Zuma was ’n algehele ramp, sê Manuel

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Zuma was ’n algehele ramp, sê Manuel
Deur Amanda Khoza
17 Mei 2018

Jacob Zuma se presidentskap was ’n algehele ramp vir Suid-Afrika, het Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, Woensdagaand gesê,
“Ek maak geen verskonings om my siening te deel dat die presidentskap van Jacob Zuma ’n algehele ramp vir Suid-Afrika was nie,” het hy gesê.
Manuel was die hoofspreker in ’n openbare lesing van die Aartsbiskop Thabo Makgoba-ontwikkelingstrust aan die Universiteit van die Wes-Kaap.
Hoewel Manuel oor verskeie kwessies gepraat het, het hy ook sy termyn onder Zuma bespreek.
“Baie is bewus daarvan dat ek in sy kabinet gedien het tot in Mei 2014 en vir die opstel van die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) verantwoordelik was.
“Toegegee, pres. Zuma het nie ingemeng by die werk van die beplanningskommissie nie en hy het ook nie probeer om enige van die voorstelle te wysig nie,” het Manuel gesê.
Volgens Manuel het Thabo Mbeki se verwydering as president vinnig daartoe gelei dat Suid-Afrika nie meer op die pad van voorspoed was nie.
“Die ANC sou slegs ’n skaduwee word van wat dit voorheen was,” sê Manuel.
Volgens hom het Zuma die land met die grootste uitdaging gelaat sedert die ontstaan van die demokrasie en die uitdagings sal aanhou opduik.
“Jy hoef slegs die vernietiging van sleutel-staatsinstansies, veral in die misdaad-, justisie- en staatsveiligheidsinstansies, te evalueer.
“Daarby is byna alle staatsondernemings deur die verskriklike kombinasie van korrupsie en wanbestuur bankrot gemaak. Gegewe die groot bedrae geld wat nodig gaan wees om die staatsondernemings te ondersteun, gaan die lewering van basiese dienste om ongelykhede aan te pak in die gedrang gewees.”
Manuel het ook gesê:
* Hospitale funksioneer nie behoorlik nie, voedingsprogramme by skole is opgeskort en kinders moet die veld as toilet gebruik; en
* Onbevoegde ministers en ongekwalifiseerde direkteurs-generaal is aangestel in baie departemente.
Die kaders wat onder die Mandela-administrasie gekies is om die publiek te dien, is vervang deur ’n spul selfverrykende politici wat grootliks daarop ingestel is om te veg vir hul eie politieke oorlewing. Selfs met ’n doelgerigte nuwe president (Cyril Ramaphosa), wat die aftakeling van die staat wil omkeer, gaan die probleem nie verdwyn nie.
“Om die kapasiteit van die staat weer op te bou gaan baie moeiliker wees as die eerste keer, want die geskenk van geduld wat mense in 1994 gegee het, is nie meer daar nie en die staat is deur swak regering en wanadministrasie weggekalwe.”
Dit vat baie langer om op te bou as om die binnewerkinge te vernietig, het Manuel gesê.
“Die kaders wat onder die Mandela-administrasie gekies is om die publiek te dien, is vervang deur ’n spul selfverrykende politici wat grootliks daarop ingestel is om te veg vir hul eie politieke oorlewing.”

Netwerk 24

Be the first to comment

Leave a Reply