Potgooi – Nuus en Weer 12 Junie 2018

Aangebied deur Yolanda weeksdae om 9:30(CAT)

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-06-12.092952

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die programme word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo

 

Nuus

HOOFTREKKE

Valke slaan toe op Indiese Bank

Die Valke het op die kantore van die Bank van Baroda toegeslaan en beslag gelê op dokumente wat deel vorm van hul ondersoek rondom staatskorrupsie tydens Zuma se dienstermyn.

Die Bank is besig om sy bedrywighede in SA te staak en het in die kollig gekom met hul verbintenisse met die Gupta familie  in 2016.

Polisie verloor operasionele vermoë

Uiteindelik kom die waarheid na vore toe die parlementêre komitee van polisie hul kommer uitgespreek rondom SAP se operasionele vermoëns.

Dit volg na die uitbrand van twee polisievoertuie in Botrivier, die gebruik van lewendige ammunisie deur polisie in Gauteng en Wes-Kaap asook die roof van vuurwapens by die Elsburg polisiestasie.

Reaksietyd en interaksie tussen sigbare polisiëring, misdaad intelligensie en gespesialiseerde eenhede is nie op ‘n aanvaarde vlak nie, volgens die parlementêre komitee.

Intussen is die polisie besig met ‘n werwingsaksie om kandidate uit die “minderheidsgroepe” te werf. Hulle doel op Afrikaanssprekendes maar ook Engelssprekendes, in duideliker taal soek hulle blanke kandidate

SAL se nuwe raad blaas miljoene

SAL is besig om aansienlike bedrae te spandeer deur nuwe uitvoerende bestuurslede aan te stel.

Volgens Vuyani Jarana het die entiteit nie ‘n ander keuse as om top bestuurspersoneel vanuit die regering en privaat sektor te huur om hulle te help om SAL weer in die “lug te kry” nie.

Die aankondiging van Jarana se aanstelling was met groot bravade gedoen rondom sy vermoë om SAL te red.  Nou erken hy dat SAL ‘n globale entiteit is wat lugvaart ervaring nodig het, en dié ervaring is glo in die privaat sektor.

Vervoerekonome vra of daar weer, soos onder Myeni, klomp konsultante aangestel word wat miljoen gaan verdien maar geen oplossing bied nie? Die vraag word gevra waarom nie iemand in die eerste plek aanstel wat die nodige ervaring en kundigheid het om SAL te red nie.

Gerugte doen die rondte dat Europese konsultante gehuur gaan word asook ‘n Duitse bank om SAL se skuld te ontleed en dit te herstruktureer.

Grondeisers verloor saak

‘n Eis deur die Elambeni gemeenskap op eienaarskap van 30 suikerplase in Natal is na ‘n lang regsproses afgehandel en die eis is van die hand gewys.

Die eisers se betoog dat hul voorvaders voor die koms van witmense eienaarskap van die grond gehad het, is deur die regter verwerp.

Die grond was reeds voor 1913 bewerk as suikerriet landerye, dus was daar nie ‘n moontlikheid dat  ‘n gemeenskap grond kon besit nie.

Die eisers kon ook nie ter plaatse die gebiede aandui waar hul voorvaders “gewoon” het nie.

Kostes van die uitgerekte saak sal deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming betaal moet word aangesien die minister en die Streeks Landelike Eise Kommissie ooreengekom het om hul te berus by die hof uitspraak.

Vuurwapen eienaars voor ultimatum

Meer as 400 000 vuurwapen eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het vir die hernuwing van hul vuurwapen lisensies nie, is nou onwettige vuurwapen eienaars en sal hul wapens by die polisie moet gaan inhandig.

Dit volg na die Konstitusionele Hof ‘n appèl van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gehandhaaf het en ‘n hooggeregshof bevel tersyde gestel het wat twee afdelings van die vuurwapenwet konstitusioneel ongeldig verklaar het.

Vorige wetgewing  het bepaal dat ‘n vuurwapenlisensie lewenslank geldig is, maar die Wet van 2000 het dit verander.  Lisensies is nou 2, 5 of 10 jaar geldig en moet dan hernu word.

Vuurwapeneienaars het reeds laat blyk dat hulle nie hulle wapens gaan inhandig by die polisie nie as gevolg van dikwels administratiewe onvermoë van die polisie. Daar is ook geen vertroue dat wapens wat by die polisie ingehandig word, nie in misdadigers se hande gaan beland nie.

 

  • Die Vereniging van Staatsamptenare het met die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Susan Shabangu, vergader oor of SASSA-personeel deel is van die Staatsdiens-bedingingsraad of nie. Duisende werkers het  landwyd by SASSA-kantore met ‘n sloerstaking begin. ‘n Vakbondbestuurder, Leon Gilbert, sê hulle het hul situasie aan Shabangu verduidelik, maar dat die sloerstaking voortgaan te midde van ‘n opvolgvergadering komende Donderdag.
  • Die 25-jarige Matthew Benson van Noordwes, wat daarvan aangekla is dat hy ‘n man op sy pa se plaas by Mooinooi doodgeskiet het, is vrygespreek. Benson is daarvan beskuldig dat hy skote afgevuur het op Tebogo Ndlovu en twee vriende nadat hy hulle in Augustus verlede jaar op die plaas gewaar het, waar hulle glo lemoene gesteel het. Ndlovu se liggaam is nooit gevind nie. Benson is aangekla van moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en twee aanklagte van poging tot moord. Die hof het bevind dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.
  • ‘n Suid-Afrikaanse joernalis, Anneliese Burgess, is aan boord van die reddingskip met migrante wat in die Mediterreense see gestrand is nadat Italië weier dat die skip met 629 vlugtelinge sy hawens binnegaan. Malta weier die skip ook toegang. Burgess sê die situasie op die skip is gespanne en die vlugtelinge weet nog nie presies wat aangaan en dat hulle toegang geweier word nie. Onder die vlugtelinge is 123 minderjariges, wat alleen reis, asook 11 ander kinders en swanger vroue.
  • Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van ‘n man op die Kaapstad-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gevind is. ‘n Polisiewoordvoerder, Andre Traut sê die omstandighede rondom die dood nog nie duidelik nie. Hy sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

