Kruisskyf met speserye, knoffel en kruie

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Minder as 45 minute
Bedien: 4
Hoofbestanddeel:
Bees- en skaapvleis
Bestanddele
Smeer
1 teelepel gemaalde peper
2 eetlepels heel koljandersade
3 ml rissievlokkies
3 medium knoffelhuisies
2 takkies tiemie
2 takkies roosmaryn, plus ekstra om ’n kwassie te vorm
Hoofbestanddele
1 kg verouderde kruisskyf
2 koppies olie, vir diepbraai
8 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny
1 knippie gemaalde sout en peper
Metode
Plaas al die bestanddele in ’n stamper en vysel (of gebruik ’n swaar bak en ’n koekroller) en maal fyn totdat alles goed gemeng is.
Plaas die steak in die smeer en laat vir ten minste een uur marineer.
Verhit 4 cm olie in ’n braaipan en braai die skyfies tot gaar. Dreineer op kombuispapier en gooi sout en peper oor.
Maak die steaks oor baie warm kole gaar.
Laat die steak vir ten minste 5 minute rus voordat jy dit sny en saam met die skyfies en ’n groenslaai bedien.
Deur Huisgenoot Digitaal op November 9, 2012


 

Be the first to comment

Leave a Reply