Potgooi- Nuus en Weer 16 Mei 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied deur Yolanda weeksdae om 9h30

Luister weer klik HIER

 

Terreur aanval in RSA word ontken

Terwyl sogenaamde kenners in Suid-Afrika probeer ontken dat die Islamitiese Staat (IS) aktief betrokke is in die land, het die aanval op ’n Moslem moskee weereens die kalklig gevestig op die terroriste groep.

In ’n gesaghebbende koerant van Oostenryk word dit onomwonde gestel dat die aanval op die moskee wel deur die Islamitiese Staat uitgevoer is, en beweer selfs dat die terroriste groep verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het.

Die Vryburger het meer as twee jaar gelede gerapporteer dat die IS terreurgroep bedrywig is in Suid-Afrika, en daarop gewys dat minstens twee jong lede van die groep gevange geneem is nadat hulle probeer het om die land te verlaat.

Terroriste is glo ook aktief betrokke in die sogenaamde bendegeweld van die Kaapse Vlakte gebied, en die vermoede bestaan dat die IS terreurgroep die grootste dryfveer is om wanorde te skep.

Bewerings is ook gemaak dat IS opleiding bied in sekere plakkerskampe, maar dit word stilswyend geïgnoreer deur die owerheid.

800 000 Nigeriërs in SA!

Volgens nie-amptelike bronne is daar tans 800 000 Nigeriese burgers woonagtig is SA.

Die syfers is bekend gemaak nadat daar bekend gemaak is dat twee Nigeriese burgers gedood is – een in Johannesburg op 5 Mei en die tweede een op 13 Mei in Hazyview.

Die Nigeriese Unie van SA het bekend gemaak dat daar vanaf 2016 reeds 118 Nigeriese burgers gedood is in SA.

As die statistiek korrek is, dan blyk die beraming dat daar reeds miljoene Afrikane die land oorstroom het sedert 1994, korrek te wees.

Uitlanders moet waai

Die binnelanders in Natal  het die buitelandse winkeleienaars kennis gegee dat hulle teen Donderdag hulle winkels moet sluit of hul gaan aangeval word.

Die inwoners van Durban voel dat die uitlanders ‘n bedreiging inhou vir plaaslike besighede.

In 2015 het ‘n soortgelyke dreigement gelei tot die dood van ses uitlanders en meer as 2 000 is uit hul woon plekke gejaag.

Die sogenaamde xenofobiese aanvalle is glo ‘n groot bekommernis vir die regering, maar kenners wys daarop dat as die landsgrense oopgegooi word vir mense vanuit Afrika en Sjina, die gevolge van die oop grens beleid nie sal uitbly nie.

Malema ‘n swart rassis

Moeletsi Mbeki, politieke kommentator en broer van die voormalige staatshoof, het Julius Malema beskryf as ‘n “swart rassis” en blankes aanbeveel om die grondhervorming van die ANC te ignoreer.

Ander politieke kommentators meen egter dat dit maklik is om so ‘n uitlating te maak maar intussen stook Malema nog steeds die massas op om grond te beset en is hy maar nog steeds onder die banier van “kill a boer, kill a farmer”.

Natal ook keelvol vir Zuma

Tydens die Natalse Wetgewende Vergadering het die DA en die NFP die vergadering verlaat uit protes teen die oud-hoofman Jacob Zuma se teenwoordigheid.

Hulle beskuldig Zuma daarvan dat hy die staatskas “besteel” het en hulle kan nie saam met hom vergader nie siende dat hy deel was van die Guptas se staatskaping.

Ramaphosa se Iran verbinding versuur verhoudinge

Die voortgesette planne van die regering om handelsbetrekkinge met Iran te bevorder asook die herroeping van die SA ambassadeur in Israel gaan, beslis nie goed af by die VSA en veral president Donald Trump nie.

Suid Afrika baat tans weens uitgebreide handel en hulp ooreenkomste met die VSA.

Trump het onlangs aangekondig dat SA nie uitgesluit gaan word in tariefverhogings  vir invoere van staal en aluminium en kan die land meer as 7 500 werksgeleenthede kos.

VF Plus en regering praat oor plaasmoord statistiek

Nadat die regering twee weke gelede na jarelange swye en herhaalde versoeke van die VF Plus besluit het om statistiek oor plaasmoorde uit te reik, het die minister van polisie, Bheki Cele, nou ook gesê hy is bereid om met die VF Plus gesprek te voer oor die aangeleentheid in ʼn poging om oplossings hiervoor te vind.

