het 73 onwettige families op die grond en dit reeds sedert 2009.

Nadat die families nou uitgesit is het prokureurs vir Menseregte die SAW hof toe gesleep en het die Pretoriase hooggeregshof beveel dat die weermag nie die plakkers mag uitsit nie. Die regter het die SAW boonop skerp aangespreek dat hul toegelaat het dat ‘n militêre basis met ‘n veiligheidsheining en toegangsbeheer kon toelaat dat die basis in ‘n siviele woonbuurt ontaard.

Intussen blyk dit dat die militêre basis in Heidelberg (TVL) ook besig is om te verval en dat daar nie fondse is om die basis te herstel nie.

Drie vragmotors uitgebrand by Ellisras

Betogers het drie Zambiese vragmotors by Ellisras met petrol bomme bestook.

Een drywer is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.

Dit is die tweede aanval in twee weke in die gebied.

Die onrus gaan oor buitelandse bestuurders wat die vragmotors bestuur.  Vervoer tussen Zambië en SA,veral na Durban hawe, kan ernstig geraak word deur die aksies aangesien baie van Zambië se koper uitvoer geskied deur die Durbanse hawe.

Oud polisie kommissaris en kie tronk toe

Oud Wes-Kaap polisie kommissaris, Arno Lamoer (foto) en sy mede-beskuldigdes is weens bedrog en korrupsie tronk toe gestuur.

Lamoer is effektief gevonnis tot ses jaar tronkstraf met ‘n twee jaar opgeskorte vonnis. Sakeman Salim Dawjee is ook ses jaar gevonnis terwyl brigadier Darius van der Ross twee jaar en brigadier Colin Govender ses jaar tronkstraf gekry het.

Regter Allie het met vonnisoplegging gesê dat daar ‘n sterk boodskap moet uitgaan dat korrupsie in die polisie nie geduld sal word nie.

 

Die Weer  

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Gedeeltelik bewolk tot warm

Min  17 Max 28

Nelspruit –  Bewolk met mot reën plek plek

Min 14   Max 22

Pretoria – Bewolk met verspreide reen buie

Min  14 Max 19

Johannesburg – Bewolk met verspreide tot swear reen

Min  11  Max  14

Vereeniging –  Bewolk met verspreide reen tot swear reen

Min 8  Max 15

Rustenburg –  Verspreide reen buie

Min  11   Max  20

Bloemfontein – verspreide reen buie

Min 7   Max 20

Kimberley – bewolk met verspreide reen buie

Min  10 Max 21

Durban –   bewolk met mot reen plek plek 

Min 19   Max 23

Oos London – bewolk met verspreode reen

Min 17   Max 22

Upington –     gedeelte bewolk

Min 12 Max 22

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met verspreide tot swear reen buie 

Min 15  Max 20

Port Elizabeth – bewolk met verspreide reen plek plek

Min  12   Max  21

En laastens

Sutherland – Koue dag

Min  5  Max 13

 


 

Be the first to comment

Leave a Reply