Crime Time: Kinders wie met die gereg bots.

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Goeienaand! Ek is William Munnik met Crime Time waar ek vir jou `n blik op die misdadigers se wereld gee. Dit is Junie en dis Jeugmaand. Saterdag op 16 Junie gaan die hele land Jeugdag herdenk. Wat het van ons jeug geword? Vanaand gaan ek met jou gesels oor kinders wie met die gereg bots. Die skoolvakansie is amper op hande en die kinders is verveeld en weet nie wat om te doen met hulleself
nie. Hulle vaar die strate in in groepe en loop net rond of in die winkelsentrums. My oupa het altyd gese: “Ledigheid is die Duiwel se oorkussing.” En dit is baie waar woorde.Die kinders soek afleiding en dan bots hulle met die gereg.  Dit het `n al groter tendens in Suid-afrika geword dat jeugdiges of tewel kinders met die
gereg bots en betrokke raak met misdaad. So 6 maande terug het ek gepraat oor Gesinsgeweld en daar het ek gese dat kinders hulle ondraaglike huislike omstandighede wat gesinsgeweld aanbetref wil ontsnap en kom dan in aanraking met die kriminele element wie aan hulle `n huis gee en klere gee en eintlik `n familie aan hulle gee. Die kinders moet dan later hierdie familieskap terugbetaal deur misdaad vir die ouer mense te pleeg. Die regering het dit toe goed gevind om die Child Justice Act wet 75 van 2008 te skryf om hierdie kinders se regte te verseker. Die wet is baie noukeurig en deeglik geskryf en dit is in my mening `n baie goeie wet.  Die motiewe was eerbaar van die skrywers van hierdie wet, maar dit het in hulle gesigte ontplof toe die doelstellings van die wet misbruik is om misdadigheid te bevorder. Die wet wat die kind moes beskerm en laat weerhou van misdadigheid het kinders vir die misdadigers meer aanloklik gemaak om vir hulle misdaad te pleeg in plaas daarvan dat hulle self die misdaad pleeg. Die grootmense het nou juis die kinders geleer hoe om te steel, hoe om in te breek en motors te steel ens, want die Child Justice Act het die kinders onaantasbaar vir die Strafproseswet gemaak. Die Strafproseswet wet 51 van 1977, is die wet wat misdadigheid soos diefstal en bedrog en huisbraak en moord en verkragting beheer. Die Child Justice Act het dus juis die teenoorgestelde effek gehad as wat beplan was en het juis kinders met die wet laat bots. Hoe hierdie wet wat ontwerp is om juis die kinders te beskerm en weg te hou van misdaad, hulle gedryf het na misdaad , sal ek na die musiekbreek met jou bespreek. Ek gaan vir jou Luis Fonsi en Demi Lovato se Echame La Culpa en Mwah! En Elvis se seun met Sandra Prinsloo

Skakel om te luister:

Link to listen:

Skakels om na die radio te luister:

Links to listen.

Op die webwerf : http://netradiosa.co.za/

Op RekenaarsVLC, Winamp & Media Player)

http://192.99.139.20:9308/listen.pls

http://radiostart.co.za:9308/listen.pls

Op Blackberry en Ander Selfone:

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-389103861456103/ – die radio speel op die blad  klik regs op radio plugin

Luister Skakels

Of laai die applikasie af op jou foon:

https://play.google.com/store/apps/details…

http://testappusl.inmotionapps.net/apiv3/download

https://join.skype.com/mrWszexp2HGF

Home

Be the first to comment

Leave a Reply