Dit was nadat dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, aan die minister gesê het dit is belangrik om gesprek oor plaasaanvalle te voer in ʼn poging om die statistiek te verfyn en om in besonder nader inligting te bekom oor die slagoffers van plaasaanvalle.

Dr. Groenewald het aan Cele gesê hy verwelkom sy besluit om syfers oor plaasmoorde wel beskikbaar te stel. Hy het gesê daar was die afgelope drie jaar ʼn toename in aanvalle, en dat dié soort misdaad net effektief bestry kan word indien daar behoorlike statistiek beskikbaar is.

Die polisie het nou vir die eerste keer gedoen wat die VF Plus al vir byna twee dekades bepleit, en dit is om ʼn kundige polisiekommissaris uit polisie-geledere aan te stel. Net so het Cele polisie-ervaring na ʼn paar jaar diens as kommissaris. Daar is dus nie meer ʼn verskoning om misdaad nie effektief te bestry nie, meen dr. Groenewald.

 

SAID en Symington kom ooreen

Die hooggeregshof in Pretoria het in ‘n bevel ‘n ooreenkoms wat bereik is deur Vlok Symington en SAID bekragtig.

Symington het SAID hof toe gesleep nadat hy in Oktober 2106 deur die Valke in sy kantoor teen sy wil “gevange” gehou is.

Dit is nog een van die lang uitgerekte regsaksies wat ten koste van die belastingbetalers uiteindelik “geskik” word.

 Bron: Die Vryburger

 

 

 

 

 

Die weer

Die weer in jou area vandag soos deur die SA Weerdiens

 

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat die swaar reën wat Woensdag aan die noordkus en binneland van KwaZulu-Natal verwag word, tot oorstromings kan lei.

In die Wes-Kaap gaan dit waarskynlik eers teen die naweek reën.

Gauteng

Dit sal Woensdag gedeeltelik bewolk en koel wees. In Pretoria is die verwagte temperature onderskeidelik 7 °C en 19 °C en in Johannesburg 5 °C en 17 °C.

Mpumalanga

Bewolkte en koue toestande word verwag. Buie sal verspreid in die suide en suidooste voorkom, waar dit koel sal wees. Op Nelspruit sal dit koud wees: (11 °C en 18 °C.

Limpopo

Dit sal bewolk en koel wees, maar warm plek-plek in die Laeveld. In Polokwane sal die temperatuur styg van 8 °C tot 18 °C.

Noordwes

Sonnige, koel weer word verwag. Dit sal later gedeeltelik bewolk word, behalwe in die verre noordweste. Vir Mahikeng word ’n nagtemperatuur van 7 °C voorspel. Dit styg tot 21 °C Woensdag. Op Vryburg sal dit oornag baie koud wees. Die kwik styg van 3 °C tot 21 °C.

Vrystaat

Koud in die suidooste, andersins sonnig en koel. In die noorde en noordooste sal dit gedeeltelik bewolk wees. Buie en donderbuie word in die verre ooste verwag. In Bloemfontein styg die temperatuur van 4 °C tot 19 °C.

Noord-Kaap

Sonnige, warm weer word voorspel. Langs die kus sal dit baie warm wees. Dit sal winderig wees in die verre weste. In Kimberley styg die kwik van 5 °C tot 21 °C.

Wes-Kaap

Dit sal sonnig en warm wees, maar baie warm langs die noordelike dele van die weskus. Die wind langs die kus sal matig tot sterk oos tot suidoos waai. In Kaapstad styg die kwik van 15 °C tot 28 °C en in George van 10 °C tot 29 °C.

Oos-Kaap

In die weste sal daar miskolle wees oor die binneland in die oggend, andersins sal dit ’n sonnige, warm dag wees. Plek-plek sal dit koel wees.

Oggendmiskolle word in die ooste in die binneland verwag. Dit sal andersins sonnig en koel wees. In die Wildekus-gebied sal dit bewolk wees met buie noord van Port St. Johns vroegoggend. In die noordooste sal dit koud wees. In Port Elizabeth styg die temperatuur van 10 °C tot 24 °C en in Oos-Londen van 12 °C styg tot 24 °C.

KwaZulu-Natal

Dit sal bewolk en koud wees, maar baie koud in die suidweste. Verspreide buie en donderbuie word verwag, wat wydverspreid sal wees in die noordooste. In Durban sal die kwik styg van 16 °C tot 21 °C, op Richardsbaai van 15 °C tot 20 °C en in Pietermaritzburg van 9 °C tot 20 °C).


 

Be the first to comment

Leave a Reply