 

  Die Bank van Baroda sê ‘n klopjag op die bank Vrydag was nie die gevolg van ‘n ondersoek na die bank self nie, maar eerder na transaksies van die Gupta-broers. Die Valke het ‘n klopjag op die bank se kantore in Johannesburg en Durban uitgevoer en beslag gelê op dokumente wat verband hou met transaksies met staatsinstellings. ‘n Verteenwoordiger van die bank sê hulle werk saam met die Suid-Afrikaanse owerhede in alle ondersoeke wat verband hou met die Gupta-familie. ‘n Ondersoek deur die georganiseerde misdaad en korrupsie-projek vroeër vanjaar het beweer dat die Bank van Baroda se Suid-Afrikaanse tak bewus was van hoe die Gupta-familie hulle bankrekeninge misbruik het. Die verslag het beweer dat die bank die familie toegelaat het om miljoene dollars wat van verdagte transaksies afkomstig was na rekeninge in die buiteland te verskuif. Die bank sê egter sy tak in Suid-Afrika tree binne die land se wetgewing op en het nie doelbewus enigiets verkeerd gedoen nie.

  Die ANC se provinsiale koördineerder, Sihle Zikalala sê oudpresident, Jacob Zuma het geen invloed op die leierskapstruktuur in KwaZulu-Natal nie. Dit volg na berigte dat chaos die afgelope naweek uitgebreek het tydens die ANC se provinsiale verkiesingskonferensie en ‘n ooreenkoms wat faksies sou saamsnoer, na bewering deur Zuma in die wiele gery is. Organiseerders het egter voortgegaan met ‘n raadgewende konferensie in plaas van ‘n verkiesingskonferensie nadat ‘n dringende interdik deur ‘n faksie in die provinsie bekom is.

  Die Hooggeregshof in Pretoria lewer vandag in die moordsaak van ‘n man van Noordwes. Matthew Benson word aangekla van die moord op Tebogo Ndlovu van Majakaneng. Benson het glo in Augustus verlede jaar op sy pa se sitrusplaas in Mooinooi, op Ndlovu en sy vriende losgebrand. Hulle het na bewering lemoene gesteel. Ndlovu se liggaam is nooit gevind nie, maar sy vriende het getuig dat hy tydens die skietvoorval gewond is. Benson ontken skuld op aanklagte van moord en poging tot moord.

‘n Vragmotorbestuurder het oorleef nadat sy voertuig gisteraand op die N-7 naby Milnerton aan die brand gesteek is. Inwoners van die Du Noon het glo die strate ingevaar nadat metropolisiebeamptes vroeër ‘n aantal onwettige strukture afgebreek het. Die Wes-Kaapse Verkeershoof, Kenny Africa sê niemand is tydens die betogings beseer nie. Verkeersbeamptes en ander wetstoepassers sal voortgaan om die situasie te monitor.

Suid-Afrika se omstrede grondkwessie het ook in Kanada ter sprake gekom. President Cyril Ramaphosa sê die regering se beleid oor grondonteiening het nie ten doel om verwarring te saai nie, maar ongeregtighede van die verlede reg te stel. Die ANC het reeds deurgeloop onder kritiek dat sy grondbeleid eiendomsregte kan ondermyn en beleggers kan afskrik, al sal privaatgrond na verwagting eers ná die 2019 verkiesing onteien word. Ramaphosa het in ‘n eksklusiewe onderhoud met die SAUK in Quebec gesê die staat wil nie grond gryp nie. Hy het na Kanada verwys en gesê die land verstaan waardeur Suid-Afrika nou gaan omdat hulle self met die inheemse bevolking moes onderhandel. Hy sê Kanadese besef dat Suid-Afrika aandag aan die kwessie van grond moet gee indien ons ‘n toekoms vir almal in die land wil verseker.

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – mooiweer tot warm

Min  9 Max 21

Nelspruit –  bewolk met verspreide reen buie in omliggende gebiede

Min 10 Max 23

Pretoria – mooiweer tot warm

Min 11  Max 20

Johannesburg – mooiweer tot warm

Min 10 Max 17

Vereeniging – koud en matig warm in die namiddag

Min 8 Max 20

Rustenburg –koud met ‘n matige warm namiddag

Min  9 Max 20

Bloemfontein – koue dag regstreeks

Min 7  Max 19

Kimberley – mooiweer tot warm

Min  11 Max 21

Durban –  mooiweer tot warm

Min 18 Max 24

Oos London – mooiweer tot baie warm in die namiddag

Min  20 Max 27

Upington –     mooiweer tot warm

Min 13 Max 24

Kaapstad – mooiweer tot warm

Min 16 Max 23

 

Port Elizabeth –   mooiweer tot warm

Min 18  Max 24

En laastens

Sutherland – baie koue dag

Min 1 Max 8


 

Be the first to comment

Leave a Reply