Minister wil besoedeling met plastiek vasvat

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Minister wil besoedeling met plastiek vasvat
Deur Elise Tempelhoff
18 Mei 2018

Die departement van omgewingsake is in gesprek met die kosmetiekbedryf om die gebruik van mikroplastiek in skoonheidsprodukte uit te faseer.
Só het Edna Molewa, minister van omgewingsake, Woensdag in haar begrotingsdebat gesê.
Sy sê die departement is bekommerd oor die besoedeling van die land se riviere en die see deur plastiek, en gaan daarom daadwerklik optree om vullisbestuur te verbeter.
Volgens Molewa is die “vullis-ekonomie” tans een van die belangrikste “opkomende werkskeppers”.
Sy het daarop gewys dat die verwerking van vullis deel is van die groen ekonomie waarop haar departement nou fokus.
“Die vullis-ekonomie het die potensiaal om armoediges op te hef en werk te skep.”
Dit is voorts haar departement se doelwit om die lewensgehalte van mense wat vullis in woonbuurte en op vullisterreine bymekaar maak om dit vir herwinning te verkoop, te verbeter. “Dit is ons morele plig om hulle te help,” sê sy.
Molewa sê die departement wil benewens herwinning ook in die volgende boekjaar daarop fokus om verkwistende produksiepraktyke en verbruik te takel.
Die Recycling Enterprise Support Programme het reeds die lewe van 12 swart eienaars in die vullissektor verbeter.
Die departement het R194 miljoen begroot wat oor die volgende drie jaar beskikbaar gestel sal word om onder meer terugkoop-en-herwinningsentrums op te rig. Hierdie projekte vorm deel van Operasie Phakisa.
Oor plastiekbesoedeling het Molewa gesê haar departement is daartoe verbind om die vervaardiging van plastiek te laat afneem.
’n Nasionale besoedelingslaboratorium is hiervoor by die Walter Sisulu-Universiteit op die been gebring. Dié laboratorium sal binnekort met sy werk begin. Haar departement gaan ook met die verpakkingsbedryf (papier, glas, plastiek en metaal) saamwerk om te verseker dat hierdie produkverpakkings nie op stortingsterreine beland nie.
Molewa het beklemtoon die regering herbesin ook oor die inwerkingstelling van ’n beleid vir die gebruik en herwinning van plastieksakke. Die departement se vorige poging hiermee, Buyisa-e-bag, het tien jaar gelede misluk.
Haar departement gaan ook binnekort ’n veldtog, Hou Suid-Afrika Skoon, van stapel stuur. “Dié veldtog is daarop gemik om Suid-Afrikaners van die omgewing bewus te maak, hul houding jeens vullis te verander en om hul omgewing skoon te hou.”
Hiermee saam gaan haar departement ook binnekort met die veldtog Source to Sea begin om Suid-Afrika se riviere skoon te maak.
“Mariene besoedeling, wat kwesbare ekostelsels bedreig, is een van die wêreld se grootste uitdagings,” sê sy.
Suid-Afrika het ’n hele klomp maatreëls in plek om hierdie probleem te takel.”
’n Nasionale besoedelingslaboratorium is hiervoor by die Walter Sisulu-Universiteit op die been gebring. Dié laboratorium sal binnekort met sy werk begin.
Sy het beklemtoon die ekonomie van die oseaan, as deel van Operasie Phakisa, ’n nalatenskap van oudpres. Jacob Zuma, gaan nou ook ontsluit word.

Netwerk 24

Be the first to comment

Leave a Reply